In die kerkjaar is daar tye soos Lydingstyd, die groot Lydingsweek en Paasfees. Hierdie tye is onthou tye wat ruimtes is wat ons uitnooi om na te dink aan wat Christus vir ons aan die kruis bewerk het en hoe dit ons vrygemaak het, om te lééf.
“Niemand soos die Here”, is vrygestel juis om mense te help met hierdie outhoutye.
Die opname is in Maart 2017 in Stellenbosch deur Helmut Meijer gedoen. Helmut het reeds as vervaardiger, verskeie toekennings ontvang met sy produksies saam met kunstenaars soos Retief Burger, Louis Brittz & Heinz Winkler. Helmut was ook saam met Neil deel van die “In Verwondering” projek in Sutherland saam met Louis Brittz en Retief Burger wat vir ‘n SAMA vir beste Gospel album genomineer was.
Jandré Viljoen sing saam met Neil hierdie lied. Hy is ‘n aanbiddingsleier in Leefkerk (Wellington Moedergemeente se aanddiens) en ook die hoofsanger van die groep Klipkreet. Jandré was voorheen lid van die Drakensberg se Seunskoor en het onlangs sy teologiese studies voltooi nadat hy as jeugwerker in Wellington Moedergemeente gewerk het.
Ons wou graag werk daaraan om ‘n klank te skep wat eie is aan ons gemeente en wat aard in ons Suid-Afrikaanse konteks. Die kerk se storie in die wêreld is nie ‘n nuwe storie nie – dit is ‘n eeue ou verhaal. Met die opname van “Niemand soos die Here” het ons beginsels geleen uit kerkmusiek oor die eeue om ons te help skep aan ‘n klank wat herinner aan waar ons vandaan kom, maar tog ook iets vars bevat om uitdrukking te gee aan dit wat ons graag aan God wil verwoord. Ons wil deur die lied ‘n gasvrye ruimte skep waar mens vir God kan ontmoet.
LAAI DIE LIED AF
Die lirieke video (vervaardig deur Stefan Botha van Groenberg produksies) en die snit kan gratis afgelaai word vanaf Wellington Moedergemeente se webtuiste. http://www.wellingtongemeente.co.za/
LAAI DIE BLADMUSIEK AF
Bladmusiek beskikbaar by met dank aan Flam. http://flam.kerkmusiek.co.za/product/…
UITGEWERS INLIGTING
©Urial Publishing CC
Paula Senekal
info@urialpublishing.co.za


