Kerspakkie projek – Ons beplan om op 1 Desember vir elkeen weer ‘n Kerspakkie. Die plaaslike Pick ‘n Pay en Spar gaan gesamentlik ‘n derde van die projek finansier.
Omgeebediening:Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood
Sang en musiek talent: Ons wil baie graag sang en instrumente inbring by ons erediens se video opnames. Ons vra enige persoon wat sy / haar Godgawe talente wil aanwend tot uitbreiding van sy koninkryk om asseblief die kerkkantoor te skakel.