Rina Hugo en “Hi-5”, “Wat ‘n vriend het ons in Jesus”

Rina Hugo en Hi-5 Wat ‘n vriend het ons in Jesus NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Sondag 2 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina, luister ons na die soet stem van Rina Hugo waar sy saam met die mannegroep, “Hi-5”, die bekende, “Wat ‘n vriend het ons in Jesus” sing.

Klub50: Piekniek onder George Piek

Klub50 lede het op 4 Maart 2026,die Powervan treintrit geneem om heerlik piekniek te hou oppad na George Piek.

Die 36 lede het met 2 treintjies die pad teen die berg op geneem. Die weer het saamgespeel, en die uitsigte beide teen die berg uit, en af see se kant toe, was asemrowend mooi.

Die roete gaan deur 6 tonnels deur die berg, en almal wat saamgery het, het dit terdeë geniet. Baie dankie aan Koos en Anina Geldenhuis vir al die reëlings. Dit was ‘n wonderlike uitstappie.

Wêreldbiddag vir Vroue 2026

Wêreldbiddag vir Vroue Groot-Brakrivier 6 Maart 2026 – Nigerië: “Kom, Ek sal julle rus gee!”

Die Wêreldbidddag vir Vroue 2026, wat by St John’s Anglikaanse Kerk in Groot-Brakrivier aangebied is, op 6 Maart 2026, was ‘n goeie, en verreikende geleentheid.

Die Vroue van die gasheer kerk het alles in ‘n Gees van samehorigheid aangebied. Die boodskap is gebring deur Ds. Lilian Reynecke, predikant van Searle Memorial Kerk. Al die vroue van die verskillende denominasies het saam gedeel en gesing tot eer en verheerliking van dié God wat ons almal aanbid.

Ons kom almal van Afrika en daar is ‘n band met ander Afrikane, omdat die opstellers van hierdie jaar se WWBD program van Nigerië is het dit ook persoonlik met ons elkeen geresoneer. Dis ons mense en ons ken hulle uitdagings.

Lees meer “Wêreldbiddag vir Vroue 2026”

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 8 Maart 2026

Dagstukkies April

8 Maart

Liewe Vriend

Ek hoop en bid dat jy jou nie deur verkeerde advies sal laat mislei nie. Hier is die boodskap vir jou.

Tema: Kies reg en leef gelukkig.

Teks: “Wees goed vir my, Here, want ek word al hoe swakker. U moet my asseblief gesond maak, Here, want my liggaam is besig om in te gee.” (Ps. 6:3 – Die Boodskap)

  • Soos wat jy in die lewe kies, so sal jy leef – verkeerde keuses bring pyn, maar regte keuses bring vreugde en vrede.
  • Wanneer jy moeg en swak voel, is dit God wat jou wil versterk – draai na Hom toe vir herstel.
  • Moenie die verkeerde mense se raad volg slegs omdat dit makliker of beter klink nie.
  • Kies vandag bewustelik om agter die Here aan te stap, al is dit soms moeiliker – dit lei na ‘n gelukkiger lewe.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my versterk wanneer ek swak is. Help my om vandag die regte keuses te maak en nie deur verkeerde raad mislei te word nie.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Betrokkenheid

Wat julle van My geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het: hou aan om dit te doen. En die God van vrede sal met julle wees.

Fil. 4: 983

Eensgesindheid

In die begin van die eerste gemeentes was besoek aan die tempelterrein van kardinale belang. Dis iets wat hulle gereeld gedoen het. Die eensgesinde gesindheid van die gelowiges het daartoe bygedra dat hulle met uitbundige blydskap kon saamwerk, leef en selfs hulle maaltye kon saam geniet. Ons kan net die genade gawe van eensgesindheid van God vra, sodat die kerk van Christus van vandag, suksesvol kan funksioneer.

Dit was die wil van Jesus Christus dat sy navolgelinge eensgesind sal wees, sodat ons die Vader in opregtheid sal kan loof met ons handel, wandel en woord. Beide Paulus en Petrus het dit beklemtoon vir die eerste gemeentes.

Teksverse:

Hulle het eensgesind volhard om die tempelterrein daagliks te besoek, aan huis die brood te breek en hulle maaltye met uitbundige blydskap en met opregte harte te geniet. Hulle het God bly prys, en die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het daagliks verlostes by hulle getal gevoeg.” (Hand. 2: 4620);

“En mag God wat volharding en bemoediging bewerk, gee dat julle onder mekaar eensgesind sal wees, ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, sodat julle eenparig, ja uit een mond, aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, die lof sal bring.” (Rom. 15: 5-620);

Ten slotte broers, wees altyd bly, streef na vervolmaking, aanvaar vermaning, wees eensgesind, leef in vrede – en die God van liefde en vrede sal met julle wees.” (2 Kor. 1: 6-720);

Ten slotte: Wees almal eensgesind, meelewend, vol broederliefde, vol ontferming, nederig…” (1 Pet. 3: 820)

Mededeelsaamheid

Om mededeelsaam te wees dui op ‘n gesindheid van goedhartigheid en die aktiewe deelname aan omgee vir medemense. Dit kan in die vorm van tyd, erkenning van ‘n ander se bestaan, besittings, of kennis wees. Dit wat jy met opregtheid met ander kan deel.

Soms is ons so besig om deur die lewe te hardloop. Ons is so besig, dat ons dikwels nie ‘n ander se nood raaksien nie. Ons is so bang dat dit onsself gaan benadeel wanneer ons iets weggee. Daar is egter dikwels ‘n rykdom van dankbaarheid, wat mens ongekend vul met ‘n vrede, wat nie altyd verklaarbaar is nie.

Ook hierdie mededeelsaamheid het ‘n integrale deel van die eerste gemeentes gevorm.

Teksverse:

’n Goddelose leen en betaal nie terug nie, maar ‘n regverdige is goedhartig en mededeelsaam.” (Ps. 37: 2120);

Beveel hulle om eerder goed te doen, ryk aan goeie dade, vrygewig en mededeelsaam te wees.” (1 Tim. 6: 1820);

En moenie versuim om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want God het behae in sodanige offers.” (Heb 13: 1620)

Aanvaarding

Om ‘n ander te aanvaar, net soos hy of sy is, is die oorgang van verwerping na berusting of erkenning. Elkeen van ons wil aanvaar word, ten spyte van ons gebreke of tekortkominge. Hierin het Christus ook vir ons ‘n voorbeeld kom stel. Hy het mense aanvaar en gehelp, waar hulle ookal vandaan gekom het, of water tekortkominge hulle ookal gehad het.

Paulus vra dat ons mekaar moet aanvaar, want ook dit is tot eer van God.

Teksvers:

Daarom, aanvaar mekaar, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God.” (Rom. 15:720)

Betrokkenheid

Betrokkenheid by enigiets behels ‘n toewyding van tyd, aandag of fisiese deelname, en dui op ‘n direkte skakel of verantwoordelikheid tot die uitkoms. Om betrokke te raak by enigiets, moet mens eensgesind wees en bereid wees om mededeelsaam te wees. Daarby kan mens ook voeg dat jy die ander in die gemeente, gemeenskap of land moet aanvaar.

Nina Smit stel dit baie mooi: ‘Die geheim van ware geluk lê in betrokkenheid by ander. As jy rondom jou kyk en die nood van jou medemens raaksien, as jy gewillig is om hulle lief te hê en jou hande na hulle uitsteek om hulle te help, sal jy weldra ontdek dat die hemel baie naby aan jou gekom het; dat dit inderdaad om jou, hemel op aarde word.’

Daar is geen beperking op die ouderdom van betrokkenheid nie. Of ons jonk of oud is, kan ons betrokke wees, waar God ons lei. Laat ons betrokke raak, sodat die hele wêreld kan sien dat ons tot eer en verheerliking van God, die Vader, en Jesus Christus, ons Verlosser, leef. Dit alles kan ons doen onder leiding van die Heilige Gees. Laat ons met oorgawe betrokke raak. Elkeen soos wat die Heilige Gees hom of haar lei, om te doen.

Teksverse:

Vir hierdie seun het ek gebid, en die Here het my versoek, dit wat ek van Hom gevra het, toegestaan. Op my beurt staan ek hom nou aan die Here af. Solank as wat hy leef, is hy geleen aan die Here. ” (1 Sam. 1: 27-2820)

…en was nou ‘n weduwee van byna vier-en-tagtig jaar oud. Sy het nie van die tempelterrein af weggebly nie en God dag en nag gedien…” (Luk. 2: 3720);

Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ‘n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.” (1 Kor. 9: 26-2720)

Sendingnuus – Madagaskar: The Week 22 Februarie 2026

Madagaskar - The week 22 Feb 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

The Adventure and Expedition Rangers concluded their series on the book of Romans last week and the theme was that as believers, God gives us hope and that is how we are able to live in a world filled with sadness and trials. In Christ we have hope as we shall one day spend eternity in the presence of God. I was reminded of this truth three times last week.

Lees meer “Sendingnuus – Madagaskar: The Week 22 Februarie 2026”

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 7 Maart 2026

Dagstukkies April

7 Maart

Liewe Vriend

Ek hoop dat jy vandag in moontlike moeilike tye ook God se uitkoms raak sal sien. God se Woord wil jou hierin raad gee.

Tema: ‘n Doodlooppad.

Teks: “Hoor tog wat ek sê, Here! Luister hoe ek my hart teenoor U leegmaak.” (Ps. 5:1 – Die Boodskap)

  • Jaloesie, vrees en bitterheid kan jou in ‘n doodloopstraat laat vasloop, waaruit jy jouself nie kan kry nie.
  • Wanneer jy vasgekeer voel, is dit die beste om jou hart voor God oop te maak – praat met Hom.
  • ‘n Doodlooppad is juis dikwels ‘n nuwe beginpunt in God se oë – Hy sien uitweë wat jy nog nie sien nie.
  • Maak vandag jou hart leeg voor die Here – sê vir Hom presies hoe jy voel, en wag op Sy leiding.
  • Gryp jou nuwe seisoene en geleenthede met altwee hande aan.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U na my luister wanneer ek my hart voor U leegmaak. Help my om vandag nie vas te bly in ‘n doodlooppad nie, maar U uitweg raak te sien.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

“Celtic Worship” : “In Christ Alone.”

In Christ Alone Celtic Worship ft. Steph Macleod NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 11 van ons Lydenstydreeks ”VisioDivina” luister ons na die groep, “Celtic Worship” se weergawe van “In Christ Alone.”

Uit die lirieke:

In Christ alone my hope is found,
He is my light, my strength, my song;
This Cornerstone, this solid Ground,
Firm through the fiercest drought and storm.
What heights of love, what depths of peace,
When fears are stilled, when strivings cease!
My Comforter, my All in All,
Here in the love of Christ I stand.

Gisela du Plessis “Voel jy soms.”

Gisela de Villiers-'Voel jy soms.......' NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 10 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na die Suid-Afrikaanse sopraan en komponis; Gisela du Plessis, se weergawe van “Voel jy soms.

Uit die lirieke

Voel jy soms of die Here te ver is
Twyfel jy soms aan God se bestaan
Jy moet glo dat die Here met jou saamloop
Dat Sy gees oral met jou sal gaan

Bernard Sexton “GOD WILL WIPE AWAY ALL TEARS.”

God will wipe away all tears - Bernard Swxton NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 9 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons Bernard Sexton se komposisie, “GOD WILL WIPE AWAY ALL TEARS.”

Uit die lirieke:

God will wipe away all tears
God will bring you home
To the place he has prepared for you
You shall never be alone
Storms may gather, evening fall
Daylight turn to shade
And when you earthly work is done
Do not fear, be not afraid.

Anastasia Gladilina : Kyrie Eleison (Here, vergewe) Анастасия Гладилина //Хор Сретенского Монастыря

Kyrie Eleison Анастасия Гладилина Хор Сретенского Монастыря NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 8 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na die wonderskone stem van die 14-jarige Anastasia Gladilina. Sy was een van die finaliste in die Russiese weergawe van “The Voice Kids.” Hier sing sy saam met die “Sretensky Kloosterkoor” (wat reeds in 1397 gestig is) ‘n weergawe van die Kyrie Eleison (Here, vergewe).

Nuusflitse Week 11+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 8 Maart 2026 : Erediens en Kategese om 09:00 en Kleuterkerk,,
Sondag 8 Maart 2026 : Alternatiewe Erediens om 17:00-18:00 in die kerksaal
Dinsdag 10 Maart 2026 08:00 tot 09:00: Rek en strek Oefeninge
Woensdag 11 Maart 2026 :   Blokbyeenkoms van Blok 9 (Agter-Polisiestasie) om 18:00
Woensdag 11 Maart 2026 : Kooroefening by die orrel om 16:45.
Woensdag 11 Maart 2026: Wolwedans Boodskap Sop en Brood:  11 & 25 Maart
Vrydag 13 Maart 2026 14:00-15:30 Kleuterkerk Wolwedans Gemeenskapsaal
Sondag 15 Maart 2026 : Erediens en Kategese om 09:00 – GEEN Kleuterkerk,

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 8 – 15 Maart 2026

Afkondigings 8 – 15 Maart 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 8 Maart 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 4:1-42.
  • Die tema van die prediking is: Die mooiste liefdesverhaal ooit.
  • Derde Lydensweek.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Persone met Gestremdhede (NCPD) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Leon Cronje.

Geopende Deure

Ons ontvang vandag besoek van ‘n verteenwoordiger van Geopende Deure.

Geopende Deure bedien Christene in lande waar hulle vervolg word. Meer as 380 miljoen Christene ervaar vervolging en diskriminasie weens hul geloof. Hulle volg Jesus, ongeag die koste. Christelike vervolging is enige vyandigheid wat vanaf die wêreld ervaar word as gevolg van ʼn mens se identifisering met Jesus Christus. Dit kan vyandige gevoelens, houdings, woorde en aksies insluit. Ongelukkig, maak baie Christene vandag die aanname dat vervolging deel is van die Kerk se verlede. Die waarheid is dat daar lede van die liggaam van Christus is wat tans erge vervolging en beperkings in die gesig staar as gevolg van hul geloof in Jesus Christus. Elke dag, van elke jaar, en op elke kontinent, staar mans en vroue vervolging in die gesig as gevolg van hul geloof in Jesus Christus. Hierdie Christene ervaar lyding ter wille van ONS geloof. En al wat hulle vra is dat ons vir hulle sal bid en nie van hulle sal vergeet nie. Ons gebede hou hulle staande. 

Mosselbaai Ring Noodfonds

Baie dankie vir alle bydraes gemaak teenoor die noodfonds.
Dankie ook vir al die 5 liter waters wat u bygedra het, die water-insamelings-projek is nou afgesluit.

Woensdag 11 Maart 2026 :

  • Die Blokbyeenkoms van Blok 9 (Agter-Polisiestasie) vind om 18:00 plaas by Elmari Olsen – Wiggettstraat 13. Carin van Ginkel –   -Kontak Ons..
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – -Kontak Ons.. Alle belangstellendes welkom.

Sondag 15 Maart 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Vierde Lydensweek.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Omgeebediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Charné Viljoen.
Verjaarsdae Week 11 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 11 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Ondersteuningsbediening :

“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.” Job 29:12-13 (AFR33)

Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames, want dit is God se hart vir die wees en die weerloses en as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.

Vir meer inligting kontak:
Riana Briers -Kontak Ons. / Riëtte Jansen van Rensburg – -Kontak Ons.

Eiendomsbediening :

Die Eiendomsbediening vra dat u asseblief geduldig sal wees met die gat in die plafon. Ons wil van die geleentheid gebruik maak om fout-opsporing te doen en toeganklikheid te verleen vir die herstelwerk aan die dak.

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die oorblywende uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 11 & 25 Maart.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die Getuienisbediening se uitreikarm na Wolwedans begin ‘n kunsvlyt projek en skenkings van die volgende sal ons baie help: skêre, ou tydskrifte, Pritt of gom, ou waterverf, akrielverf, ou kwassies, inkleurpotlode, naalde, garing, en wol. En dan is daar ook nood vir ‘n ou yskas en stoof of twee-plaat kookstofie. Baie, baie dankie vir u volgehoue meelewing, omgee en ondersteuning!

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters -Kontak Ons.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Maart 2026 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 31, asook die antwoorde vir nommer 30 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Gholfdag 11 April 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Gholfdag 11 April 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA Soedan

FEBA Soedan is ’n jong radiostasie met groot uitdagings. Hoewel baie mense bly is oor die nuwe stasie, is daar ook erge teenstand vanaf plaaslike afgodaanbidders wat die span wil saboteer. Ten spyte hiervan werk God reeds kragtig deur FEBA Soedan se uitsendings en FEBA Radio SA kon onlangs ’n besending radio’s stuur om in die omliggende dorpies versprei te word.

Ons gebed vir die week: Bid vir God se beskerming oor die personeel van FEBA Soedan se harte en denke, sowel as oor die stasie se infrastruktuur. Vra dat die nuwe besending radio’s sal help om Sy koninkryk in Soedan uit te brei.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

  • Erediensbediening:
    • Die skakel na die YouTube Erediens van 8 Maart 2026, deur Ds Leon Cronje, is beskikbaar.
  • Getuienisbediening:
    • Nuusflitse van Missie Japan is beskikbaar.
    • Nuus van Michelle van Oekraïne wat oppad terug is.
    • Die jongste nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
  • Bybelstudiereekse:
    •  Lydenstyd se Visio Divinia reeks is op webtuiste beskikbaar.
    •  ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n goeie begin vir elke dag.
    •  Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Betrokkenheid.”
  • Gemeentenuus:
    • ‘n Kort oorsig van Klub50 se ‘Piekniek onder George Piek’ met die Powervan trein.
    • \Die weeklikse Afkondigings asook
    • Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje

Kassiere:
Alfreda Stander

Skriba:
Carmi Kriel

Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532

e-posKontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 6 Maart 2026

Dagstukkies April

6 Maart

Liewe Vriend

Mag jy die nuwe era en nuwe seisoen vir jou lewe wat God laat aanbreek, raaksien. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Die moeilike besluit is soms reg.

Teks: “God, help my asseblief wanneer ek by U kom hulp vra! U sorg altyd vir my. In ‘n krisis het U ‘n sagte hart. Wees asseblief goed vir my.”(Ps. 4:2 – Die Boodskap)

  • Oënskynlike maklike keuses het dikwels slegte nagevolge, terwyl die moeilike besluit dikwels die beste gevolge het.
  • God verstaan wanneer jy voor ‘n moeilike besluit staan – gaan na Hom toe en vra Sy leiding.
  • Stap dan agter Hom aan!
  • In elke krisis is God by jou met ‘n sagte hart – Hy sal jou help en lei om die regte besluit te neem.
  • Moenie bang wees om moeilike besluite te neem nie – bid eers, dink deeglik na, en doen dan wat reg is, al voel jy onseker.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U altyd by my is, veral in moeilike tye. Help my om vandag die regte besluite te neem, selfs al is dit moeilik.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Missie Japan: LYDENSTYD IN JAPAN

Missie Japan NG Kerk Groot-Brakrivier

Teen dié tyd van die jaar in Japan voel ek soms die winter kaalheid en kouefronte kan gerus nou end kry. Maar daar lê gewoonlik nog heelwat bibberweer voor die deur. Dan moet ek myself staal. Gelukkig is dit ook net mooi dan wanneer die Wintersoet (ook bekend as Wax Plum in Engels, Rōbai in Japannees = 蝋梅) helder blom in die snerpende koue. Asof die opstandings-Lig rééds deur die krake van Lydenstyd inskyn in Japan … Vanjaar weer, in die parkeer terrein teen ons huis, het die Wintersoet boom teen einde Januarie nie teleurgestel nie. Saam met Nagtegaal se eerste spitsvondige gesang, ná ‘n lang winterstilte, sien en hoor ons nou die vroeë tekens van lente oral om ons. Wat ‘n vreugde!

Lees meer “Missie Japan: LYDENSTYD IN JAPAN”

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 5 Maart 2026

Dagstukkies April

5 Maart

Liewe Vriend

My wens is dat jy vandag besonderse respek aan die Here sal wys. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Alles wat jy kan doen, is nie noodwendig aanvaarbaar nie.

Teks: “Here, kyk net hoe baie mense wil my seermaak. Hulle word net meer en meer… Maar, Here, U beskerm my teen hulle… U help my om nie handdoek in te gooi nie.” (Ps. 3:1, 4 – Die Boodskap)

  • Ideale en grense gaan hand aan hand – net omdat iets moontlik is, beteken dit nie dit is reg of wys nie.
  • Die wêreld sê jy kan alles doen wat jy wil – maar God roep jou tot ‘n hoër standaard van lewe.
  • Al lyk dit soms asof diegene sonder grense vorentoe gaan, beskerm God dié wat binne Sy grense bly.
  • Wees vandag bereid om “nee” te sê vir dinge wat jou van God se pad af wil trek – Hy sal jou gelukkig maak.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my beskerm en help om nie handdoek in te gooi nie. Help my om vandag die regte grense te stel en binne U wil te bly.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.