Dringende Gebedsversoek: Amos

Amos - Genedsversoek

Ons het hierdie dringende gebedsversoek vanaf Amos ontvang vir ons voorbidding – hy gaan deur ‘n moeilike tyd met sy oë.

Dankie vir jul voorbidding.

Dear brothers and sisters

Pray that you all doing well,and enjoyed the Christmas day ,praying that you are blessed 

I am  sorry to bother you with my urgent prayers request, but please join me praying for my eye total healing

Lees meer “Dringende Gebedsversoek: Amos”

Hart vir Oekraïne: Gebedsbrief Desember 2021

Sending Oekraïne Des 2021

Hiermee Michele se nuutste nuusbrief/gebedsbrief vir julle inligting en voorbidding asb. Die vlugte bly maar ‘n kopseer asook die verskillende lande se inperkings. Ons kan saam met hulle bly wees dat die alarmstelsel/ brandtrap asook alles wat daarmee verband hou suksesvol afgehandel kon word. Nou kan ons fokus om saam te bid oor die gebou en dat die harte van mense sal verander – iets wat net Hemel Vader mee kan help.

Liewe vriende en familie 

Lees meer “Hart vir Oekraïne: Gebedsbrief Desember 2021”

Madagaskar – Lynette’s Madanews – One Year…

Lynette's Madanews Quad

I joked with the Saturday Rangers last week when we prayed for those who had birthdays during the week that I also have an anniversary of some sorts. Dries has been away from home for one whole year now. I still wonder how that is even possible and how Covid 19 was allowed to ruin people’s lives on so many levels. I refrain from dwelling on the fact that I don’t know how we can ever recover financially. Gabriel has not seen maintenance for a year now, not to even speak of the Land Rover. I try my best to do what I can, but my efforts in this regard are merely superficial. So when my quad bike broke down on the road three weeks ago, it was a case of the proverbial ‘the last straw to break the camel’s back’, scenario.

Lees meer “Madagaskar – Lynette’s Madanews – One Year…”

Flitse Week 50+

Nuus Flitse
  • Sondag 12 Desember 2021 skriflesing vanoggend kom uit Filippense 4:4-7
  • Gebedsgidse vir Desember 2021 en Januarie 2022 is beskikbaar in die voorportaal
  • Die Kersdagdiens sal ook 25 Desember 2021 om 07:00 op YouTube uitgesaai word.
  • Sondag – 19 Desember 2021 Prediker:  Ds Danie Goosen
  • Ds Danie is met verlof vanaf 26 Desember 2021 tot 10 Januarie 2022.
  • Sondag – 26 Desember 2021 Prediker:  Ds Rudolph du Plooy
  • Sondag – 2 Januarie 2022 Prediker:  Dr Ronell Bezuidenhout
  • Sondag – 9 Januarie 2022 Prediker:  Dr Frans Hancke
  • Kersdagdienste – 25 Desember 2021 Die dienstye is 07:00; 08:00; 09:00 en 10:00
  • Oujaarsdiens – 31 Desember 2021 As gevolg van Covid-19 regulasies sal die oujaarsdiens nie in die kerkgebou aangebied word nie. Die diens sal wel op YouTube om 17:00 op 31 Desember 2021 uitgesaai word

Flitse Week49+

Nuus Flitse
  • Vandag – Sondag 5 Desember 2021 Dr Frans Hancke Matteus 2 -Kyk die ster!
  • Gebedsgidse vir Desember 2021 is beskikbaar
  • Kersdagdiens sal ook 25 Desember 2021 op YouTube uitgesaai word
  • Hartenbos Versorgingsoord se jaarlikse basaar vind plaas 18 Desember 2021, 9h00 by die NG kerk Hartenbos
  • Rek en strek oefeninge vir seniors – Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die kerksaal.

Gemeentebrief 3 Desember 2021

shallow focus of letter paper

Goeie more gemeente,

Die seisoen is hier. ‘n Tyd van terugkyk en vorentoe kyk (Adventstyd). Dit was ‘n jaar waarin ons as gemeente met dankbaarheid kon ervaar hoe God op talle wyses voorsien het. Ons het ook verlies ervaar. ‘n Verlies van geliefdes, normaliteit en soms gemeenskap van gelowiges. Ons moes elkeen op kreatiewe maniere nuut dink oor ons lewens, familie en vriende. Ook kerkwees het ‘n nuwe era ingegaan. Virtuele eredienste het ‘n algemene verskynsel geword en ons glo dat, alhoewel ons weer in die kerkgebou bymekaar kom, eredienste virtueel sal voortgaan. Dit kan egter nooit plaasvervangend wees vir die “in die oë kyk” geleenthede nie. Mag ons ere-diens aan God in ons lewens nuwe gestalte kry in ons huise, gemeenskap en wêreld. Ons moedig kreatiewe dissipelskap in u invloedsfeer aan. Soos Christus eens na die wêreld gekom het, mag iets van die gestalte van Sy koms ook in ons en deur ons sigbaar word.

Lees meer “Gemeentebrief 3 Desember 2021”

Konnichiwa Nuusbrief – Elmar & Nadine (Missie Japan)

Konnichiwa Nuusbrief

 Liewe ondersteuner,In Japan is daar ‘n gebruik om te sê 久しぶり (hisashiburi) vir iemand wat jy vir ‘n lang tydperk nie gesien het nie. Aangesien ons elkeen van julle lank terug gesien het sê ons aan julle elkeen Konnichiwa, 久しぶり Hisashiburi.
In hierdie brief wil ons baie belangrike nuus met julle deel. Hierdie nuusbrief sluit in ‘n brief vanuit die Missie Japan kantoor sowel as ‘n video waarin ons meer verduidelik.

Lees meer “Konnichiwa Nuusbrief – Elmar & Nadine (Missie Japan)”

TWEE UITHOEKE – Japan en Suid-Afrika

Missie Japan - Twee wêrelde

Beste Ondersteuners
 
Kan twee lande meer van mekaar verskil as Japan en Suid-Afrika? Suid-Afrika is ‘n warm, soms lawaaierige, onvoorspelbare mengelmoes van kulture van die Weste, Nabye Ooste en Afrika. Japan is stil, homogeen en voorspelbaar. Na 12 en ‘n halwe jaar in Japan en ons onlangse besoek aan Suid-Afrika na ‘n besondere lang onafgebroke 4 jaar in Japan – boonop midde-in die derde golf van Covid-19 – was dit bykans onmoontlik om nie konstant melodramatiese vergelykings te tref nie.

Lees meer “TWEE UITHOEKE – Japan en Suid-Afrika”