Die jaar se uitreike na Wolwedans is gister suksesvol afgesluit met die gee van ‘n Kersboodskap, kerskaartjie, sop, brood en bederfpakkies vir 76 mensies en 70 kindertjies. Daar was groot blydskap vir die persoonlike kontak en dankbaarheid vir alles wat in moeilike tye gedoen is. Hier is ‘n paar fotos om iets weer te gee van ons ervaring.
Lees meer “Laaste uitreik aan Wolwedans vir 2021 – 1 Desember 2021”Gebedsgids – Desember 2021
Waar is die Koning wat gebore is? Want ons het Sy ster in die Ooste gesien
en gekom om Hom hulde te bewys.
NG GEMEENTE GROOT BRAKRIVIER
Woensdag, 1 Desember: Vakansiemaand.
Dit is vakansiemaand in Suid Afrika. Almal is in ‘n vrolike gees en dit is so maklik om van ons Skepper te vergeet. Kom ons bid vir die veiligheid van elke akansieganger en dat die Heilige Gees met elke persoon sal wees en sodoende ‘n verantwoordelikheid in elke persoon sal vaslê.
Lees meer “Gebedsgids – Desember 2021”Erediens – 28 November 2021
Prediker: Dr. Jurie Vermeulen (Nasionale Direkteur van FEBA Radio)
Pianis: Mev. Annalene de Swardt
Kitaarspel: Mnr. Wikus de Swardt
Skriflesing: Handelinge 1 : 8
Liedere:
Lied 209
Lied 488: 1 & 4

Afkondigings – 28 November – 5 Desember 2021
Afkondigings
Ned. Geref. Kerk Groot-Brakrivier
28 November – 5 Desember 2021
Vandag – Sondag 28 November 2021:
- Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan Dr Jurie Vermeulen van Radio Feba wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing vanoggend kom uit Handelinge 1: 8.
- Spesiale offer vir Burger-Kersfonds
Flitse Week 48
- Dr Jurie Vermeulen van Radio Feba lei vanoggend se erediens.
- Nuwe lidmate in ons gemeente
- Gebedsgidse vir Desember 2021
- YouTube Eredienste
- Kers
sangdiens – 28 November 2021– Gekanselleer weens Covid - Groenewaldfonds sluit eerskomende Dinsdag op 30 November 2021
- Nuwe Kerkraadslede verkies – Sien afkondigings.
- Wolwedans sop en brood – 1 Desember
- Omgeebediening – Kospakkies en kerspakkies benodig bydraes
- Virtuele pretdraf vir Jan Kriel : events@jankriel.co.za
Lief en Leed Week 47
Huldeblykdiens – Dr Noël-Jean Creille 24 November 2021
Dr Noël-Jean Creille
‘n Huldeblyk diens is op 24 November 2021 vir wyle Dr. Noël-Jean Creille (Noel Kriel) deur Ds. Danie Goosen gehou.
Noël-Jean het internasionale bekendheid verwerf met sy besondere musikale talent en het orrel uitvoerings in verskeie lande gehou.Hy was ‘n persoon met ‘n besondere intellek en baie talente wat hy tot eer van ons hemelse Vader en tot die uitbreiding van sy koninkryk aangewend het.Hy het op 14 Maart 2021 vir die laaste keer in ons gemeente tydens ‘n erediens opgetree en ons mis sy entoesiasme en sy wonderlike aanvoeling vir veral orrelmusiek.
Lied 512 en lied 514 soos deur wyle Dr Noël-Jean Creille op 14 Maart 2021 vertolk, die laaste keer wat hy by ‘n erediens in ons kerk opgetree het.
Lees meer “Dr Noël-Jean Creille”Flitse week 47 +
- Sondag – 28 November 2021 – Prediker: Dr Jurie Vermeulen van Radio Feba
- 24 November 2021 11:00 – Huldeblykdiens – Dr Noël-Jean Creille
- Bloedskenking – 25 November 2021 – 15:00 – 19:00 – kerksaal
Kerssangdiens – 28 November 2021– Gekanselleer weens Covid- Rek en strek oefeninge vir seniors – Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00
- Groenewaldfonds – Aansoeke sluit op 26 November 2021
- Badisa – Hartenbos Bejaardesorgdiens – gebak nodig vir ons opkomende basaar wat plaasvind op 18 Desember 2021
- Wolwedans sop en brood – 24 November en 1 Desember 2021
- Kerspakkie projek – Ons beplan om op 1 Desember vir elkeen weer ‘n Kerspakkie. Die plaaslike Pick ‘n Pay en Spar gaan gesamentlik ‘n derde van die projek finansier.
- Omgeebediening: Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking. Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood
- Sang en musiek talent: Ons wil baie graag sang en instrumente inbring by ons erediens se video opnames. Ons vra enige persoon wat sy / haar Godgawe talente wil aanwend tot uitbreiding van sy koninkryk om asseblief die kerkkantoor te skakel.
Lief en Leed Week 46
- Sonia en Luigi Guerra en hulle dogtertjie Isabella Sofia Guerra gedoop 21 November 2021
Oekraïne: Nuusbrief 23 November 2021
Hiermee Michele se maandelikse nuusbrief met gebedsversoeke vir julle inligting en voorbidding asb. Die stryd rakende die gebou word net erger, maar ons glo dat die Here vir hulle veg en wat daar gebeur is onwettig. Die stryd gaan al vir langer as 15 jaar aan – maar dit klink vir my op die oomblik dat hulle Ockert se dood nou sien om hulle dreigemente werklik uit te voer. Ons kan maar net saam met Michele – hulle bid.
Lees meer “Oekraïne: Nuusbrief 23 November 2021”Afkondigings 21 – 28 November 2021
Afkondigings
Ned. Geref. Kerk Groot-Brakrivier
21 – 28 November 2021
Vandag – Sondag 21 November 2021:
- Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan familie en vriende van Sonia en Luigi Guerra en hulle dogtertjie Isabella Sofia Guerra wat vanoggend gedoop word.
- Ons skriflesing vanoggend kom uit 2 Samuel 23 vers 1 tot 7. Die tema van die prediking is: Weerkaatsers?
- Spesiale offer vir Kankervereniging.
Jeug – Geen kategese vir die res van die jaar. Ons wens al ons leerlinge en matrikulante sterkte toe met hulle eksamens.
Lees meer “Afkondigings 21 – 28 November 2021”Erediens – 21 November 2021
Tema: Weerkaatsers
Prediker: Ds. Danie Goosen
Orrelis: Dawn Taljaard
Skriflesing: 2 Samuel 23: 1 – 7
Liedere:
Lied 200: 1 – 2
Lied 442: 1 – 2
Lied 488: 1 – 2 & 5
Missie Japan 17 Nov 2021: Weg en Terug en weg
Beste Vriende
Wanneer ons in Suid-Afrika is mis ons Japan: die opregte toewyding van ons broers en susters in die RCJ, goedkoop sushi, warmwater bronne … Maar wanneer ons in Japan is verlang ons harte intens na Suid-Afrika: na ‘n drafpaadjie langs die river met ‘n uitsig op die branders, uit-volle-bors lofsange in die kerk, sit om die braaivleis vuur met regte hout (nie steenkool soos in Japan nie). Maak nie saak in watter land ons is nie, ons is altyd vol verlange na die ander. Asof ons nooit werklik tuis is nie.
Lees meer “Missie Japan 17 Nov 2021: Weg en Terug en weg”Madagaskar: Week van 14 November 2021
I am sure that I am getting my idioms mixed up, ‘the wrong end of the stick’, so to speak. But I felt like that donkey which was offered a carrot and then had it taken away. Twice in fact.
Lees meer “Madagaskar: Week van 14 November 2021”Kategese afsluiting 2021
Kyk gerus hier na sommige van die hoogtepunte.
Lees meer “Kategese afsluiting 2021”Belydenis van geloof 2021
‘n Hartlike woord van welkom aan ons nuwe belydendelidmate.
Om belydenis van geloof af te lê, beteken dat julle* met die mond bely wat
julle ook met die hart glo, naamlik dat Jesus die Here is. Dit is ‘n belofte wat
julle maak om alleen op Hom te vertrou, om te lewe volgens sy Woord, getrou
deel te neem aan die erediens en aan alle aktiwiteite van sy kerk, om te
volhard in die gebed en om God op alle terreine van die lewe deur woord en
daad te verheerlik.
Voorts beteken die openbare belydenis van geloof dat julle verklaar dat dit
julle opregte voorneme is om in hierdie belydenis te volhard en steeds daarin
te groei.
Erediens 14 November 2021
Tema: Kommapunt (;)
Prediker: Ds. Danie Goosen
Pianis: Mev. Annalene de Swardt
Skriflesing: 1 Samuel 1: 4 – 20
Liedere:
Lied 453: 1 – 3
Lied 516
Lied 278
Lief en Leed – Week 45
- Doop: 10 Oktober 2021 – Malan Lodewikus de Swardt & Ilan Nell de Swardt
- Belydenis van geloof: Ons verwelkom ons nuwe Belydendelidmate
- Dis met hartseer dat ons afskeid neem van Ockert Pretorius (Oekraïne)
Afkondigings 14 November 2021
14 – 21 November 2021
Vandag – Sondag 14 November 2021:
- Baie welkom by vanoggend se erediens
- Ons skriflesing vanoggend kom uit 1 Samuel 1 vers 4 to 20.
- Die tema van die prediking is: Kommapunt?
- Spesiale offer vir Up with Downs-skool.
Nuus en voorbidding vir Makhathini – Week 45
Themba het laas naweek met van die Sondagskool personeel ontmoet om beplanning te doen vir 2022, soos op foto. Ek het aanduiding gekry vanaf Hartenbos en Jeffreysbaai dat hul graag volgende jaar Makhathini sal wil besoek. As daar nog gemeentes is wat dit oorweeg kan jul my met groot vrymoedigheid kontak. Dit help ook met die beplanning vir 2022 aan hierdie kant.
Lees meer “Nuus en voorbidding vir Makhathini – Week 45”
