Detail
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Lukas 13: 10-17
Tema: Bevryding!
Orrelis: Marida Bridges
Datum: 24 Augustus 2025
Lees meer “Erediens: Bevryding! Sondag 24 Augustus 2025 Ds. Danie Goosen. Luk 13: 10-17 NG Kerk Groot-Brakrivier”Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Lukas 13: 10-17
Tema: Bevryding!
Orrelis: Marida Bridges
Datum: 24 Augustus 2025
Lees meer “Erediens: Bevryding! Sondag 24 Augustus 2025 Ds. Danie Goosen. Luk 13: 10-17 NG Kerk Groot-Brakrivier”My wens en gebed vir jou vandag is om te weet dat die Here vir jou sal sorg. Hier is God se Woord vandag vir jou.
Teks: “Die Here sal jou seën…” (Num 6:24)
Liewe Vader, baie dankie dat U my elke dag seën en versorg.
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Sondag 24 Augustus 2025: Erediens 10:00 Kategese & Kleuterkerk 10:00
Sondag 31 Augustus 2025 : Erediens 10:00 Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
Woensdag 27 Augustus 2025: Kooroefening 16:45
Saterdag 30 Augustus Snoekbraai – NG Moedergemeente George
Wolwedans boodskap, sop en brood: 3 & 17 September
10 September 2025 – 18-49 jariges samekoms
17 September 2025 – 60+ bymekaarkoms
20 – 21 September 2025 – Getuienis Toerustingsgeleentheid
24 Oktober 2025 SS- Gemeentekonsert
15 Augustus – Jeanne Weideman : Wyk 04C
17 Augustus – Drienie Botha : Wyk 6B
Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende.

My wens en gebed vir jou vandag is om te doen soos die Here vra. Hier is God se Woord vandag vir jou.
Teks: “Die Israeliete het presies gedoen soos die Here vir Moses beveel het.” (Num. 2:34)
Liewe Vader, baie dankie dat U my lei in wat ek moet doen.
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
My wens en gebed vir jou vandag is om uit te staan vir die Here. Hier is God se Woord vandag vir jou.
Teks: “Die Israeliete moet kamp opslaan, elkeen by sy vaandel, by sy familieteken.” (Num. 2:2)
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Dit was Vrouedag en dit is Vrouemaand. Soms wonder ek waarom ons vrouens gelukwens daarmee – veral gegewe dat hierdie publieke vakansiedag ’n herdenking is van die 1956-vroueprotes teen apartheidswetgewing, en daarmee vanuit ’n baie spesifieke geskiedenis gebore is. Is gelukwensing ’n herinnering daaraan dat vrouens waardeer (moet) word? Is dit ’n uitnodiging om opnuut na te dink oor wat dit beteken om ’n vrou te wees vandag? Is dit nodig om vrouens spesiaal of gekoester of belangrik te laat voel?
Lees die volledige berig hieronder in die Kerkbode
https://kerkbode.christians.co.za/2025/08/21/nadia-marais-geseend-is-die-geborenes
Lees die Volledige kerkbode hier:
Die Jeugbediening onder leiding van Ds Viljoen en Charles Smit, het op Vrydagaand, 22 Augustus 2025, ‘n heerlike aand gereël van sang en lofprysing.
Charles Smit het die verwelkoming behartig. Die Hartenbos NG Kerk se orkes het met wonderlike meelewende musiek die aand begelei en Ds Viljoen het die geestelike boodskap gebring.
Dit was ‘n aand om te koester. Die aand is afgesluit met heerlike koffie, tee en warm Sjokolade. Indien jy dit gemis het, kyk uit na die volgende keer. Dit was defnitief die moeite werd om by te woon vir jonk en oud!
My wens vir jou is dat jy tyd van orde by God sal vind. Hier is die Woord vir jou.
Teks: “Hulle moet die kamp rondom die tent van ontmoeting opslaan, so ‘n entjie daarvandaan.” (Num. 2:2)
Liewe Vader, dankie vir die orde en nuwe lewe wat U my gee.
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Ek bid dat jou oë elke dag sal begin raaksien hoeveel wonderwerke God doen. Hier is Sy Woord vandag vir jou.
Teks: “Voor jou hele volk gaan Ek magtige dade doen wat nog nooit tevore op die hele aarde onder enige nasie gedoen is nie. Die hele volk by wie jy is, sal sien wat Ek, die Here, doen.” (Eks. 34:10)
Liewe Vader, dankie dat U steeds vandag wonderwerke doen. Dankie dat U steeds die onmoontlike moontlik maak.
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
My wens en gebed vir jou vandag is om te weet: Jy hoef dit nie alleen te doen nie. Hier is God se Woord vandag.
Teks: “Moses het toe vinnig gebuig in eerbied en gesê: ‘As ek U goedgesindheid geniet, Here, moet
U saam met ons wegtrek.'” (Eks. 34:8-9)
Liewe Vader, baie dankie dat U liefde ook vandag saam met my gaan.
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Leer/Lees die Bybel vinnig op ‘n prettige manier.
Woorde hoofsaaklik uit die Afrikaanse Bybel, 1992 (AFR83) vertaling geneem, maar sommige woorde ook uit die Afrikaanse Bybel 2020(AFR20) vertaling.
(Dit werk die beste op ‘n rekenaar maar kan ook op ‘n horisontaal gedraaide foon gespeel word.) Die Bybel APP werk goed hiervoor.
Klik op die prentjie hieronder om te speel.

My wens en gebed vandag vir jou is dat jy die Here van “meer-as-een-kans” leer ken. Hier is ‘n spesiale boodskap uit God se Woord vir jou.
Teks: “Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: ‘Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou.'” (Eks. 34:6)
Liewe Vader, baie dankie dat U vir my sin in hierdie lewe gee.
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
“En vergeef ons ons skulde, soos ook ons hulle vergeef wat teenoor ons skuldig staan.”
(Matt. 6: 12)
Dit is soms so moeilik om te vergewe. In ons land waar plaasmoorde aan die orde van die dag was en nog steeds is, hoor mens soms die verhale van mense wat daardeur oorleef het, dit verwerk het, en in die hof, hulle vergifnis aanbied aan die oortreder of oortreders. Dit laat mens stom. Hoe vergeef mens iemand wat so wreedaardig ‘n impak op jou lewe gehad het? Iemand wat so willens en wetens kwaadaardige skade aan jou gedoen het. Hoe leef jy daardeur en kry tog die krag om so iemand te vergeef. Vir mense wat nie die bevryding van vergifnis ervaar het nie, moet dit baie moeilik wees om die konsep van vergifnis te verstaan en te aanvaar.
Lees meer “Stof tot nadenke: Vergifnis”My wens en gebed vir jou is dat jy die krag van die onsigbare God in aksie sal sien. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel vir jou.
Teks: “Vir My kan jy nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.” (Eks. 33:20)
Liewe Vader, dankie vir U wonderlike krag wat U vandag vir my gee.
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Lukas 12: 32-40
Tema: Gebalde vuiste en oop hande!
Getuienis: Philip Roets
Datum: 17 Augustus 2025
Lees meer “Erediens: Gebalde vuiste en oop hande! Sondag 17 Augustus 2025 Ds. Danie Goosen. Luk 12: 32-40 Getuienis Philip Roets NG Kerk Groot-Brakrivier”Sondag 17 Augustus 2025 : Erediens om 10:00 Kategese, Kleuterkerk 10:00
Dinsdag 19 Augustus 2025 : Die Kerkraad vergader om 18:00
Woensdag 20 Augustus 2025: Kooroefening 16:45
Vrydag 22 Augustus 2025 – Praise and Worship 18:00 vir 18:30
Sondag 24 Augustus 2025: Erediens 10:00 Kategese & Kleuterkerk 10:00
Wolwedans boodskap, sop en brood: 20 Augustus, 3 & 17 September
30 Augustus 2025 Snoekbraai – NG Moedergemeente George
10 September 2025 – 18-49 jariges samekoms
20 – 21 September 2025 – Getuienis Toerustingsgeleentheid






Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die derde kwartaal is 20 Augustus en 3 & 17 September.
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – Kontak Ons / Riëtte Jansen van Rensburg –Kontak Ons
“Toe sê Hy vir sy dissipels: ‘Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid daarom die Here van die oes dat Hy arbeiders uitstuur om sy oes in te samel’” (Matt. 9:37-38 Afr20).
Die Lausanne-beweging beweer dat daar slegs een Christen-sendeling vir elke 400 000 onbereikte Moslems in die wêreld is. Baie onbereikte Moslems woon in lande met beperkte toegang tot die evangelie, maar radio en digitale media kan hulle nog steeds bereik. FEBA se bediening en uitsendings na Moslem-meerderheid lande soos Pakistan en Niger, sowel as na groot Moslembevolkings in lande soos Rusland en die Filippyne, dra vrug. Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA toegelaat sal word om aan te hou uitsaai na Moslems en ’n groot oes vir die Here sal inbring.
Dit beloof om, soos in die verlede, ‘n aand vol pret, stories en lekker lag te wees. Indien jy belangstel om deel te neem, kan jy die kerkkantoor kontak. Sien jou daar.
Die skakel na die YouTube Erediens van 17 Augustus, gelei deur Ds Danie Goosen, is beskikbaar.
Missie Japan se advertensie vir ‘n geroepe, getroude paar, as voltydse sendelinge vir Japan, kan op die webtuiste gevind word.
Danie Goosen
Charné Viljoen
Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525 ‘
044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Liewe vriende en familie
Baie dankie dat julle bid. Dankie vir elke boodskap en dankie vir julle ondersteuning en liefde.
Prys die Here vir Sy goedheid, liefde en vir Sy guns. Hy is altyd goed en getrou.
Mari-Alena was verlede week vir ‘n PET scan, biopsie en gastroskopie. Die uitslae het gekom en die dokter se woorde was, dat hy so jammer is, maar die kanker is steeds aktief en het ook in die maagwand in gevreet. Hulle het reeds alles gedoen wat hulle kon. Die CAR-T sell terapie in Israel het nie die verwagte uitkoms gegee nie. Ons het weer gevoel asof ons in ‘n doodloop straat is. Ons hou net aan die Here vas. Hy is ons hoop!
Ons het ‘n afspraak gehad by Haemolife, ‘n hospitaal wat spesialiseer in hematologie wat ons ‘n paar maande gelede gemaak het. Hulle is baie vol. Ons het die dokter gister gesien. Hy het reeds al Mari-Alena se verslae gehad en ook met die dokters in Israel gepraat. Hulle kan die volgende ondersteunende behandeling gee wat die week eers in Suid-Afrka bekend gestel word!! Prys die Here! Sy gaan Glofitamab en Polatuzumab behandeling ontvang.
Glofitamab en Polatuzumab werk saam om Mari-Alena se immuunstelsel te help om die kanker aan te val en die kankerselle direk dood te maak.
Saam gee dit ’n dubbele aanval – die immuunstelsel én ’n teiken-gebaseerde chemo werk tegelyk.
Mari-Alena is vandag in die hospitaal opgeneem en is op die oomblik besig met behandeling. Prys die Here! Bid asseblief saam vir verdere behandeling. Sy gaan 6 rondtes van behandeling nodig hê, wat menslik onmoontlik is vir ons om te bekostig, maar die Here was nog altyd getrou. Ons loop op die water en hou ons oë op Jesus. Bid asseblief saam met ons. Alles is in Sy hande! Hoe ver sal mens gaan vir jou kind se lewe? Ek voel soos die weduwee wat die Koning aanhou vra en vra en nie kan opgee nie. Wanneer haar maag weer swel en sy weer in soveel pyn is, doen mens alles wat jy kan. Haar mediese fonds tree eers in Desember in werking. Nadat al vier haar broers getoets is vir moontlike beenmurg donateurs, het die toetse gewys dat Benjamin ‘n perfekte kandidaat is! Hy sal moontlik van Amerika moet kom, om die skenking te doen.
In Oekraïne gaan dit goed en elke bediening steeds voort en die leiers volhard in hul bediening. Ek prys die Here vir die span wat Hy deur die jare opgerig het.
Soveel nuwe jongmense het begin om die jeug aande by te woon na Masada kamp. Raduga kleuterskool het ‘n nuwe laag verf gekry vir die nuwe skooljaar wat 1 September begin.
Ons gemeente het gehelp om drie vragmotors humanitêre hulp oor die grens te bring vir die dorp, die hospitaal en skole. Ons het dit onvang en was verantwoordelik om dit uit te deel. Die hulp het van ons vriende uit Nederland gekom. Ons leiers en die burgemeester het dae lank by die grens deurgebring om die vragmotors deur doane te kry, maar ons is baie dankbaar al drie het dit gamaak! Ons sentrum Gateway to Life wat hulp vir swanger mammas gee, en teen aborsie veg, het baie babaklere, doeke en baba waentjies gekry om weg te gee! Selfs Raduga het meubels gekry! Ons is so dankbaar!
Die bouwerk aan die Nuwe Ark, ons hawe vir weeskindertjies en kinders wat geen heenkome het nie, gaan voort. Die vorige gebou is verkoop en ons het ‘n ander huis, nader aan Raduga aangekoop teen dieselfde prys. Die huis het gas, vir verhitting in die winter maande! Ons is besig om die kombuis en badkamer oor te bou. Soos die meeste ou huise is die binne mure met klei en hooi gebou. Daar is heelwat werk aan die huis, maar die bouspan het reeds begin werk.
Bid asseblief steeds dat die oorlog sal eindig. Al sien ons dit nie meer op die nuus nie, sterf daar elke dag mense in woonstelblokke. Gewone mense soos ek en jy.
Ons waardeer julle so baie. Dankie dat julle die pad saam met ons stap.
Groete en liefde
Michele Potgieter
Projekte rekening:
Standardbank,
Lynnwood Ridge tak (met kode 012445),
rekeningnommer 014330067
in die naam Nuwe Dag
Vir persoonlike bydraes:
Capitec
MRS M POTGIETER
Savings Account Number: 1554335599
Branch: 470010
SWIFT/BIC code (CABLZAJJ)
International Sort/Routing/Clearing Code: 470010
Account number/IBAN: 1554335599
Mari-Alena:
Account Name: Marialena Behandeling en Nasorg
Account Number: 2333274073
Bank: Capitec (Savings)
