8 Augustus
My wens en gebed vir jou vandag is om ‘n nuwe lewe in Christus te begin. Hier is die boodskap uit die Bybel vir jou.
Tema: ‘n Nuwe lewe
Teks: “Wie vir die Here is, kom hier na my toe” (Eks 32:25)
- Jy kry altyd weer ‘n kans om dinge reg te stel – ‘n tweede, ‘n derde en soms selfs meer kanse.
- Twyfel laat jou wonder of God en mense vir jou meer as een kans sal gee.
- Al het jy verkeerd opgetree, aanvaar die geleentheid om oor te begin. Gryp dit met jou hele hart aan, en verander jou gedrag!
- Hierdie vertroue en geloof gee die selfvertroue om met ‘n nuwe lewe te begin. Jou nuwe lewe het al reeds begin. Wees vry en leef vry!
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my in Jesus Christus ‘n nuwe kans en nuwe lewe gee. In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


