Augustus — Psalms
3 Augustus
Liewe Vriend
Jy hoef nie vandag self uit te werk hoe alles gaan uitdraai nie — daar is Iemand wat voor jou uit loop. Ontvang God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: God wys jou pad
Teks: “Ja, U is my rots en my bergvesting, ter wille van u Naam sal U my voorgaan en my lei.” (Ps. 31:4)
- God lei jou met sy raad en Hy hou jou hand vas — jou hele lewe is in sy sorg. (Ps. 73:24)
- Die Here is jou rots — as alles rondom jou in mekaar stort, staan Hy vas.
- Hy loop voor jou uit; daar is nie ’n dag waar Hy nie reeds is nie.
- Vra Hom vanoggend om jou te lei, en vertrou Hom dan met elke tree.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U my rots is en elke dag voor my uitloop.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


