Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 2 Augustus 2026 – Skuil by die Here

Augustus — Psalms

2 Augustus

Liewe Vriend

As vandag te veel raak, is daar ’n veilige plek waarheen jy kan hardloop.  Hier is God se Woord net vir jou.

Tema:  Skuil by die Here

Teks:  “By U, Here, skuil ek. Laat my tog nooit teleurgestel staan nie! Bevry my, want U is getrou.”  (Ps. 31:2)

  • Die Here is jou veilige plek — jy kan Hom met jou hele hart vertrou.  (Ps. 91:2)
  • Om by God te skuil, beteken jy los jou bekommernisse by Hom en probeer nie alles self dra nie.
  • Mense kan jou soms in die steek laat, maar God doen dit nooit.
  • Maak dit vandag jou eerste keuse om na Hom toe te gaan — nie jou laaste opsie nie.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek altyd by U kan skuil — U los my nooit nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.