Nuus en voorbidding vir Makhathini – Week 45

Themba het laas naweek met van die Sondagskool personeel ontmoet om beplanning te doen vir 2022, soos op foto. Ek het aanduiding gekry vanaf Hartenbos en Jeffreysbaai dat hul graag volgende jaar Makhathini sal wil besoek. As daar nog gemeentes is wat dit oorweeg kan jul my met groot vrymoedigheid kontak. Dit help ook met die beplanning vir 2022 aan hierdie kant.

Dankie vir jul getroue voorbidding vir ons gemeente hier in Makhathini. 

1. Hierdie komende naweek is ek en Jeanne in Johannesburg vir n troue.

2. Volgende week 15 tot 17 Nov is die groep van die Landbou Navorsing Raad hier by ons om die perseel en boere by KwaNdaba te ontmoet. Hul bring ook besoekers vanaf Oostenryk saam, wat deel is van hierdie internasionale projek.

3. Saterdag 27 Nov het ons gemeente ‘n dag konferensie in beplanning. Dit sal die eerste groot gemeente byeenkoms wees van die afgelope twee jaar.

4. Dan het ons n besoekende groep van 12 jongmense (later meer) hier met ons tydens die naweek van 3 tot 5 Desember. Saterdag 5 Desember beoog ons om 120 “Buckets” uit te deel aan behoeftige gesinne.