Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 23 Mei 2026 – Jou woorde bou op.

23 Mei

Liewe Vriend

Vandag wil God jou aanspoor om ’n bron van lewe vir ander mense te wees — Hier is God se Boodskap.

Tema: Jou woorde bou op.

Teks: ‘n Gelowige se woorde is soos ’n borrelende fontein. Dit bemoedig mense, troos hulle, wys hulle die regte pad.” (Spr. 18:4 – Die Boodskap)

  • Laat elke woord van jou mond en gedagte van jou hart vir die Here aanneemlik wees — Hy is jou Rots en Verlosser. (Ps. 19:14)
  • Jou woorde het die krag om mense op te bou of af te breek — kies vandag om bou-woorde te gebruik.
  • ’n Gelowige wat opreg praat, is soos ’n fontein in ’n droë woestyn — mense word verfris deur jou teenwoordigheid.
  • Wie is vandag in jou lewe wat ’n bemoedigende woord nodig het? — gaan sê dit, dit maak ’n groot verskil.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my woorde kan gebruik om ander op te bou. Laat ek so leef.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.