Julie — Josua en Rigters
27 Julie
Vertel van God se groot dade.
Tema: Vertel van God se groot dade
Teks: “… die volgende geslag het nie die Here geken nie …” (Rigt. 2:10)
- Vertel jou kinders van God se goedheid. (Ps. 78:4)
- Geloof word nie outomaties oorgedra nie.
- Deel jou getuienis.
- Elke storie plant ’n saadjie van geloof.
Gebed
Liewe Vader, dankie vir U groot dade in my lewe. Help my om dit te deel.
In die Naam van Jesus Christus, die Here. Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


