Skep asem vir vandag: 5 Augustus 2025

Dagstukkies April

5 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om te onthou dat die Here altyd vir jou sal sorg. Dit is ‘n boodskap uit die Bybel vir vandag.

Tema: Die Here sal altyd vir jou sorg

Teks: “Hulle het soos een man gesê: Ons sal alles doen wat die Here beveel het (Eks 24:3)

  • Die Here sal jou altyd beskerm en help.
  • Wees getrou en doen alles wat die Here binne jou vermoë gee om te doen – volg Hom!
  • Elke goeie geskenk kom van Hom af.
  • Jou geloof, vertroue en gehoorsaamheid sal beloon word.
  • Wees gelukkig. Leef met innerlike vrede. Geniet God se rus.

Gebed 

Liewe Vader, dankie dat U Gees my help om U wil te doen.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 Augustus 2025

Dagstukkies April

4 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat jy sal leer om nie ander se goed te begeer nie. Hier is ‘n boodskap van die Heilige Gees vir jou.

Tema: Woestyntyd – leer om tevrede te wees met wat jy het.

Teks: “Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie…” (Eks 20:17)

  • Die Here gee vir jou besittings, wees tevrede daarmee (Fil 4:11).
  • Ontevredenheid lei daartoe dat jy planne maak om ander se eiendom te neem. Dis sonde.
  • Waardeer eerder iemand anders se eiendom as ‘n geskenk wat hulle van God ontvang het.
  • Dank, prys, loof en eer die Here vir wat jy en ander mense gekry het.

Gebed

 Liewe Vader, help my om tevrede te wees met dit wat U vir my gegee het. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 31+ van 2025

Nuusflitse

Maandag 4 Augustus 2025 : Die Bestuurspan vergader om 17:30
Woensdag 6 Augustus 2025 – Klub 50 Pannekoek dag
Woensdag 6 Augustus 2025 : Kooroefening 16:45
Sondag 10 Augustus 2025 : Erediens om 10:00 GEEN Kategese, maar Kleuterkerk gaan voor
Wolwedans boodskap, sop en brood: 20 Augustus, 3 & 17 September
22 Augustus 2025 – Praise and Worship
10 September 2025 – 18-49 jariges samekoms
20 September 2025 – Toerustingsgeleentheid

Afkondigings 3 – 10 Augustus 2025

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 3 Augustus 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Kolossense 3:1-11.
  • Die tema van die prediking is: Die Greep!
  • Nagmaal.
  • GEEN Kategese, maar Kleuterkerk gaan voort.
  • Spesiale offer vir Plaaslike Omgeebediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Dr Gerrie van Deventer (Nagmaal).
Verjaarsdae Week 31
Verjaarsdae Week 31

Maandag 4 Augustus 2025 :

  • Die Bestuurspan vergader om 17:30 in lokaal 6 onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 6 Augustus 2025 :

  • KLUB 50 – Pannekoek verkope begin om 10:00 in die kerksaal. R6 elk.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida-082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.

Saterdag 9 Augustus 2025 :

  • Nasionale Vrouedag.

Sondag 10 Augustus 2025 :

  • Erediens om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • GEEN Kategese, maar Kleuterkerk gaan voort.
  • Sinodale offer vir Nuwegeloofsgemeenskap ontwikkeling (NGGO) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Kategese :

Kleuterkerk/Kategese vind plaas Sondae tydens die erediens (10:00-11:00). Kinders 2-5 jaar kom in die konsistorie bymekaar. Kinders Gr R – Gr 11 kom in die kerksaal bymekaar. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Augustus 2025 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 26, asook die antwoorde vir nommer 25, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Verjaarsdae Week 31
Verjaarsdae Week 31

Bedieninge

Getuienisbediening :

Getuienis Naweek 20-21 September 2025 Toerustings geleentheid
Getuienis Naweek 20-21 September 2025 Toerustings geleentheid

Wolwedans boodskap, sop en brood

Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die derde kwartaal is 6 & 20 Augustus en 3 & 17 September.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  Kontak Ons / Riëtte Jansen van Rensburg –Kontak Ons 

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons .

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA in konflikgeteisterde gebiede

Na raming het die hoeveelheid konflik reg oor die wêreld in die afgelope vyf jaar verdubbel. Die hoeveelheid gewapende konflik is die hoogste sedert die Tweede Wêreldoorlog. Vir baie mense in dié streke dien FEBA se uitsendings as ’n stem van hoop en vertroosting in die chaos.

Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA se personeel en luisteraars in konflik-geteisterde gebiede sterk sal groei in hul geloof en die rykdom van God se genade sal ervaar.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)Nuut op 3 Augustus 2025

Erediensbediening:

Die skakel na die YouTube Erediens van 3 Augustus, gelei deur Ds Danie Goosen, is beskikbaar.

Getuienisbediening:

Lynette van Madagaskar het ‘n opdatering van die laaste weke se werk gestuur.

Bybelstudiereeks:

  1.  Die ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n wonderlike begin vir elke dag.
  2.  Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Bestemming”

Gemeentenuus:

  • Die Truitjie Projek 2025 se uitkomste: Groot dankie. Daar is ook behoefte uitgespreek om reeds vir 2026 te begin brei.
  • Die Afkondigings is op die webtuiste, indien u wil seker maak van enigiets.

    Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here

    Leraars:

    Danie Goosen
    Charné Viljoen

    Langstraat 10,
    Groot-Brakrivier, 6525  ‘
    044 620 2205

     e-pos: Kontak Ons             

    Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

    Bankbesonderhede:  

    FNB tjekrekening

    Rek Nr.  530 831 865 11

    Takkode 210314

    SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

    Stof tot nadenke: ‘Bestemming’

    Simon Petrus vra Hom toe: “Here, waarheen gaan U?” Jesus het hom geantwoord: “Waarheen Ek gaan, kan jy My nie nou volg nie, maar later sal jy volg.”

    (Joh. 13: 36)

    Ons is almal oppad deur hierdie aardse lewe. Dit is vir elkeen van ons om te besluit waarheen ons oppad is, want dit alles gaan nie oor waardeur ons gaan in hierdie lewe nie, maar waarheen ons oppad is, daardie finale eindbestemming. Dit is tydens ons reis deur hierdie lewe, wat ons die besluit moet neem, oor waarheen ons oppad is. Soos Joseph Bailey dit so goed stel, ’is dit ons wat besluit wat ons bestemming sal wees wanneer ons sterf’. Ons eind bestemming is nie ‘n kwessie van toeval nie, maar dis ‘n kwessie van keuse, so ons moet iets self daaraan doen. Dit neem ons so dikwels baie lank in ons lewe om tot die besef te kom wat die ware betekenis van die lewe is. Stephen Butler Peacock het besluit dat ‘Dit nie te doen het met die volmaakte bestemming wat ons bereik nie, maar met hoe ons elke minuut van elke dag kies om hierdie lewensreis aan te pak.

    Lees meer “Stof tot nadenke: ‘Bestemming’”

    Skep asem vir vandag: 3 Augustus 2025

    Dagstukkies April

    3 Augustus

    My wens en gebed vir jou vandag is dat jy altyd eerlik sal wees. Geniet God se boodskap vandag.

    Tema: Woestyntyd – leer om altyd eerlik te wees

    Teks: “Jy mag nie vals getuienis teen ‘n ander gee nie” (Eks 20:16)

    • Ons is God se beeld en Sy verteenwoordigers.
    • Hanteer alle ander mense met respek en menswaardigheid.
    • Jy mag niemand voortrek nie, ook mag jy nie valshede vertel nie, of die waarheid verdraai om jouself of vriende te bevoordeel of beskerm nie.
    • God het nie witbroodjies of gunstelinge nie – jy moet ook so optree (Rom. 2:11).
    • God die Regverdige hanteer almal dieselfde, ongeag klas, finansies, ras, kleur of taal.  Bring ‘n glimlag om mense se gesig deur hulle mooi te hanteer. Maak soos die Here maak.

    Gebed 

    Liewe Vader, dankie dat ek ook eerlik kan wees.

    In Jesus se Naam.

    Amen.

    Vorige dagstukkies

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Die Truitjie Projek van 2025 se uitkomste: Groot dankie!

    Rene en Karina, die organiseerende gemeente lede, se mikpunt vir 2025 was om 100 truitjies te kry om in die gemeenskap, in en om Groot-Brakrivier, te versprei. Daar is ‘n versoek in die afkondigings van April 2025 geplaas en skenkings wat op daardie stadium reeds ontvang is, is tydens ‘n Teedrink in die sysaal vertoon, om die belangstelling van almal wat daarvan hou om te brei, aan te wakker.

    Lees meer “Die Truitjie Projek van 2025 se uitkomste: Groot dankie!”

    Skep asem vir vandag: 2 Augustus 2025

    Dagstukkies April

    2 Augustus

    My wens en gebed vir jou vandag is dat jy soos gister, ook sal onthou om ander se besittings te respekteer. Hier is God se Woord vandag vir jou.

    Tema: Woestyntyd – leer ander se besittings te respekteer

    Teks: “Jy mag nie steel nie” (Eks 20:15)

    • Alles behoort aan die Here; Hy gee aan elkeen soos Hy goed dink om te gee.
    • Alle vorme van onregmatige toe-eiening is diefstal, ook belastingontduiking.
    • Waar armoede tot steel lei, is dit jou verantwoordelikheid om te help.
    • Hoe meer ons mekaar help, hoe minder sal daar diefstal en geweld wees.
    • Hoe meer ons mekaar help, hoe meer geluk en rustigheid sal daar ook wees.

    Gebed 

    Liewe Vader, gee my genade dat ek ‘n vredemaker sal wees. In Jesus se Naam.

    Amen.

    Vorige dagstukkies

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Skep asem vir vandag: 1 Augustus 2025

    Dagstukkies April

    1 Augustus

    My wens en gebed vir jou vandag is dat jy sal leer om ander se besittings te respekteer. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

    Tema: Woestyntyd – leer ander se besittings te respekteer

    Teks: “Jy mag nie steel nie” (Eks 20:15)

    • Die Here stel belang in jou doen en late.
    • Soos jy leef, weet dan, die Here besit alle silwer en goud (Spr. 30:8b).
    • Hy gee besittings uit genade, selfs aan sommige meer as ander
    • Jaloesie, gierigheid, nood en honger lei dikwels tot diefstal en onregmatige wins.
    • Deur mekaar te help, verminder jy geweld en diefstal.
    • Deur mense te help bevorder jy vrede in die gemeenskap.

    Gebed 

    Liewe Vader, gee my genade sodat ek nie steel nie en altyd U wil gehoorsaam. In Jesus se Naam.

    Amen.

    Vorige dagstukkies

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Skep asem vir vandag: 31 Julie 2025

    Dagstukkies April

    31 Julie

    EK bid dat jy mense se menswaardigheid sal respekteer. Hier is God se Woord vandag vir jou.

    Tema: Respekteer mense

    Teks:“Jy mag nie moord pleeg nie” (Eks 20:13)

    • Hierdie opdrag geld vir alle mense met wie jy te doen het.
    • Daardie mense vir wie jy kwaad is, hulle van wie jy nie hou nie en diegene wat jou seergemaak het – die opdrag geld vir julle wedersydse verhouding.
    • Almal het iets van God in ons (Gen 1:27).
    • Almal is God se ambassadeurs en verteenwoordigers.
    • Christusgelowiges soos jy, hanteer alle mense met menswaardigheid.

    Gebed

    Liewe Vader. dankie vir genade dat U my help om mense met menswaardigheid te hanteer.

    Help my om dit te doen.

    In Jesus se Naam.

    Amen.

    Vorige dagstukkies

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Skep asem vir vandag: 30 Julie 2025

    Dagstukkies April

    30 Julie

    Ek bid dat jy jou huwelik sal beskerm en bewaar. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

    Tema: Respekteer die huwelik

    Teks:“Jy mag nie egbreuk pleeg nie” (Eks 20:14)

    • Alle huwelike is ‘n besonderse, diep en onbreekbare eenheid.
    • Hierdie eenheid is die geheim vir jou om gelukkig te lewe.
    • Hierdie eenheid is die grondslag vir jou gesonde gesinslewe.
    • Hierdie eenheid is die hoeksteen vir ‘n stabiele samelewing waarbinne jy leef.
    • Hierdie eenheid is die getuienis van Christusgelowiges sodat die mense ons Goeie liefdevolle God volg.
    • Pas jou huwelik op. Begin vandag weer van voor af daarmee.

    Gebed 

    Liewe Vader, gee my die krag om my huwelik ‘n diep, besonderse onbreekbare eenheid te maak.

    In Jesus se Naam.

    Amen.

    Vorige dagstukkies

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Skep asem vir vandag: 29 Julie 2025

    Dagstukkies April

    29 Julie

    My gebed is dat jy gesag sal rerspekteer. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

    Tema: Respekteer gesag

    Teks:” Eer jou Vader en jou moeder…” (Eks 20:12)

    • As jy vir God respek het, sal jy vir gesagsfigure op aarde ook respek hê.
    • Selfs al verskil jy van die gesagsfigure, hanteer hulle steeds met respek.
    • Bid vir alle gesagsfigure, bid vir elkeen wat moet sorg dat alles in die gemeenskap goed verloop (1 Tim 2:2-3).
    • Bid dat daar vrede sal wees, sodat mense tot bekering kan kom.
    • Dan sal dit in jou gemeenskap goed gaan en jy sal gelukkig wees. (1 Tim 2:1-7).

    Gebed 

    Liewe Vader, maak die mense wat gesag uitoefen wys en eerlik, sodat ons gelukkig kan wees.

    In Jesus se Naam.

    Amen.

    Vorige dagstukkies

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Skep asem vir vandag: 28 Julie 2025

    Dagstukkies April

    28 Julie

    EK bid dat jy insig sal kry om na jouself om te sien deur jouself geestelik, emosioneel en fisies te versorg. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

    Tema: Herstel jou geestelike, emosionele en fisiese batterye

    Teks:” Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. ” (Eks 20:8)

    • God die Vader het ‘n voorbeeld gestel dat almal iewers moet rus – hulself moet versorg (Gen 1:31-2:3).
    • Die meeste van jou konflik, ongelukkigheid en foute ontstaan omdat jy uitgeput is.
    • Rus is nodig vir jou geestelike en verstandelike groei en insig, emosionele en fisiese herstel.
    • Gebrek aan selfversorging en selfdissipline lei tot die dood (Spr. 5:23).
    • Prioriseer jou lewe –rus: geestelik, emosioneel en fisies.

    Gebed 

    Liewe Vader, gee my die wil en die insig om rusdae soos U dit wil hê, deel van my lewe te maak.

    In Jesus se Naam.

    Amen.

    Vorige dagstukkies

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Stof tot nadenke: ‘Betrokkenheid!’

    Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het.

    1 Joh. 2: 6

    Hoe en waar is ons betrokke? Hoe leef ons ons betrokkenheid in die gemeenskap uit? Hoe wys ons vir die wêreld dat ons Christene is? Of is dit maar moeilik vir die mense om ons, om te weet dat ons vir Jesus ken, en graag soos Hy wil wees? Volgens Nina Smit is dit eers wanneer jy iets betekenisvol vir iemand anders doen, daar waar jy ook hulle probleme kan raaksien en daarby betrokke raak, dat jou eie lewe verryk word. Dit is gewoonlik jy wat baie meer verryk word as die persoon wat jy help. Dis hier waar die hemel naby aan ons kom.

    Lees meer “Stof tot nadenke: ‘Betrokkenheid!’”

    Skep asem vir vandag: 27 Julie 2025

    Dagstukkies April

    27 Julie

    Mag jy vandag die Here deur jou woorde, denke en dade eer. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou is.

    Tema: Gebruik die Here se Naam reg

    Teks:” Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie,” (Eks. 20:7)

    • Alles wat jy sê moet van goeie smaak getuig (:Ef. 5:4).
    • Die heilige God moet bly wees oor wat jy sê en dink (Ps. 19:15).
    • Gebruik God se Naam slegs wanneer jy met Hom praat of wanneer jy oor Hom sing.
    • Jy sal die Here God so gelukkig maak. Daarom sal jyself ook gelukkig wees.

    Gebed 

    Liewe Vader, maak my gewillig om U deur my woorde te eer.

    In Jesus se Naam.

    Amen.

    Vorige dagstukkies

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Ons Kerk Word Meer Toeganklik én Groener! 

    Rolstoel toeganklikheid

    Inleiding: 

    Ons gemeente is altyd besig om maniere te vind om meer insluitend en toeganklik te wees vir almal. Met groot vreugde deel ons vandag ’n paar nuwe verbeterings wat ons gedoen het om te verseker dat elke persoon, ongeag hul fisiese vermoëns, met gemak en waardigheid ons eredienste en byeenkomste kan bywoon. Boonop het ons ook stappe geneem om ons kerkgebou meer omgewingsvriendelik te maak! 

    Lees meer “Ons Kerk Word Meer Toeganklik én Groener! “

    Nuusflitse Week 30+ van 2025

    Nuusflitse

    Sondag 27 Julie 2025 : JAM – Kategese. 10:00 Erediens om 10:00 – Ds Danie Goosen.
    Woensdag 6 Augustus 2025 – Klub 50 Pannekoek dag
    Wolwedans boodskap, sop en brood: 6 & 20 Augustus, 3 & 17 September
    Woensdag 6 Augustus 2025 : Kooroefening 16:45
    Sondag 3 Augustus 2025 : NAGMAAL 10:00 GEEN Kategese. Kleuterkerk gaan voort
    20 September 2025 – Toerustingsgeleentheid