Dr Noël-Jean Creille

‘n Huldeblyk diens is op 24 November 2021 vir wyle Dr. Noël-Jean Creille (Noel Kriel) deur Ds. Danie Goosen gehou.

Noël-Jean het internasionale bekendheid verwerf met sy besondere musikale talent en het orrel uitvoerings in verskeie lande gehou.Hy was ‘n persoon met ‘n besondere intellek en baie talente wat hy tot eer van ons hemelse Vader en tot die uitbreiding van sy koninkryk aangewend het.Hy het op 14 Maart 2021 vir die laaste keer in ons gemeente tydens ‘n erediens opgetree en ons mis sy entoesiasme en sy wonderlike aanvoeling vir veral orrelmusiek.

Lied 512 en lied 514 soos deur wyle Dr Noël-Jean Creille op 14 Maart 2021 vertolk, die laaste keer wat hy by ‘n erediens in ons kerk opgetree het.