Skep asem vir vandag: 11 Augustus 2025

11 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat jy vandag weer en weer, oor en oor vir die Here God se wil sal kies. Hier is ‘n gedagte uit God se Woord vandag vir jou.

Tema: Hou aan om vir God te kies

Teks:“ Klim van hierdie berg af, want jou volk… het iets vreesliks gedoen…” (Eks 32:7)

  • Die Here die Alwyse God se planne vir jou is om met hoop en verwagting die toekoms binne te gaan.
  • As jy op jou eie die toekoms wil binnegaan, vernietig jy jouself, ander mense en selfs die wêreld.
  • Stap in al jou keuses agter die Here God aan, selfs al vat dit soms tyd om Sy rigting te ontdek.
  • Die uitdagings rondom jou is geen struikelblok vir Hom nie.
  • God is volmaak en gee net die beste. Hy is goed vir jou – wees rustig en tevrede (Ps. 50:2).

Gebed 

Liewe Vader, dankie dat U volmaakte geskenke aan my gee, al sien ek nie meer hoop nie. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.