25 Mei
Liewe Vriend
Vandag wil God jou herinner dat vrede meer werd is as om te wen — Hier is God se Woord vandag.
Tema: Kies vrede bo rusie.
Teks: ‘n Wyse (en gelowige) mens bly weg van rusies en ’n gestry. Dit is net ’n dwaas wat sy neus oral insteek.” (Spr. 20:3 – Die Boodskap)
- God roep jou op om weg te bly van kwaad, goed te doen en vrede te soek. (Ps. 34:15)
- Dit vra meer moed om weg te stap van ’n rusie as om te baklei — wyse mense vermy onnodige konflik.
- Nie elke konflik is die moeite werd nie — leer om onderskeid te tref tussen wanneer om te praat en wanneer om te swyg.
- Vrede in jou verhoudings is ’n gawe van God — soek dit aktief, koester dit en bewaar dit as jy dit het.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U vrede my deel is — help my om vandag bewustelik vrede te kies en nie in onnodige rusies ingetrek te word nie.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


