Afkondigings – 28 November – 5 Desember 2021

Afkondigings

Ned. Geref. Kerk Groot-Brakrivier

28 November – 5 Desember 2021

Vandag – Sondag 28 November 2021:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan Dr Jurie Vermeulen van Radio Feba wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit Handelinge 1: 8.
  • Spesiale offer vir Burger-Kersfonds

Nuwe lidmate in ons gemeente

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir Desember 2021 is beskikbaar in die voorportaal. Die gidse is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

YouTube Eredienste

Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube.

Ons wil die lidmate wat getrou die video opnames bywoon, baie bedank. Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames.

Die opneem van die YouTube dienste vind elke Woensdag in die kerkgebou plaas. Die opnames begin om 16:00 en ons vra u om u sitplek asb. teen 15:45 in te neem.

Die YouTube diens is net na 07:00 op die Sondagoggend beskikbaar deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.

Die Kersdagdiens sal ook 25 Desember 2021 op YouTube uitgesaai word.

Sondag – 5 Desember 2021:

Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.

Prediker: Dr Frans Hancke

Spesiale Offer vir die Hugenote-kollege

Kerssangdiens – 28 November 2021

As gevolg van die Covid-19 risiko’s verbonde aan ‘n sangdiens het die Bestuurspan besluit om nie die Kerssangdiens hierdie jaar te hou nie.

Rek en strek oefeninge vir seniors

Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die

kerksaal.  Nuwe lede is welkom.

Kontakpersoon:  Piet Snyman (082 297 3476).

Groenewaldfonds:

Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit eerskomende Dinsdag op 30 November 2021. Die voorgeskrewe aansoekvorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb. die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.

KERKRAADSVERGADERING

Tydens die kerkraadsvergadering gehou 16 November 2021 is die volgende persone as kerkraadslede verkies:

Ouderlinge:

Elsie Potgieter Blok 5D Hersham langs Morrisonweg

Johan de Wit Blok 8A Bergsig – Wes

Ann Pretorius Blok 9B Vogelsang tot Duinelaagte

Dr Frans Hancke

Diakens:

Adolf Jonker Blok 7 Bergsig – Oos

Linda Grobler Blok 9B Vogelsang tot Duinelaagte

Corlien Kleyn Blok 13B Groenkloof

Skakel asseblief vir Emile Hurter by 082 554 1979.

GETUIENISBEDIENING

Die bediening se kreatiewe projekte benodig deurlopende wol, afvallappies, naalde, garing, babaklere, ou porselein om mosaïek mee te doen asook “t-shirt” bolle vir truie en komberse.

Wolwedans sop en brood

Ons sluit ons laaste geleentheid vir 2021 af op 1 Desember met die uitdeel van koopbewyse, die gee van ‘n Kersboodskap asook bederfies vir die kinders.

Ons wil weereens vir almal wat deur die jaar so getrou op verskeie maniere gehelp en deelgeneem het, bedank. Saam is ons beter en word ons gemeente se visie van Jesus vir ons, vir almal sigbaar in ons omgewing. 

Ons sien daarna uit om 2022 einde Januarie te begin en die pad saam met u te stap.

Skakel asseblief vir Emile Hurter by 082 554 1979.

Omgeebediening:

Ons gee steeds maandeliks 32 kruidenierswarepakkies uit aan behoeftige gesinne. Hierby is daar ook instapgevalle wat ons op ‘n ad hoc basis in hulle behoeftes waar moontlik voorsien.

Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.

Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.

Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.

As deel van Desember se pakkies wil ons iets spesiaals insit, soos koekies, koeldrank, jellies, lekkers, toiletware en klein geskenkies.

Indien u u weg oopsien om die Kersgety vir van die minder bevoorregtes in ons gemeenskap spesiaal te maak, sal u bydrae baie waardeer word.

U kan vir Corrie Pieters (082 327 9527) kontak vir verdere inligting.

Bydraes kan Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure. Skakel asseblief die kerkkantoor indien ons moet reël om dit op te laai.

Sang en musiek talent

Ons wil baie graag sang en instrumente inbring by ons erediens se video opnames.

Die verwagting is dat ons sal voortgaan met die YouTube uitsendings en ons wil dit graag so realisties as moontlik maak.

Ons vra enige persoon wat sy / haar Godsgawe talente wil aanwend tot uitbreiding van sy koninkryk om asseblief die kerkkantoor te skakel.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Virtuele pretdraf vir Jan KrielDie Jan Kriel Instituut se jaarlikse Tekkie Challenge vind vanjaar virtueel plaas. Drawwers word aangemoedig om van 1 – 5 Desember deel te neem aan die verskillende afstande. Registreer op STRAVA, gebruik jou slimfoon se gesondheidstoepassing of stuur jou tyd deur na events@jankriel.co.za teen 12:00 op 7 Desember. Inskrywingsfooie is R55 en gaan om leerders met spesiale onderrigbehoeftes te ondersteun. Heerlike pryse is op die spel. Registeer by https://www.racetraq.co.za/.


Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525          🕾 044 620 2205      Faks:  044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

Webbladadres: nggrootbrak.co.za

Leraar: Danie Goosen (044 620 2736 / 079 525 3624)

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314