NUWE ORRELIS

Noël-Jean Creille  [Eerw. Prof.]

Mus.Doc.,  L.R.C.O.,  U.L.C.O.,  U.P.L.M.,  A.R.S.C.M. [CHM).,

D.D.,  [Prak. Teol.]   D.LITT. et PHIL.,  D.D.,  [Kerkgeskiedenis]

Noël-Jean studeer aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat in Bloemfontein,

Orrel, Sang, Klavier, Komposisie, Afrikaans, Engels en Latyn, daarvan, vyf as hoofvakke.

Tydens die Somer-en Winter vakansies neem hy meesterklasse by die 

beroemde orrelis, Marié-Claire Alain, aan die Sorbonne in Parys, Frankryk.

Sy doktorale studie en navorsing handel oor die Orrelboukunde van die Oostenryker, Arp Schnitger en sy tydgenote Jacob Hagebeer en Andreas de Mare.

Hy word in 2004 georden en dien aanvanklik in die Anglo Katolieke Kerk, totdat hy in 2015 in die Anglikaanse Kerk geïnkardineer is in die Bisdom van George en bedien die gemeente van St. James the Great, Graaff-Reinet.

Gedurende 2018 was hy werksaam in die Bisdom van Grahamstown en is nou weer terug in die Bisdom van George.

As orrelis te Calitzdorp: 2003 – 2013  en Nuwe Kerk,  Graaff-Reinet:  2013  –  2018,  het hy alom bekendheid verwerf met sy daaglikse orreluitvoerings.

Sy eerste skakeling met Groot Brakrivier gemeente het reeds in September, 2014 begin toe hy genooi is om deel te wees van die Musefees.

Daarna het hy agtereenvolgens die afgelope vyf jaar daar opgetree.

Op 1 Januarie, 2019 het hy as amptelike orrelis van die gemeente diens aanvaar.

MISSIE JAPAN

Liewe medewerkers
29 MAART 2019 – “D-DAY”

Dit is met ‘n blye hart dat ons vandag met jou enkele verwikkelinge rondom Elmar en Nadine se vertrek na Japan wil deel.
In Desember 2018 het die kerk in Japan namens Elmar en Nadine, aansoek gedoen vir hulle verblyfpermit. 

Lees meer “MISSIE JAPAN”

PORTUGAL SENDING

Gerrie en Arlene Coetzee

Nuusbrief Januarie 2019

Graag wil ons julle groet met hierdie teksvers in Hebreërs 4:16 “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.” Dit is voorwaar ‘n wonderlike wyse om 2019 in te gaan.  ‘n Wonderlike troos dat ons met vrymoedigheid tot God kan nader en dat ook die wete dat HY op die regte tyd ons sal help.  Onthou God se tyd en nie ons tyd nie!

`n Bietjie slegte nuus van ons kant af: Die Igreja Reformada Evangélica, waarvan ons projek in Forte da Casa deel is, is in Desember meegedeel dat die bankrekeninge van die kerk deur ´n hofbevel gevries is. Die oorsaak daarvan is tot op hede nog nie totaal duidelik nie maar dit spruit uit die verkoop van die kerk se gebou in die stad Porto ´n hele aantal jare gelede met die sluit van die gemeente daar.  Die gevolge daarvan is dat geen rekeninge betaal kan word nie en ons in Forte da Casa kan nie ons maandelikse huur van die gebou betaal nie. (Die moederkerkie besit die gebou waarin hulle is.) Ons moes noodgedwonge die huurkontrak van die kerkgebou in Forte da Casa opsê en sal dit teen die einde van Januarie moet ontruim. ´n Groot deel van ons bediening hier in Forte da Casa is gebaseer op die gebruik van die gebou maar ons sal intussen voortgaan met die hou van Bybelstudies en kerkdienste aan huis en ook met straatevangelisasie en die verspreiding van traktaatjies. Dit is baie hartseer dat so iets ons hier getref het alhoewel ons twee hier in Forte da Casa  absoluut niks met die aanvanklike transaksie of iets dergeliks te doen gehad het nie – ons was toe nog nie eers in Portugal gewees nie!!  

OGebedsversoeke:

  • Bid asb vir ons vir baie duidelike leiding vir die toekoms – met ons bediening hier in Forte da Casa en of  God vir ons dalk in ‘n ander rigting wil stuur.
  • Bid dat ons God se stem duidelik sal hoor en dat ons altyd in Sy wil sal leef.
  • Bid asb vir ons persoonlik en al die uitdagings wat ons huidig beleef.

Baie dankie aan elkeen vir julle getroue gebede en ondersteuning, mag God julle ryklik seën.

Liefdegroete

Gerrie en Arlene

“Niks is vir God onmoontlik nie!” Luk1:37

Whatsapp: +351 910 167 461