Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: Nehemia 1: 1 – 11
Tema: Biografie van ‘n skinker
Begeleiding: Mev. Eliza Hancke
Liedere:
Lied 280: 1 – 3
Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: Nehemia 1: 1 – 11
Tema: Biografie van ‘n skinker
Begeleiding: Mev. Eliza Hancke
Liedere:
Lied 280: 1 – 3
Vandag – Sondag 30 Januarie 2022:
Ouderlinge:
Dr Frans Hancke,
Ann Pretorius (Blok 9B) en
Johan de Wit (Blok 8A)
Diakens:
Adolf Jonker (Blok 7) en
Corlien Kleyn (Blok 13B)
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames.
Ons begin om 16:00 Woensdagmiddag met die opnames in die kerkgebou en u is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op 083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk.
Jeug
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Gebedsgidse
Gebedsgidse vir Februarie 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Sondag – 6 Februarie 2022
Kategese om 09:00
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Ds Danie Goosen
Spesiale Offer vir die Morreson Kinderhuis.
Rek en strek oefeninge vir seniors
Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die
kerksaal. Nuwe lede is welkom.
Kontakpersoon: Piet Snyman (082 297 3476).
Blokbyeenkoms – 2 Februarie 2022
Blok 1 (Gonnakraal, Sorgfontein en Vlakte) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas, by Hynn & Hannetjie Engelbrecht, Eilandskloof. (082 950 8714)
Gholfdag fondsinsameling
Die jaarikse gholfdag fondsinsameling vind plaas op 26 Maart 2022.
Bybelstudie Groep vir Sotho, Pedi & Tswana sprekende inwoners
Hiermee wil ons u hartlik uitnooi om kontak te maak met André Olivier. Hy en sy Sotho huishoudster, Janette wil graag ‘n Bybelstudie groep begin vir Sotho, Pedi en Tswana sprekende inwoners van die dorp en gemeenskap op Sondagmiddae by die kerk terrein.
Alle belangstellendes kan André kontak op sel nr 082 414 0462.
Getuienisbediening
Ons vertrou almal het ‘n geseënde feesgety gehad en ons sien uit om 2022 weer saam die pad te stap en ‘n verskil in ons gemeenskap te maak.
Ons datums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is:
9 en 23 Februarie asook
9 en 23 Maart.
Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 80 gesinne te kan bedien.
Omgeebediening
In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens.
Baie dankie vir almal wat op verskillende wyses bygedra en gehelp het.
KAIROS KURSUS – FEBRUARIE 2022
Wil jy GOD se plan beter verstaan?
Wil jy SY opdrag beter verstaan?
Wil jy SY wil daagliks doen?
Hier is die geleentheid om meer uit te vind.
GRATIS KURSUS – KERKGEBOU
10 & 11, 18 Februarie (aand)
12 & 19 Februarie (volle dag)
13 & 20 Februarie (middag)
Bespreek jou plek voor 31 Januarie 2022!
Skakel Kobus Verreynne (060 889 6897)
Webtuiste
Die gemeente se webtuiste is herontwerp. Die webadres is https://www.nggrootbrak.co.za en as u ng kerk grootbrak op Google intik sal u die skakel na die webtuiste sien. Kliek net daarop om by die webtuiste uit te kom.
Daar is baie intydse, lewendige en relevante inligting op die webblad, so besoek dit gerus.
Ons het die volgende dankie sê boodskappe ontvang:
Dankie dat U getrou saam met ons in gebed staan en die werk van die bediening ondersteun wat die evangelie aan mense bring wat nooit die Goeie Nuus op enige ander manier sou gehoor het nie. Die saadjies wat in 2021 gesaai is, het ’n blywende impak op die lewe van luisteraars regoor Afrika gehad.
Dit is met groot dankbaarheid in ons harte wat ons hierdie epos stuur. Baie-baie dankie dat julle ons elke jaar onthou. Dankie vir julle liefde en ondersteuning. Ons waardeer dit opreg.
Dankie vir jou geskenk om geestelike en praktiese ondersteuning te voorsien aan ons vervolgde familie in Christus deur jou onlangse geskenk van R 767.
Dankie dat jy deur jou gebede en geskenke die wedren van geloof saam met ons vervolgde familie in geloof aanpak. Jy help om die koninkryk te bou vir toekomstige generasies wanneer jy help om hulle te versterk en toe te rus om hul geloof uit te leef in plekke waar ons geloof onwelkom is.
Lynette de Jager – Eilande Sending (R 4 200 kwartaallikse bydrae)
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 ‘ 044 620 2205 Faks: 044 050 1532
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: nggrootbrak.co.za
Leraar: Danie Goosen (044 620 2736 / 079 525 3624)
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Kategese 9:00
Blokbyeenkoms Blok 1 – 2 Februarie
Golfdag – 26 Maart
Bybelstudie Groep vir Sotho, Pedi & Tswana sprekende inwoners
Wolwedans vir die eerste kwartaal is: 9 en 23 Februarie asook 9 en 23 Maart
Rek en strek oefeninge vir seniors: Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00
Goeie middag almal
Hiermee die brief rakende Elmar en Nadine, soos ons bespreek het in ons vergadering vir julle inligting en voorbidding asb. Ek is in gesprek met Missie Japan aangesien hierdie brief baie eensydig is. Ons gaan voort om hulle te ondersteun aangesien hulle passie nog steeds is om sendingwerk in Japan te doen ( dit het geensins verander nie) en om die Evangelie na die die 99% nie-Christene in Japan te neem. Sodra ek hul nuwe bankrekening ontvang het sal ek dit aan die kerkkantoor stuur.
Groete en lekker naweek.
Emile
Lees meer “Opvolg: Ellmar en Nadine van Missie Japan:”Vandag – Sondag 23 Januarie 2022:
Jan Kriel se kinders het spesiale onderwysbehoeftes onder andere weens epilepsie, disleksie en ADHD. Gemeentes se spesiale offers stel hulle in staat om vir Jan Kriel se kinders die noodsaaklike terapie gratis en as deel van hulle skooldag te kan gee.
Jeug
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Nuwe lidmate in ons gemeente: Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames.
Ons begin om 16:00 Woensdagmiddag met die opnames in die kerkgebou en u is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op 083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk.
Gebedsgidse
Gebedsgidse vir Januarie 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Week van Gebed – 23 tot 25 Januarie 2022
Week van gebed word gelei deur Ds Danie en vind elke aand om 18h00 in die kerkgebou plaas. Die temas vir die periode is:
Om die Woord te bid,
Om stil te word rondom die “kuns” van die Woord,
Om stil te word rondom die musiek van die Woord.
Bybelstudie-groepleiers – 25 Januarie 2022
Bybelstudie-groepleiers kom in die konsistorie bymekaar om 10:00 die oggend.
Bloedskenking – 27 Januarie 2022
Ons herinner u aan die bloedskenkingsgeleentheid, Donderdag
27 Januarie 2022, vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.
(Navrae: Christo Smit 083 447 9891)
Daar is ‘n ernstige tekort aan bloed en u word aangemoedig om indien moontlik op hierdie wyse ‘n belangrike bydrae tot ons gemeenskap te lewer.
Sondag – 30 Januarie 2022
Kategese om 09:00
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Dr Frans Hancke
Jaarlikse bevestiging van kerkraadslede.
Spesiale Offer vir die Instituut vir Dowes.
Blokbyeenkomste
Blokbyeenkomste vind plaas soos op die kerkkalender aangedui. Vir enige navrae kontak asseblief die kerkkantoor tydens kantoor ure (044 620 2205).
Gholfdag fondsinsameling
Die jaarikse gholfdag fondsinsameling vind plaas op 26 Maart 2022.
Bybelstudie Groep vir Sotho, Pedi & Tswana sprekende inwoners
Hiermee wil ons u hartlik uitnooi om kontak te maak met André Olivier. Hy en sy Sotho huishoudster, Janette wil graag ‘n Bybelstudie groep begin vir Sotho, Pedi en Tswana sprekende inwoners van die dorp en gemeenskap op Sondagmiddae by die kerk terrein.
Alle belangstellendes kan André kontak op sel nr 082 414 0462.
Getuienisbediening
Ons vertrou almal het ‘n geseënde feesgety gehad en ons sien uit om 2022 weer saam die pad te stap en ‘n verskil in ons gemeenskap te maak.
Ons datums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is:
26 Januarie, 9 en 23 Februarie asook 9 en 23 Maart.
Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 80 gesinne te kan bedien.
Omgeebediening
In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
In aansluiting by die afgelope twee Sondae se boodskappe, wil ons die gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas.
Baie dankie vir almal wat in die verlede op verskillende wyses bygedra en gehelp het.
KAIROS KURSUS – FEBRUARIE 2022
Wil jy GOD se plan beter verstaan? Wil jy SY opdrag beter verstaan?
Wil jy SY wil daagliks doen?
Hier is die geleentheid om meer uit te vind.
GRATIS KURSUS – KERKGEBOU
10 & 11, 18 Februarie (aand) 12 & 19 Februarie (volle dag)
13 & 20 Februarie (middag)
Bespreek jou plek voor 31 Januarie 2022!
Skakel Kobus Verreynne (060 889 6897)
Webtuiste
Die gemeente se webtuiste is herontwerp. Die webadres is https://www.nggrootbrak.co.za en as u ng kerk grootbrak op Google intik sal u die skakel na die webtuiste sien. Kliek net daarop om by die webtuiste uit te kom.
Daar is baie intydse, lewendige en relevante inligting op die webblad, so besoek dit gerus.
Ons het die volgende dankie sê boodskappe ontvang:
Dankie dat U getrou saam met ons in gebed staan en die werk van die bediening ondersteun wat die evangelie aan mense bring wat nooit die Goeie Nuus op enige ander manier sou gehoor het nie. Die saadjies wat in 2021 gesaai is, het ’n blywende impak op die lewe van luisteraars regoor Afrika gehad.
Dit is met groot dankbaarheid in ons harte wat ons hierdie epos stuur. Baie-baie dankie dat julle ons elke jaar onthou. Dankie vir julle liefde en ondersteuning. Ons waardeer dit opreg.
Dankie vir jou geskenk om geestelike en praktiese ondersteuning te voorsien aan ons vervolgde familie in Christus deur jou onlangse geskenk van R 767.
Dankie dat jy deur jou gebede en geskenke die wedren van geloof saam met ons vervolgde familie in geloof aanpak. Jy help om die koninkryk te bou vir toekomstige generasies wanneer jy help om hulle te versterk en toe te rus om hul geloof uit te leef in plekke waar ons geloof onwelkom is.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 ‘ 044 620 2205 Faks: 044 050 1532
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: nggrootbrak.co.za
Leraar: Danie Goosen (044 620 2736 / 079 525 3624)
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Dis met leedwese dat ons u meedeel van die afsterwe van Wesley Oosthuizen. Ons dra ons innige simpatie en voorbidding oor sy geliefdes, mag die Here u troos en bystaan in hierdie moeilike tyd.
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Romeine 15: 1 – 13
Tema: Ons grootste geskenke
Begeleiding; Una Voster
Liedere:
Lied 188: 1 – 2
Lied 588: 1& 3
Week van gebed: 23 – 25 Januarie 2022 18:00 in kerk Temas:: Om die Woord te bid!… Om stil te word rondom die ‘kuns‘ van die Woord; Om stil te word rondom die ‘musiek‘ van die Woord!
Sondag – 23 Januarie 2022: Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig. Prediker: Ds Danie Goosen. Spesiale Offer vir die Jan Kriel-Instituut
Getuienisbediening: Ons datums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is: 26 Januarie, 9 en 23 Februarie asook 9 en 23 Maart. Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 80 gesinne te kan bedien.
Kairos Kursus – Februarie 2022 …
Vandag – Sondag 16 Januarie 2022:
Dis met leedwese dat ons u meedeel van die afsterwe van Andrew Jones. Ons dra ons innige simpatie en voorbidding oor sy geliefdes, mag die Here u troos en bystaan in hierdie moeilike tyd.
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: 1 Korintiërs 12: 1 – 11
Tema: Wat dra jy in jou rugsak?
Begeleiding: Dawn Taljaard
Liedere:
Lied 207: 1, 2 & 4
Lied 308: 1 – 5
Dis met leedwese dat ons u meedeel van die afsterwe van Bobbie Roeloffze en Dougie Vosloo. Ons dra ons innige simpatie en voorbidding oor aan hulle geliefdes, mag die Here u troos en bystaan in hierdie moeilike tyd.
Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: Eksodus 3: 1 – 15
Tema: Hier is ek
Begeleiding: Mev. Elize Hancke
Liedere
Lied 528: 1 – 3
Hiermee die gebedsfokus vanaf Feba vir die maand van Januarie 2022 vir u inligting en voorbidding asb.
Januarie 2022
“Wees altyd vol blydskap. Moenie ophou bid nie. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle verwag omdat julle met Christus Jesus verenig is.”
1 Tessalonisense 5:16-18
Sondag – 9 Januarie 2022 Prediker: Dr Frans Hancke
Kantoorure: Vanaf 17 Desember 2021 tot 7 Januarie 2022 – Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 9:00 tot 12:00.
Kantoorure: Vanaf 10 Januarie 2022 – Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 8:00 tot 13:00.
Liewe familie en vriende
‘n Baie geseende nuwejaar! Mag diie Here jou seen met Sy oorvloed, liefde en vreugde en voorspoed met alles wat jy aanpak in 2022.
Baie dankie vir elke gebed, elke woord, ondersteuning en finansies wat jy hierdie jaar in ons lewens en in die bediening in Reni gesaai het.
Lees meer “Oekraïne: Baie dankie vir 2021 – “oaks of righteousness” – Michelle”Last blog of 2021, wishing you all a happy New Year. We are grateful for God’s grace and guidance this year and we pray that Dries and I will be able to return to Madagascar together. There is so much to be done.
Lees meer “Madagaskar: THE WEEK – 26/12/2021”Prediker: Dr. Ronell Bezuidenhout
Skriflesing: Deuteronomium 11: 9 -12
Tema: 2022 behoort aan God
Begeleiding:
Klavier: Mev. Annalene de Swardt
Voorsang: Wikus de Swardt en Estelle Scott
Liedere:
Lied 344: 1 – 3
Lied 499; 2 – 3