Die jaar se uitreike na Wolwedans is gister suksesvol afgesluit met die gee van ‘n Kersboodskap, kerskaartjie, sop, brood en bederfpakkies vir 76 mensies en 70 kindertjies. Daar was groot blydskap vir die persoonlike kontak en dankbaarheid vir alles wat in moeilike tye gedoen is. Hier is ‘n paar fotos om iets weer te gee van ons ervaring.