Nuusflitse Week 20+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 10 Mei 2026 : Erediens om 09:00 – Kleuterkerk en Kategese 09:00
Dinsdag 12 Mei 2026: Bedieningsraad vergadering 18:00
Woensdag 13 Mei 2026 :    18:00 Blokbyeenkoms Blok 22 (Seester Tergniet) 
Woensdag 13 Mei 2026 :    Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik
Woensdag 13 Mei 2026 :    Kooroefening by die orrel om 16:45
Donderdag 14 Mei 2026: 18:00 Hemelvaart
Sondag 17 Mei 2026 : Erediens om 09:00 – Geen Kleuterkerk wel Kategese 09:00.
Pinkster 17- 21 Mei 2026 10:00 Groenkloof 18:00 Kerkgebou
30 Mei 2026 08:30 – Ontbyt: ‘n Seisoen van konflik, ‘n seisoen van geleenthede

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 10-17 Mei 2026

Afkondigings 10-17 Mei 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 10 Mei 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur dr Jurie Vermeulen (Radio FEBA).
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 18:9-14.
  • Die tema van die prediking is:Godsdienstig of gelowig?
  • Moedersdag.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Sinodale offer vir Gemeenteondersteuning by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal, gelei deur dr Jurie Vermeulen (Radio FEBA).
Eredienstye NG Kerk Groot-Brakrivier
Eredienstye NG Kerk Groot-Brakrivier

Dinsdag 12 Mei 2026 :

  • Die Bedieningsraad vergader om 18:00 in die kerksaal onder voorsitterskap van ds Charné Viljoen. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 13 Mei 2026 :

  • Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.
    (Ons moedig die gemeente aan om te volhard in hul deelname aan ons projek waar ons ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood voorsien aan 115 gesinne elke tweede week).
  • 18:00 Blokbyeenkoms Blok 22 (Seester Tergniet) by Cowriesingel 15. Johan Smit – 084 500 4296.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751.

Donderdag 14 Mei 2026 :

Hemelvaart 14 Mei 2026 1800 NG Kerk Groot-Brakrivier
Hemelvaart 14 Mei 2026 1800 NG Kerk Groot-Brakrivier

Teks: Lukas 24:44-53
Tema: Die geskenke van Jesus se hemelvaart

Sondag 17 Mei 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Deuroffer tydens Pinkster vir Bybelgenootskap.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof Pinksterdiens om 10:00 – Ds Leon Cronje.
  • Daar is GEEN LEEFKerk vanaand nie.
  • Pinksterdiens om 18:00 in kerkgebou.

Nuwe Lidmate 2026:

Theo van Zyl van Pretoria: Blok 19 (Outeniquastrand-Bo)
Baie welkom by ons gemeente.

Eiendomsbediening :

Baie dankie vir u geduld met die stukkende plafon. Fout-opsporing is afgehandel en ’n kontrakteur is aangestel. Ons hoop om die herstelwerk binnekort af te handel.

Verjaarsdae Week 20 van 2026

Verjaarsdae Week 20 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 20 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBC Internasionaal

Voor Jesus se hemelvaart het Hy die dissipels met die Groot Opdrag gelaat: “Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd” (Matteus 28:19-20 Afr20).

Ons gebed vir die week: Bid dat FEBC Internasionaal sal aanhou om hierdie opdrag ywerig te gehoorsaam en dat luisteraars ware dissipels van Christus sal word.

Dankies – Gemeentefees

Ons wil u graag in hierdie tyd bedank vir al u harde werk tydens ons gemeentefees. Ons is ook dankbaar vir elke bydrae.

Ons lof en dank aan die Here Jesus ons Here.

Pinkster 2026

Pinkster 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Pinkster 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Getuienisbediening Ontbyt 30 Mei 2026

Getuienisbediening Ontbyt 30 Mei 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienisbediening Ontbyt 30 Mei 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Bybelblokraai

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 33, asook die antwoorde vir nommer 32 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za) – Nuut op 10 Mei  2026

  1. Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 10 Mei 2026, deur Dr Jurie Vermeulen.
  2. Getuienisbediening:
  3. Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
  4. Bybelstudiereekse:
    • Skep asem vir vandagis ‘n heerlike positiewe begin vir elke dag.
    • Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Die Here se seën!”
  5. Gemeentenuus:
    • Bybelblokraai en Woordsoek No. 33 is beskikbaar op die webtuiste.
    • Kort artikel en fotos van die Gemeentefees van 2 Mei 2026 is beskikbaar.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.


Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-posKontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314
SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 9 Mei 2026 – Liefde en nederigheid pas by mekaar

Dagstukkies April

9 Mei

Vandag wil God jou help om jou eie hart eerlik te toets — Hier is ‘n boodskap van die Here vir jou vir vandag.

Tema: Liefde en nederigheid pas by mekaar.

Teks: “… Wie Hom (die Here God) liefhet, haat dinge soos om te veel van jouself te dink. …” (Spr. 8:13b – Die Boodskap)

  • God lei Christusgelowiges op die regte pad en leer ons Sy wil — Hy sorg vir ons. (Ps. 25:9)
  • Om God werklik lief te hê, beteken jy plaas Hom — nie jouself — heel eerste in jou lewe.
  • Trots en hoogmoed is ’n hindernis — dit staan tussen jou en God, en ook tussen jou en ander mense.
  • Kies vandag om klein voor God en ander mense te leef.
  • Jy sal sien – jy sal gelukkig wees.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my lei wanneer ek voor U buig — help my om vandag ootmoedig te wees en U bo alles eerste te stel.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 8 Mei 2026 – Liefde vir God is wysheid

Dagstukkies April

8 Mei

Vandag wil God hê dat jy iets verstaan wat jou lewe werklik kan verander — Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Liefde vir God is wysheid.

Teks: “Onthou, wysheid begin by liefde vir die Here. ….” (Spr. 8:13a – Die Boodskap)

  • Die Here het wysheid en verstand geskep — Hy deel dit uit aan dié wat Hom liefhet. (Ps. 111:10)
  • Ware wysheid, insig en begrip begin nie met boeke of akademie nie — dit begin by ’n persoonlike verhouding met God.
  • As jy God liefhet, wil jy reg leef — dit is die begin van goeie dinge wat jy doen.
  • Kies vandag om God eerste te stel — dit is die beste besluit wat jy ooit kan neem.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U wysheid, insig en leiding gee aan dié wat U liefhet — help my om vandag in hierdie verhouding met U te groei.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 7 Mei 2026 – Luiheid lei tot armoede

Dagstukkies April

7 Mei

Vandag roep God jou op om jou tyd en energie slim te gebruik — Hier is ‘n Boodskap vir jou.

Tema: Luiheid lei tot armoede.

Teks: “Luiaard, hoe lank gaan jy nog so sit en niksdoen? … Jy kan jou werk verloor. Dan sluip die armoede jou lewe so ongemerk binne. Soos ’n skelm. Jy sal nie verhoging kry nie. Dan sal armoede jou lewe so ernstig bedreig soos ’n gewapende man.” (Spr. 6:9-11 – Die Boodskap)

  • God het ‘n plan vir jou lewe — leer om jou dae wys te gebruik, want elke dag is ’n geskenk van Hom. (Ps. 90:12)
  • As jy uitstel gaan geleenthede verby — kies vandag om wakker te wees en gebruik elke kans wat opduik.
  • Die gevolge van niksdoen kom baie stadig — word wakker voordat die skade te groot word.
  • Elke dag is ’n nuwe kans om doelgerig te leef — staan op, begin en maak die dag die moeite werd.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my elke dag nuwe geleenthede gee — help my om vandag doelgerig op te staan en my tyd wys te gebruik.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Sendingnuus: Madagaskar – The week 26 April 2026

Madagaskar 2026-04-26 -1 NG Kerk Groot-Brakrivier

Actually, it’s been a couple of weeks since my last post, so the news will stretch beyond the last week. Someone said during the week that they are sure that time was moving faster than ever before. Knowing that to be impossible, I can agree with the sentiment though. Between fuel shortages and electricity cuts, the work on Gabriel, school and Rangers, we seem to be constantly on the move.

Lees meer “Sendingnuus: Madagaskar – The week 26 April 2026”

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 6 Mei 2026 – Werk hard, soos die mier.

Dagstukkies April

6 Mei

Vandag wil God jou aanspoor om die beste van jouself te gee — Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Werk hard, soos die mier.

Teks: “Luiaard, gaan leer by die mier hoe om te werk. Sonder ’n baas wat hom dryf, ’n toesighouer … wat hom dophou of ’n bestuurder wat sy program moet reël, werk hy dag en nag.” (Spr. 6:6-8 – Die Boodskap)

  • Wanneer jy getrou is in wat jy behoort te doen, sal die Here God dit waarmee jy besig is seën en jou gelukkig maak. (Ps. 128:2)
  • Die mier werk sonder ’n baas — jy kan ook sonder iemand wat jou oppas doen wat jy moet — dit is ’n teken van karakter en inisiatief.
  • Neem verantwoordelikheid en doen wat gedoen moet word – of jy iemand versorg, werk, of goeie verhoudinge bou.
  • God gee om vir wat jy doen — doen alles met oorgawe, want dit is ’n manier om Hom te eer.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my hande en krag gegee het om te werk — help my om vandag ywerig te wees en my taak met oorgawe te doen.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 5 Mei 2026 – Bly trou aan jou huweliksmaat

Dagstukkies April

5 Mei

Liewe vriend

Vandag wil God jou herinner aan die kosbare geskenk van jou lewensmaat — Hier is saadkorrels vir jou vrugbare geestelike grond, net vir jou vir vandag.

Tema: Bly trou aan jou huweliksmaat.

Teks: “Wees eerder lief vir jou eie vrou (of man). Drink van jou eie put en van jou eie fonteinwater. Laat joune joune alleen wees.” (Spr. 5:15 – Die Boodskap)

  • Wanneer jy die Here dien, sal Hy jou huis gelukkig maak — jou huwelik is ’n gawe direk uit Sy hart en hand. (Ps. 128:3)
  • Getrouheid is die fondament van ’n goeie huwelik en verhouding — koester en bewaar wat God vir jou gegee het.
  • Belê jou tyd, aandag, energie en liefde in jou eie verhouding — dit groei as jy dit versorg en aandag daaraan gee.
  • Laat jou lewensmaat vandag weet dat jy hom of haar lief het. Dat hy of sy kosbaar vir jou is — sê dit hardop.

Gebed

 Liewe Vader, dankie vir die gawe van my lewensmaat — help my om vandag opreg lief te wees en getrou te bly aan die verhouding wat U geskenk het.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 4 Mei 2026 – Kennis verander jou lewe

Dagstukkies April

4 Mei

Liewe vriend

Vandag wil God jou toerus met wysheid wat jou lewe verander — Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Kennis verander jou lewe.

Teks: ‘n Belangrike reël vir die lewe is om meer en meer van die regte soort kennis in die hande te kry. Dan sal jy meer op jou gemak voel. Jy sal weet hoe om in die alledaagse lewe op te tree.” (Spr. 4:7 – Die Boodskap)

  • As jy die Here dien, het jy ware insig — God deel Sy wysheid, kennis en insig uit aan dié wat Hom soek. (Ps. 111:10)
  • Die regte kennis begin nie by die wêreld nie, maar by God se Woord — dit gee jou rigting in elke situasie.
  • Hoe meer jy leer, hoe beter kan jy optree — investeer vandag in kennis wat jou lewe beter maak.
  • Die reëls vir ’n goeie lewe staan in die Bybel — daarin is die wysheid wat jou op jou gemak laat voel.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U insig, wysheid en kennis aan my wil gee — help my om vandag te leer en te groei in die kennis van U Woord.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 3 Mei 2026 – Deel alles met God

Dagstukkies April

3 Mei

Vandag wil God hê dat jy jou hart vir Hom oopmaak — Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Deel alles met God.

Teks: “Vertel vir die Here alles waaroor jy dink, alles wat jy wil doen. Dan sal jy sien hoe Hy jou help. So ’n lewenshouding sal jou gelukkig maak.” (Spr. 3:1-7 – Die Boodskap)

  • Die Here ken jou pad en Hy lei jou elke stap — jy hoef nie alleen deur die lewe te gaan nie –  Hy staan by jou. (Ps. 37:23)
  • Moenie probeer om alles alleen uit te werk nie — God wil hê dat jy Hom vertrou met jou gedagtes, planne en optredes.
  • As jy God in jou besluite betrek, sal Hy jou lei — dit is Sy belofte en Hy kom dit na.
  • ’n Lewe in gesprek met God is ’n gelukkige lewe — begin elke dag deur alles met Hom te deel.
  • Volg Hom dan. Stap agter die Here aan.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my gedagtes en planne wil hoor — help my om vandag alles voor U neer te lê en U leiding te soek.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Vriendekring…

Vlug weg van die begeertes van die jeug en streef, saam met diegene wat die Here met ‘n rein hart aanroep, na regverdigheid, geloof, liefde en vrede.

(2 Tim. 2: 2220)

Hoe belangrik is vriendskap?

Elkeen van ons weet watter verskil ‘n goeie vriend in mens se lewe kan beteken. Soos Nina Smit dit so mooi stel: ‘’n Goeie vriend is so nodig soos ‘n goeie tandeborsel’. Dis iets wat die lewe die moeite werd maak, en waarsonder ons nie kan klaar kom nie. Ook die bekende anonieme aanhaling: ‘Baie mense sal in en uit jou lewe stap, maar net ware vriende laat hulle voetspore in jou hart’.

Dis daardie mense by wie jy aanklank vind. Nie noodwendig presies dieselfde as jy en al jou oortuigings nie, maar mense wat luister en regtig belangstel. Dit is harts-mense wat die lewe makliker maak vir jou. Dis mense wat jy vir jare nie hoef te sien nie, maar wanneer julle weer ontmoet, is dit asof julle mekaar gister laas gesien het. Dis mense wat jy kan vertrou!

Teksverse:

Ter wille van my broers en vriende sê ek graag: “Mag daar vrede in jou wees!” Ter wille van die huis van die HERE ons God wil ek die goeie vir jou nastreef.” (Ps . 122: 8-920);

Toe het Petrus hulle binnegenooi en as gaste verwelkom. En nadat hy die volgende dag gereedgemaak het, het hy saam met hulle vertrek, en sommige van die broers uit Joppe het hom vergesel. Die dag daarna het hy in Caesarea aangekom. Cornelius was hulle te wagte, en het reeds sy familie en naaste vriende bymekaar laat kom. Toe Petrus binnekom, het Cornelius hom tegemoetgegaan, voor sy voete neergeval en hom begin aanbid. Maar Petrus het hom opgehelp met die woorde: “Staan op, ek self is ook net ‘n mens.”” (Hand. 10: 23-2620)

Hoe kry ons dit reg?

Ook in die keuse van vriende vir ons aardse vriendekring, gee die Bybel duidelike riglyne. Kyk na die betroubaarheid van mense. Moenie vriende kies wat kommer in jou hart wakker maak nie. Moenie vriende kies wat humeurig of opvlieënd is nie, want mens word dikwels soos jou vriende. Waak daarteen om allemans vriend te wees!

‘n Ware, eerlike vriend is nader as ‘n broer aan ‘n mens. Ons word ook daarop gewys hoe belangrik dit is om vir jou vriende te bid. Net soos Job gedoen het, en guns in die oë van die Here gevind het.

Teksverse:

Wie in die geringste betroubaar is, is ook betroubaar waar dit om baie gaan,….” (Luk. 16: 1020);

Kommer in die hart van ‘n mens maak die hart neerslagtig, maar ‘n vriendelike woord beur dit op. ‘n Regverdige soek sy vriende uit,…” (Spr. 12: 25-2620);

Moenie vriende maak met ‘n humeurige mens nie, en met ‘n opvlieënde man moet jy nie saamgaan nie; anders raak jy vertroud met sy paaie en stel jy só ‘n valstrik vir jouself.” (Spr. 22: 2420);

’n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is ‘n geliefde vriend wat nader is as ‘n broer.” (Spr. 18: 2420);

Die Here het Job se lot verander toe hy vir sy vriende gebid het….” (Job 42: 1020)

Hoe behandel ons vriende?

Ons kan nie net van ander verwag om goeie vriende te wees nie. Dit is ook belangrik om gedurig daarna op te let hoe ’n goeie vriend jyself is. Kan mense jou vertrou? Dink hulle in dankbaarheid, liefde en verlange aan jou?

Paulus se skrywe aan die Fillipense verwoord sy ervaring van hulle vriendskap as mede gelowiges. Hy dank God vir hierdie mense wat hom deur dik en dun bygestaan het in goeie en moeilike omstandighede! Hy noem ook dat hy duidelik die werk van die Here in hulle lewens ervaar. Wat ‘n wonderlike getuigskrif is dit nie vir die Gemeente van Filipi nie?

Teksverse:

Genade vir julle en vrede van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus. Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink. Altyd, in elke gebed van my vir julle almal, bid ek met blydskap oor julle deelname aan die evangelie, van die eerste dag af tot nou, juis hiervan oortuig dat Hy, wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voltooi tot op die van Christus Jesus. Dit is immers vir my reg om so oor julle almal te dink, omdat ek julle in my hart hou.” (Fil. 1: 2-720)

Jesus Christus se vriendekring

Die liefde wat Jesus Christus vir sy naby vriende, asook almal wat nie in sy direkte vriendekring was nie, word telkens vir ons uitgebeeld in hoe Hy mense hanteer het. Watter vooreg was dit nie vir die apostels en ander naby vriende nie!

Hy het alles wat God die Vader aan Hom toevertrou het, met hierdie naby vriende gedeel. Al is Hy bietjie voorskriftelik daarin dat hulle Sy bevele moet navolg, doen Hy dit met liefde. Hy wys ons daarop hoe belangrik dit is om grehoorsaam aan die Vader te wees, want dit is hoe ons in die liefde kan bly.

Ons weet dat daar geen groter liefde is om jou lewe af te lê vir jou vriende nie, maar Christus se liefde was groter. Almal van ons wat Hom nie fisies geken het nie, en wat Hom as Verlosser aanvaar het, ook vir ons het Hy Sy lewe afgelê. Ons kan net in dankbaarheid die liefde van Jesus Christus aanvaar en so deel word van Sy vriendekring!

Teksverse:

Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer slawe nie, omdat ‘n slaaf nie weet wat sy eienaar doen nie. Ek het julle egter vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek by my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.” (Joh. 15: 14-1520);

Net soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Bly dan in my liefde. As julle my gebooie onderhou, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader gehoorsaam het en in sy liefde bly.” (Joh. 15: 9-1020):

Groter liefde as dit het niemand nie, dat iemand sy lewe aflê vir sy vriende.” (Joh. 15: 1320)

Gemeentefees 2026 – ‘n Vrolike bewolkte dag

Gemeentefees 2 Mei 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

NG Kerk Grootbrakrivier het op 2 Mei 2026 weer ‘n heerlike saam werk en saam kuier dag geniet. Die heerlike klanke van die G’nT groep het die hele oggend gevul.

Voorbereidings

Daar is vir ‘n volle maand beplan en voorberei onder leiding van Ruan Viljoen, in samewerking met al die tafel sameroepers.

Potjiekis kompetisie

Die nuutjie van die fees was die Potjiekos kompetisie…wat ‘n reuse sukses was. Almal wat daarop uit gemis het het op die heerlikste potjiekos uitgemis.

Die potjies was ieder en elkeen ‘n reuse sukses. Elkeen wat geproe het kan daarvan getuig. Die wenner van die kompetisie was die No. 7 Afval potjie. Daar neffens kon die beoordelaars nie kies tussen posisie 2 & 3 nie, so twee potjies het die nommer 2 plek gedeel.

Verskeidenheid

Die kerk terrein was reeds van vroeg af in rep en roer. Almal wat hard gewerk het om die laaste voorbereiding te tref vir die dag. By elke tafel is daar gewerk, geskerts en die meeste van die produkte is verkoop.

Die braaivleis vure van die ‘Stok & Smul’ Hoender sosaties, die ‘Kole & Konfyt‘ roosterkoeke en die potjies van Die kompetisie was sommer van vroeg af aan die gang.

Die gebak wat die ‘Soet Sondes‘ nagereg tafel, die ‘Kerrie ‘n bietjie‘ tafel, die jaffels tafel, die ‘Strooi & Rol‘ pannekoek tafel en die Teetuin se ‘Koek en klets‘ ingesluit het, het hard gewerk aan alles wat verkoop is. Alles is in goeie luim en met lekker kuier geniet.

Die ‘Skatte & Snaaksighede‘ wit Olifant tafel en boeketafel het goeie aftrek gekry van almal wat ‘n passie daarvoor het.

Die kinders het heerlik gespeel en was bedrywig om saam met ouers te kuier en die JAM kindertafel te ondersteun.

Dan was daar die heerlike ‘Kraakvars natuurlekkers’ vars groente tafel wat wonderlike vars produkte teen bekostigbare prys verkoop het.

Daar was ook ‘n uitstalling van hierdie jaar se truitjie projek opbrengs tot op datum, om alle toekomstige breiers ‘n voorsmaak te gee!

Dankie!

Die gemeente wil die Gemeentefees organiseerders bedank vir ‘n heerlike, suksesvolle dag.

Nuusflitse Week 19+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 3 Mei 2026: Erediens 09:00 – Geen Kategese – Geen Kleuterkerk
Woensdag 6 Mei 2026 :    18:00 Blokbyeenkoms Blok 21 (St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes & Melkhout Estate) by Heuwelsig straat 10
Woensdag 6 Mei 2026 :    Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik
Woensdag 6 Mei 2026 :    Kooroefening by die orrel om 16:45
Woensdag 29 April 2026 : Kooroefening 16:45
Sondag 10 Mei 2026 : Erediens om 09:00 – Kleuterkerk en Kategese 09:00.
Pinkster 17- 21 Mei 2026
30 Mei 2026 08:30 – Ontbyt: ‘n Seisoen van konflik, ‘n seisoen van geleenthede

Lees die volledige afkondigings hier:Afkondigings 3 – 10 Mei 2026

Afkondigings 3 – 10 Mei 2026

Afkondigings

Sondag 3 Mei 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Petrus 2:2-10.
  • Die tema van die prediking is: Volg My.
  • Arbeidsondag.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale offer vir Arbeidsbediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • Daar is GEEN LEEFKerk vanaand nie.

Woensdag 6 Mei 2026 :

  • Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.

(Ons moedig die gemeente aan om te volhard in hul deelname aan ons projek waar ons ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood voorsien aan 115 gesinne elke tweede week).

  • 18:00 Blokbyeenkoms Blok 21 (St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes & Melkhout Estate) by Heuwelsig straat 10. Ann Pretorius – 082 565 1868.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida –Epos Kontak.

Sondag 10 Mei 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Dr Jurie Vermeulen (Radio FEBA).
  • Moedersdag.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Sinodale offer vir Gemeenteondersteuning by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Charné Viljoen.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Mei 2026 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Nuwe Lidmate 2026:

Philip & Louise Kotzé van Ladysmith: Blok 26 (Tergniet-Oos)
Susan Ferreira van Klerksdorp: Blok 4 (Langstraat-Bo & Pine Creek)
Lizelle Botha van Quellerina: Blok 25 (Seegenot tot Tergniethoogte)
Baie welkom by ons gemeente.

Pinkster 2026

Pinkster 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Pinkster 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 19 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 19 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Eiendomsbediening :

Baie dankie vir u geduld met die stukkende plafon. Fout-opsporing is afgehandel en ’n kontrakteur is aangestel. Ons hoop om die herstelwerk binnekort af te handel.

Lofdanse Bediening NGK Groot-Brakrivier
Lofdanse Bediening NGK Groot-Brakrivier

Getuienisbediening :

Getuienis Ontbyt Mike Burnard
Getuienis Ontbyt Mike Burnard

Deurlopende behoeftes vir Getuienisprojekte

Skenkings van die volgende sal ons baie help: sop (volgens resep wat voorheen gedeel was) skêre, ou tydskrifte, Pritt of gom, ou waterverf, akrielverf, ou kwassies, inkleur-potlode,  naalde, garing, en wol. En dan is daar ook nood vir ‘n ou yskas en stoof of twee-plaat kookstofie. Baie, baie dankie vir u volgehoue meelewing, omgee en ondersteuning!

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Epos Kontak.
Truitjie projek 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Truitjie projek 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Ondersteuningsbediening

“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.”

Job 29:12-13(AFR33)

Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames, want dit is God se hart vir die wees en die weerloses en as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers – Epos Kontak of  Riëtte Jansen van Rensburg –Epos Kontak.

“Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle” (Matt. 18:19-20 Afr83).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA Mosambiek en FEBA Malawi

Oorstromings het wydverspreide verwoesting in Mosambiek en Malawi veroorsaak. Duisende FEBA-luisteraars, sowel as sommige omroepers, het hul wonings en besittings verloor, sodat party personeel op FEBA se persele en ander by reddingskampe moes skuiling vind.

Ons gebed vir die week: Bid dat God sal ingryp en verligting sal bring. Vra dat Hy reddingswerkers die energie en wysheid sal skenk om die nodige hulp te verleen, en dat Hy FEBA se uitsendings sal gebruik om luisteraars te vertroos en hul geloof te versterk. 

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)Nuut op 3 Mei  2026

  1. Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 3 Mei 2026, deur Ds Charné Viljoen.
  2. Bybelstudiereekse:
    • ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n heerlike positiewe begin vir elke dag.
    • Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Vriendekring…”
  3. Gemeentenuus:
    • Collage van die Gemeentefees van 2 Mei 2026 is beskikbaar.
    • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.


Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-posKontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314
SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 2 Mei 2026 – Wysheid hou jou veilig

Dagstukkies April

2 Mei

Vandag wil God jou bewaar van alles wat jou seer kan maak — Hier is vandag se geestelike saad uit God se Woord.

Tema: Wysheid hou jou veilig.

Teks: “Wysheid sal jou van verkeerde dinge weghou. Jy sal begin oplet op wat jy sê. Van sekere tipe mense sal jy wegbly, veral diegene wat niks van lewensgeluk weet nie.” (Spr. 1:10-13 – Die Boodskap)

  • Die Here is jou skild en toevlug — as jy by Hom skuil, hoef jy nie bang te wees vir enige bedreiging nie. (Ps. 18:3)
  • Wysheid help jou om slim keuses te maak — dit begin by God en werk deur in jou gewone besluite.
  • Wees bewus wie jy in jou lewe toelaat — verkeerde vriende trek jou dikwels af na plekke waar jy nie wil of moet wees nie.
  • Jou woorde het mag — dink eers en praat dan.
  • As jy dink voor jy iets sê, kom jy nie maklik in die moeilikheid nie en veroorsaak jy ook nie moeilikheid nie.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U wysheid aan my wil gee — help my om vandag slim keuses te maak en van verkeerde invloede weg te bly.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 1 Mei 2026 – Luister na jou ouers

Dagstukkies April

1 Mei

Vandag nooi God jou om insig, ervaring, waarhede en wyshede in jou lewe te laat werk — Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Luister na jou ouers.

Teks: “n …mens moet die waarhede wat sy pa (en ma) hom leer, ernstig opneem. … -lewenswaardes moet hy nie in die wind slaan nie.” (Spr. 1:6 – Die Boodskap)

  • God het jou lewenspad uitgestippel. Op hierdie pad gee Hy jou nuwe krag, die krag van ‘n jong arend. Jy leef en word nie moeg nie. (Ps. 23:3; Jes. 40:31)
  • Mense wat omgee en jou liefhet, praat die waarheid — neem dit ernstig op want dit bewaar en beskerm jou.
  • Insig, ervaring en wysheid word nie in ’n dag geleer nie — begin vandag deur te luister na dié wat meer lewenservaring het as jy.
  • Jou houding teenoor advies van verstandiger en meer ervare mense sê baie van jou karakter — kies om leerbaar en met ‘n oop hart te leef.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my ouers en rolmodelle gegee het om my te lei — help my om vandag met ’n oop hart na hulle insig te luister.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.