Vandag – Sondag 20 November 2022:
- Baie welkom by die erediens wat vanoggend gelei word deur dr. Nadia Marais.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Markus 5:21-24, 35-43. Die tema van die prediking is : Die kind is nie dood nie.
- Spesiale Offer by die deure vir die Kankervereniging.
- Tee in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Gebedsgidse:
Gebedsgidse vir November 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Woensdag – 23 November 2022
- Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.
Sondag – 27 November 2022
- Prediker: Ds. Danie Goosen.
- Spesiale Offer vir die Burger-Kersfonds.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Kerssangdiens
Om 19:00 in die kerkgebou. ‘n Spesiale offer sal by die deure ingesamel word vir die Burger-Kersfonds. Hierdie fonds stel jaarliks ‘n paar honderd minder bevoorregte kinders in staat om by die Burger-Strandhuis te gaan bly vir ‘n lekker vyfdag-vakansie by die see.
Donderdag – 24 November 2022
Bloedskenk: Ons herinner u aan die bloedskenkingsgeleentheid, Donderdag 24 November 2022, vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.
Sondag – 4 Desember – Bevestiging van Kerkraadslede
Desember eredienstye:
Daar sal gedurende Desember slegs een erediens om 10:00 Sondae wees, met uitsondering van 25 Desember – Kersdag. Kersdag eredienstye is 07:00; 08:00; 09:00 & 10:00.
31 Desember – Oujaarsdiens
Die Oujaarsdiens sal om 18:00 plaasvind in die kerkgebou en nie om 23:30 soos op die kalender aangedui nie.
Sluiting van die Kerkkantoor:
Die kerkkantoor sal gesluit wees vir die tydperk 15 Desember 2022 tot 3 Januarie 2023.
HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS 17 DESEMBER 2022
Ons wil asseblief ‘n beroep op al ons gemeentes doen om hulle harte en hande oop te maak ten bate van ons jaarlikse basaar.
Ons benodig poeding en gebak bestanddele asook gebak in enige vorm. Beskuit, klein koekies, groot koeke, terte, beskuit, ens.
Roomys bakke en plastiese sakke is ook ‘n groot behoefte.
Kontak Elize Zinser 044 695 2386 / 044 695 1948
Ondersteuningsgroep
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
- Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies; maar ook
vir emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
- Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontak persoon Riana Briers.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.
Getuienisbediening
Die vierde kwartaal se laaste uitreikdatum vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.
Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
- Kerspakkies vir 45 Wolwedans kinders
Spar en Pick ‘n Pay neem weer saam deel aan ons Kerskoepon projek waar ons vir 80 gesinne ‘n R400 koepon gaan gee op 7 Desember om hulle te help om Kersfees te geniet. Ons wil ook graag vir 45 kinders elkeen ‘n bederfpakkie gee van ‘n sappie, ‘n vrug, koekie en springmielies. Ons het ook gedink om die gemeente te vra om deel te wees van die projek deur of ‘n pakkie te pak en dit op 2 Desember by die kerkkantoor af te gee of ‘n bydrae te maak. By voorbaat baie dankie dat ons hierdie jaar op hierdie wyse kan afsluit.
Indien u ‘n EFT bydrae tot die Kerspakkkies maak, meld asseblief by die verwysing baie duidelik : Kersprojek.
OMGEEBEDIENING: KERSPAKKIES
Ons probeer altyd met ons Desember kospakkies iets spesiaals vir Kersfees in die pakkies sit.
Hierdie jaar het ons leë koffieflesse in die voorportaal vir u geplaas. Neem asseblief een en vul dit met wat u wil vir Kersfees – lekkers, waslap, ens. Enige iets wat harte sal bly maak. Bring dit asseblief terug voor begin Desember 2022. Ons moet 40 bottels vul.
Baie dankie vir u getroue ondersteuning.
Groenewaldfonds:
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022. Die voorgeskrewe aansoekvorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb. die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.
KERKRAADSVERGADERING
Tydens die kerkraadsvergadering gehou 15 November 2022 is die volgende persone as kerkraadslede verkies:
Ouderlinge:
Sarel Venter Voorsitter : Rentmeesterskapbediening
Dirk Visser Blok 4B Onder-Langstraat tot Kiewietlaan
Diaken:
Dorette Visser Blok 4B Onder-Langstraat tot Kiewietlaan
FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBC Pakistan:
Pakistan is in die hartjie van die mins bereikte wêrelddeel geleë. Tans word die meer as 350 mensegroepe en uitgeworpenes as onbereik beskou. Baie van hierdie mensegroepe beskik nie oor kerke nie, en het ook geen Christene, sendelinge en getuies nie. Pakistan is die wêreld se tweede-grootste samevoeging van ontkoppelde en mins-bereikte mense asook die tweede-grootste Moslembevolking. Min lande, indien enige, bied ‘n groter uitdaging vir sendelinge. FEBC Pakistan speel ‘n baie belangrike rol in die klein Christengemeenskap en fokus hulle bediening daarop om meer siele vir Christus te werf.
(Inligtingsbron: https://operationworld.org/prayer-calendar/09-28/)
Ons gebed vir die week: Die programvervaardigingspanne van FEBC Pakistan is druk besig om nuwe inhoud te skep vir die mense wat deur die onlangse vloede geraak is. Bid asseblief dat God wysheid en insig sal skenk aan die betrokke programvervaardigers, skrywers en aanbieders sodat die luisteraars bereik en bemoedig word deur middel van die onderskeie mediaplatforms.
Almanakke 2023
Die almanakke vir 2023 is beskikbaar. Kerkraadslede en Dienswerkers wat nog nie hul blok se kalenders ontvang het nie kan gedurende kantoorure kom afhaal.
Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)
Nuut op 20 November 2022
- Link na die YouTube Preek van 20 November 2022.
- Getuienisbediening: Die week se nuusflits van Madagaskar en Japan.
- Fondsinsameling: Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander Stuitighede:
‘n Vollengte video van die konsert is beskikbaar op die webtuiste. - Gebedsgids November 2022:Is beskikbaar op die webtuiste.
- Kommunikasiebediening: Stof tot nadenke: “ ‘n Gebed vir reën”. ‘n Kort boodskap vir die week.
YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314