Stof tot nadenke: Eer aan God

Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan…”

Open. 4: 11

Watter heerlike ervaring was die Kerssangdiens van 2022, na jare, waar die grendeltyd ons verhoed het om behoorlik as gelowiges saam te kom, saam te aanbid, saam dankie te sê en saam tot eer van God se lof te kan sing. Die Kerssangdiens was waarlik ‘n heerlike dankie sê waar dinge so stadig maar seker na die nuwe normaal toe terugkeer.

Johannes wys ons weereens hier in Obenbaring dat alles om God gaan en dat alles wat ons het tot eer en verheerliking van God aangewend moet word. Ons kan nie met half-mate gee nie. God soek eenhonderd persent van ons. Alles wat ons het. Dit sluit nie net geld of goed nie, maar elke talent wat ons so mildelik uit Sy hand ontvang het. Of ons mag dink dis te veel of te min, God voorsien ons van genoeg om Hom te eer.

Hy het vir ons Sy seun gestuur, omdat Hy ons so lief het, en hy ons nie wil verloor nie (Joh 3: 16). Hy het Christus gestuur, nie om ons te veroordeel en te laat sterf vir ons sondes nie, maar om ons te red, sodat ons naby Hom kon bly (Joh. 3: 17).

Lied 367: 1 stel so mooi hoe ons aan God eer moet bring: “Ere aan God, ere aan God in die hoogste, in die hoogste! Vrede op aarde, vrede op aarde…” Hierdie vrede is nie noodwendig die vrede wat ons as mense verstaan nie, maar wel ‘n vrede in die hart. Hierdie harts-vrede dra ons deur die goeie, asook moeilike tye. God gee ons die harts-vrede en daarom kan ons nie anders as om tot eer van God te lewe nie!

Discover more from NG Kerk Groot-Brakrivier

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading