16 Augustus
My wens en gebed vir jou vandag is om te weet dat die Here genade gee. Hier is God se Woord vandag vir jou.
Tema: Die Here gee genade
Teks: “Die Here het vir Moses geantwoord: ‘Ook wat jy nou gevra het, sal Ek doen. Ek is jou goedgesind en Ek ken jou op jou naam.'” (Eks. 33:17)
- Moenie jou eie planne maak nie. Soek God se planne. Volg Sy wil.
- Maak seker dat jy niks sonder die Here se duidelike leiding aanpak nie.
- Die Here verhoor jou gebed en gee wat jy Hom gevra het.
- Die Here ken jou op jou naam en is jou goedgesind (Jes. 49:16).
- Elke goeie ding en volmaakte geskenk kom van Hom af.
- Loof Hom! Dank Hom! Prys Hom!
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U elke situasie in goeie, volmaakte dinge verander.
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


