6 Augustus
My wens en gebed vir jou vandag is om altyd in God se teenwoordigheid te bly. Lees God se Woord vandag – dit is vir jou.
Tema: Bly in God se teenwoordigheid
Teks: “Die magtige teenwoordigheid van die Here het op Sinaïberg gebly… ” (Eks 24:15)
- Die Here is jou Beskermer, Helper en Versorger.
- Jy is elke oomblik, elke minuut, uur en dag in die magtige teenwoordigheid van die Here.
- Leef binne hierdie magtige teenwoordigheid van die Here God.
- Hy sal jou slegste situasie in die beste situasie omskep.
Gebed
Liewe Vader, maak my bekwaam om te leef asof ek in U magtige teenwoordigheid is. In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


