Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 24 Mei 2026 – Dink voor jy doen

24 Mei

Liewe Vriend

Vandag wil God jou uitnooi om stil te word en eers te dink voordat jy handel — Geniet die volgende saadkorrels vir vandag.

Tema: Dink voor jy doen.

Teks: “Dink voor jy begin. ‘n Haastige mens wat nie dink voordat hy optree nie, misluk… Dan blameer hy die Here vir sy ellende.” (Spr. 19:2-3 – Die Boodskap)

  • Bedaar, wees rustig en erken dat die Here God is — rus in Sy krag en laat Hom jou kalmeer voor jy besluit. (Ps. 46:11)
  • Haastigheid en impulsiwiteit het al baie mense in die moeilikheid gebring — dink eers en tree dan op.
  • Wanneer dinge verkeerd loop weens haastige besluite, blameer ons dikwels God — maar dit begin by ons eie roekeloosheid.
  • Oefen vandag om eers te bid, te dink en raad te soek voor jy ’n groot besluit neem — dit red jou baie trane.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my wysheid gee om te dink voor ek optree — help my om vandag te vertraag, te luister en in U leiding te vertrou.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.