13 Augustus
My wens en gebed vir jou vandag is dat jy sal weet dat God jou baie lief het. Vandag se boodskap uit die Bybel is net so spesiaal as gister se boodskap – net vir jou.
Tema: Verander jou woede en aggressie in seën
Teks: “Toe het die Here daarvan afgesien om die ramp… oor Sy volk te bring” (Eks 32:14)
- Hoe geseënd is jy nie: Weet dat God jou baie lief het en vir jou omgee.
- As jy vra, verander Hy Sy besluit en gee Sy seën in plaas van straf – vir jou, ook vandag.
- Hy het jou in die palm van Sy hand – niemand sal jou uit Sy versorgende en seënende hand ruk nie (Joh. 10:28).
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U ook aan ons genade gee.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


