Ondersteuningsbediening: Valentynsontbyt 2026

Valentynsdag 2026 Odersteuningsbediening

Die Ondersteuningsbediening van die NG Kerk Groot-Brakrivier het in samewerking met Seeds of Hope, ‘n heerlike gesellige ontbyt aangebied by De Dekke op 11 Februarie 2026.

Dit was ‘n vrolike, musiek gevulde geleentheid. Musiek is verskaf deur Herman Grobbelaar. Die tafels was soos altyd keurig gedek en was in wit en rooi getooi. Dankie vir almal wat so wonderlik gehelp het om van die oggend ‘n groot sukses te maak.

Stof tot nadenke: Aanmoediging

Lofwaardig is die God en Vader van ons Here Jesus Christus, die Vader van barmhartigheid en God van alle bemoediging! Hy bemoedig ons in al ons verdrukkings, sodat ons hulle wat in allerhande verdrukkings verkeeer, kan bemoedig met die bemoediging waarmee ons self deur God bemoedig word; want net soos Christus see lyding oorvloedignoor ons kom, so is ook ons bemoediging oorvloedig deur Christus.

2 Kor. 1: 3-520

Aanmoediging en Aansporing

Niemand van ons kan net altyd sterk wees en alle teenslae vol moed aanpak nie. Almal van ons beleef tye van klein en swak voel. Van voel asof ons nie kan voort gaan nie. Dit is dan wanneer ons as mense en medegelowiges mekaar moet aanspoor en aanmoedig. Ons moet mekaar onderskraging bied; in tye van moedeloosheid mekaar kan vertroos, aanspoor en bemoedig.

Volgens ‘n anonieme aanhaling is ‘Aanmoediging soos suurstof vir die siel’. In die 2020 vertaling word aanmoediging vervang met aansporing. Die aanhaling van JH, reken aanmoediging is ‘Soos ‘n reënbui in ‘n tyd van droogte, so is woorde van aanmoediging vir die moedelose’. Dit is ‘n konsep wat ons almal verstaan. Veral in Suid Afrika wat eintlik bekend is as ‘n droë land, en ons wat tans onder waterbeperkings staan. Die reën in so ‘n tyd bring heerlike verlossing van die droogte toestande.

Die aanmoediging van iemand kan egter ook ‘n aanspreking of tugtiging inhou, wat in liefde en besorgdheid geuiter word. Paulus het die Hebreërs aangemoedig en aangespoor om te volhard so dat hulle in eensgesindheid kan leef, en ons verseker dat God ons net tugtig omdat Hy ons liefhet.

Teksverse:

Julle lewe moet vry wees van geldgierigheid. Wees tevrede mt wat julle het, want Hy het gesê, “Ek sal jou beslis nie verlaat nie, en ook nie in die steek laat nie”, sodat ons met vertroue kan sê: “Die Here is vir my ‘n helper – ek sal nie bang wees nie. Wat sal ‘n mens aan my doen?”” (Heb. 13: 5-620);

En mag die God van vrede, wat die groot Herder van die skape, ons Here Jesus, uit die dood uitgelei het deur die bloed van die ewige verbond, julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen, terwyl Hy in ons dit doen wat voor Hom welbehaaglik is, deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid behoort, vir ewig en ewig! Amen” (Heb. 13: 20-2120);

En julle, moenie die dissiplinering van die Here geringskat nie, en moenie moedeloos word wanneer jy deur Hom bestraf word nie; want die een vir wie die Here liefhet, tug Hy, en Hy straf elke seun wat Hy aanneem.” (Heb. 12: 5-620)

Bemoediging

Bemoediging en aansporing is aksies wat baie nou verband hou met mekaar. As ons dus aansporing gee, lei dit ook tot bemoediging van die wat dit nodig het. Ons word verseker dat ons die gawe van bemoediging, asook die voorbeeld van bemoediging by God, die Vader, Jesus Christus, die Seun, en die Heilige Gees ontvang. Sodat ons hoop kan hê om die lewe te trotseer en staande te bly in geloof.

Laat ons mekaar aanspoor en bemoedig sodat ons ook op hierdie wyse die beeld van Jesus Christus kan uitdra. Sodoende word ook die eer en verheerliking gebring aan God, die Vader en die Heilige Gees, wat dit vir ons moontlik maak om nader aan die beeld van Jesus Christus te kom. Sodat dit wat Jesus in die lydenstyd moes trotseer, nie verniet was nie.

Teksverse:

…wie kan bemoedig, moet bemoediging gee; wie mededeelsaam kan wees, moet dit met opregtheid doen; wie leiding kan gee, moet dit met toewyding doen; wie barmhartigheid kan betoon, moet dit met blydskap doen.” (Rom. 12: 820);

Alles wat vroeër opgeteken is, is tog vir ons tot lering opgeteken, sodat ons hoop kan hê deur die volharding en die bemoediging wat ons uit die Skrif ontvang.” (Rom. 15: 420);

En mag die God wat volharding en bemoediging bewerk, gee dat julle onder mekaar eensgesind sal wees, ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, sodat julle eenparig, ja, uit een mond, aan God, die Vader, van ons Here Jesus Chrisstus, die lof sal bring. ” (Rom. 15: 5-620)

Lofwaardig is die God en Vader van ons Here Jesus Christus, die Vader van barmhartigheid en God van alle bemoediging! Hy bemoedig ons in al ons verdrukkings, sodat ons hulle wat in allerhande verdrukkings verkeer, kan bemoedig met die bemoediging waarmee ons self deur God bemoedig word; want net soos Christus se lyding oorvloedig oor ons kom, so is ook ons bemoediging oorvloedig deur Christus.” (2 Kor. 1: 3-520)

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 21 Februarie 2026

Dagstukkies April

21 Februarie

Mag jou lewe vandag God eer! Hier is ‘n gedagte net vir jou vandag:

Tema: Leef reg voor God

Teks vir vandag: “Om die regte dinge te doen en te sê is vir die Here baie belangriker as ‘n groot dankoffer.” Spr. 21:3 (Die Boodskap)

  • God vra nie vorms van godsdiens nie, maar ‘n hartseer hart voor Hom (Ps. 51:18-19).
  • God soek nie religieuse rituele nie, maar ‘n hart wat opreg na Hom toe leef.
  • Jou daaglikse keuses en integriteit is vir God belangriker as groot, godsdienstige vertonings.
  • Leef vandag so dat jou lewe self ‘n offer van aanbidding aan God is.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag reg te leef voor U en om my lewe ‘n offer van aanbidding te maak.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Sendingnuus Japan: Ds Tobie de Wet

Mission Japan

Sondag 15 Februarie 2026.

Die afsluiting van nog ‘n periode in ons lewe en bediening, ons laaste erediens en liefdesmaal in Niihama, ‘n afskeid😢Nogal emosioneel dreinerend. Tog ‘n vreugdevolle hoogtepunt met die doop van een van ons lidmate na meer as ‘n jaar van saam weeklikse Dondernamiddag Bybelstudie en sy getroue erediens bywoning onafgebroke elke liewe Sondag🙏🏻‼️

Lees meer “Sendingnuus Japan: Ds Tobie de Wet”

Nuusflitse Week 9+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 22 Februarie 2026 : 09:00 Nagmaal. GEEN Kategese.
Sondag 22 Februarie 2026 : Alternatiewe Erediens om 17:00-18:00 in die kerksaal
Dinsdag 24 Februarie 2026 08:00 tot 09:00: Rek en strek Oefeninge
Dinsdag 24 Februarie 2026: Die Kerkraad vergader om 17:30
Woensdag 25 Februarie 2026 :  Blokbyeenkoms van Blok 7 (Onder-Bergsig) en Blok 10 (Bergsig-Bo) vind om 18:00
Woensdag 25 Februarie 2026 : Kooroefening by die orrel om 16:45.
Woensdag 25 Februarie 2026: Wolwedans Boodskap Sop en Brood: 25 Februarie en 11 & 25 Maart
Vrydag 27 Februarie 2026 14:00-15:30 Kleuterkerk Wolwedans Gemeenskapsaal
Sondag 1 Maart 2026 : Erediens en Kategese om 09:00 – GEEN Kleuterkerk,

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 22 Februarie tot 1 Maart 2026

Sendingnuus Madagaskar The Week 8 Februarie 2026

Madagaskar Feb 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

This year’s cyclone season proves to be one of the worst for Madagascar. Cyclone Gezani struck the port city of Tamatave on Tuesday night and it was reported that 75% of the second biggest city in Madagascar was either destroyed or damaged. The final death toll is not known yet, but so far we know that 40 people lost their lives. This particular cyclone started far away in the Indian Ocean, moved across Madagascar and gained strength in the Mozambican channel where it caused a lot of damage on the Mozambican coast. It is now turning back on itself and heading for the south of Madagascar. Please pray that Gezani will move down south before it makes landfall again.

Lees meer “Sendingnuus Madagaskar The Week 8 Februarie 2026”

Afkondigings 22 Februarie tot 1 Maart 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 22 Februarie 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Ds Leon Cronje.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 4:1-11.
  • Die tema van die prediking is: Sit jouself op sy plek.
  • Nagmaal.
  • Eerste Lydensweek.
  • Biddag vir Trauma & Verlies.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Ondersteuningsbediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Ds Leon Cronje (Nagmaal).
  • Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal. Gelei deur ds Ds Leon Cronje.
Lees meer “Afkondigings 22 Februarie tot 1 Maart 2026”

Kimberly Orabona “Shepherd me O God”

Kimberly Orabona - Shepard me O Lord NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 7 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na Kim Orabona se weergawe van
Shepherd me O God”, met die mooi refrein:
Shepherd me, O God, beyond my wants,
beyond my fears, from death into life.

Jon Guerra se verwerking van die Saligspreuke: “The Kingdom of God.”

The Kongdom of God - Jon Guerra NG Kerk Groot-Brakrivier

Jon Guerra – “The Kingdom of God.”

Op Dag 6 van ons Lydingstydreeks #VISIODIVINA luister ons na die musikant en
liriekskrywer Jon Guerra se verwerking van die Saligspreuke: “The Kingdom of God.”

Uit die lirieke

Blessed are the poor who have nothing to own
Blessed are the mourners who are crying alone
Blessed are the guilty who have nowhere to go

For their hearts have a road to the kingdom of God
And their souls are the songs of the kingdom of God
And they will find a refuge, for theirs is the kingdom of God

Lees gerus: Lydenstyd :Visio Divina: – Dag 6

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 20 Februarie 2026

Dagstukkies April

20 Februarie

Mag jy vandag vrede kies! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Kies vir vrede

Teks vir vandag: “‘n Wyse mens bly weg van rusies en gestry. Dit is net ‘n dwaas wat sy neus oral insteek.” Spr. 20:3 (Die Boodskap) 

  • Bly weg die kwaad en doen goeie dinge. Soek vrede en jaag dit na (Ps. 34:15).
  • Dit is wys om konflik te vermy en nie in elke argument betrokke te raak nie.
  • Nie elke konflik is vir daar vir jou om te veg nie.
  • Sommige konflik en gevegte moet jy net laat verby gaan.
  • Kies vandag om weg te bly van onnodige konflik en rusies wat net energie en vrede steel.

Gebed

Liewe Vader, gee my vandag wysheid om vrede te soek en weg te bly van onnodige konflik en rusies.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

AsWoensdag

Aswoensdag NGK Groot-Brakrivier

Vandag is AsWoensdag – die begin van die 40 dae lydenstyd voor paasnaweek. Lydenstyd is ‘n tyd vir selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed en diens aan ander. Dit is ‘n tyd om selfs nog meer as gewoonlik die Woord te lees en te oordink. Deur dit alles berei ons ons voor vir die Paasfees. Wat een van die hoogtepunte van die kerklike jaar is. Die gebruik is om palmtakke van die jaar tevore se Palmsondag te verbrand. Vandaar die AS. Gelowiges smeer dan die as aan hul voorkop of pols om jou te herinner aan dit wat Jesus gely het. Om as oor jou kop te strooi was ook ‘n teken van boetedoening in die Bybelse tye. Ons verootmoedig onsself ook met die oog op Lydenstyd.

Lees meer “AsWoensdag”

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 19 Februarie 2026

Dagstukkies April

19 Februarie

Mag jy vandag jou dag en lewe verstandig en wys beplan! Hier is God se wil net vir jou vir vandag:

Tema: Dink voordat jy handel

Teks vir vandag: “Dink voordat jy praat… Eiesinnigheid kan mense se planne vernietig. Daarna blameer hy die

Here vir sy ellende.” Spr. 19:2-3 (Die Boodskap)

  • Gee jou lewe aan die Here oor, vertrou op Hom en Hy sal vir jou sorg – stap agter die Hom aan (Ps. 37:5).
  • Soms maak jy planne sonder om die Here se advies te vra, daaroor te bid en daaroor na te dink.
  • Neem verantwoordelikheid vir jou eie keuses.
  • Moenie God blameer vir die gevolge van jou eie keuses – sonder Hom – nie.
  • Soek vandag God se wil voordat jy planne maak of belangrike besluite neem.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag deur te dink voordat ek optree en om nie eiesinnig te wees nie, maar U wil te soek.

In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 18 Februarie 2026

Dagstukkies April

18 Februarie

Mag jou woorde vandag lewe bring! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Woorde van lewe

Teks vir vandag: “‘n Gelowige se woorde is soos ‘n borrelende fontein. Dit bemoedig mense, troos hulle, wys hulle op die regte pad.” Spr. 18:4 (Die Boodskap)

  • Jou woorde moet altyd regverdig,  wys en vol insig wees (Ps 37:30).
  • Jou woorde moet soos vars water wees wat ander se dors les en hulle verfris.
  • Jou woorde as Christengelowige is ‘n bron van bemoediging en lei ander reg.
  • Sê vandag daardie woorde wat ander sal bemoedig, hoop gee, troos en op die regte pad lei.

Gebed

Liewe Vader, maak my woorde vandag soos ‘n fontein van lewe wat ander sal bemoedig en verkwik. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 17 Februarie 2026

Dagstukkies April

17 Februarie

Mag jy vandag getrou bly in beproewing! Hier is God se spesiale gedagte net vir jou:

Tema: Getoets maar getrou

Teks vir vandag: “Soos ‘n onderwyser jou kennis toets, so toets die Here ons ook. Hy wil vasstel hoe eg ons geloof in Hom is.” Spr. 17:3 (Die Boodskap)

  • God toets ons soos silwer deur vuur skoon gemaak word – toetse maak ons geloof opreg (Ps. 66:10; 1 Pet 1:5-8).
  • Moeilike tye is nie straf nie, maar God se manier om jou geloof te verfyn en sterker te maak.
  • Hoe jy reageer in beproewinge wys hoe eg jou geloof regtig is.
  • Bly vandag getrou, al is omstandighede moeilik – God gebruik dit om jou te suiwer en te versterk.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag getrou te bly in beproewinge en te vertrou dat U my verfyn soos silwer. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 16 Februarie 2026

Dagstukkies April

16 Februarie

Mag jy vandag God se genade ervaar! Hier is God se Woord vir vandag:

Tema: Liefde herstel verhoudings

  • Teks vir vandag: “Die Here verag arrogante mense wat op ander trap. Hulle sal sekerlik nog gestraf word. Liefde kan skewe verhoudings weer regmaak.” Spr. 16:5 (Die Boodskap)
  • Jy weet mos dat die Here barmhartig,  genadig, lankmoedig en vol van goedertierenheid is (Ps. 103:8).
  • God haat hoogmoed, maar Sy liefde en genade kan selfs die slegste verhoudings herstel.
  • Waar daar liefde en vergifnis is, kan daar heling en herstel plaasvind.
  • Laat God se liefde deur jou na mense met wie jy gebreekte verhoudings het vloei.

Gebed

Liewe Vader, laat U liefde vandag deur my vloei om gebreekte verhoudings te herstel en ander te seën. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Peter en Carin van Essen – “Wees genadig”

Peter en Carin van Essen – “Wees genadig”

Op Dag 4 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na Peter en Carin van Essen se weergawe van die Nederlandse “Wees genadig” soos opgeneem in die St Joriskerk in Amersfoort. Dit is geplaas deur die bekende Nederland Zingt.

Uit die lirieke:

De woorden die U sprak, Heer,
ben ik al weer vergeten.
Het vuur van uw beloften
is langzaam uitgedoofd.
Met een hart vol van twijfel
volg ik aardse wijsheid,
vergeef mij toch mijn ongeloof;
hernieuw het vuur in mij.
Wees genadig, Heer,
vergeef mij.
Wees genadig voor mij.
Wees genadig, Heer,
vergeef mij.
Wees genadig voor mij.

“Dry Bones” soos uitgevoer deur The Kings Heralds.

The Kings Heralds - Dry Bones NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 3 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na die baie bekende lied, “Dry Bones” soos uitgevoer deur The Kings Heralds.
Hierdie is ‘n kwartet wat al sedert 1927 bestaan.

Engelse uitvoering van ‘n Kyrie Eleison, soos uitgevoer in die St Laurence Gemeente in Chorley(Engeland)

Lord Have Mercy On Us All - Kyrie Eleison NG Kerk Groot-Brakrivier

Engelse uitvoering van ‘n Kyrie Eleison

Op Dag 2 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na ‘n kontemporêre Engelse
uitvoering van ‘n Kyrie Eleison, soos uitgevoer in die St Laurence Gemeente in Chorley
(Engeland).
Die woorde verskyn in die video.