Wolwedans besoek op 9 Maart 2022
Die uitreik was baie suksesvol en het ons ‘n boodskap oor Lydenstyd oorgedra en droë sopbestanddele (3 pakkies elk) en brood uitgegee vir 80 gesinne. Die oumas het ook gewone sop ontvang. Hiermee ook fotos waar van die dames hulle handewerk vertoon het:
Ouma Rens se halfklaar lappoppe
‘n Nuwe kombers van suster Eva
Suster Margaret het op Amelda se geskenkte naaimasjien hierdie rokke gemaak


