Vandag – Sondag 5 Desember 2021:
- Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan
Dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing vanoggend kom uit Matteus 2. Die tema van die prediking is: Kyk die ster!
- Spesiale offer vir Hugenote-Kollege.
Nuwe lidmate in ons gemeente
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Gebedsgidse:
Gebedsgidse vir Desember 2021 is beskikbaar in die voorportaal.
Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube.
Die YouTube diens is net na 07:00 op die Sondagoggend beskikbaar deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Die Kersdagdiens sal ook 25 Desember 2021 op YouTube uitgesaai word.
Sondag – 12 Desember 2021:
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Ds Danie Goosen
Spesiale Offer vir die Radio FEBA
Ds Danie is met verlof vanaf 26 Desember 2021 tot 10 Januarie 2022.
Rek en strek oefeninge vir seniors
Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die
kerksaal. Nuwe lede is welkom.
Kontakpersoon: Piet Snyman (082 297 3476).
KERKRAADSVERGADERING
Tydens die kerkraadsvergadering gehou 16 November 2021 is die volgende persone as kerkraadslede verkies:
Ouderlinge:
Elsie Potgieter Blok 5D Hersham langs Morrisonweg
Johan de Wit Blok 8A Bergsig – Wes
Ann Pretorius Blok 9B Vogelsang tot Duinelaagte
Dr Frans Hancke
Diakens:
Adolf Jonker Blok 7 Bergsig – Oos
Linda Grobler Blok 9B Vogelsang tot Duinelaagte
Corlien Kleyn Blok 13B Groenkloof
Sang en musiek talent
Ons wil baie graag sang en instrumente inbring by ons erediens
se video opnames.
Die verwagting is dat ons sal voortgaan met die YouTube
uitsendings en ons wil dit graag so realisties as moontlik
maak.
Ons vra enige persoon wat sy / haar Godgawe talente wil aanwend tot uitbreiding van sy koninkryk om asseblief die kerkkantoor te skakel.
Webtuiste
Die gemeente se webtuiste is herontwerp. Die webadres is https://www.nggrootbrak.co.za en as u ng kerk grootbrak op Google intik sal u die skakel na die webtuiste sien. Kliek net daarop om by die webtuiste uit te kom.
Daar is baie intydse, lewendige en relevante inligting op die webblad, so besoek dit gerus.
Bloedskenking
Die bloedskenking op 25 November 2021 het die mikpunt van 60 oortref en 68 volpinte is geskenk!
Baie dankie daarvoor, u skenking kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.
Omgeebediening:
Ons gee steeds maandeliks 32 kruidenierswarepakkies uit aan behoeftige gesinne. Hierby is daar ook instapgevalle wat ons op ‘n ad hoc basis in hulle behoeftes waar moontlik voorsien.
Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.
Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.
Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.
As deel van Desember se pakkies wil ons iets spesiaals insit,
soos koekies, koeldrank, jellies, lekkers, toiletware en
klein geskenkies.
Indien u u weg oopsien om die Kersgety vir van die minder
bevoorregtes in ons gemeenskap spesiaal te maak, sal u
bydrae baie waardeer word. U kan u bydrae en geskenke
asseblief nie later as 6 Desember 2021 by die kerkkantoor
aflaai.
U kan vir Corrie Pieters (082 327 9527) kontak vir verdere
inligting.
Bydraes kan Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure. Skakel asseblief die kerkkantoor indien ons moet reël om dit op te laai.
HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS
Hartenbos Versorgingsoord se jaarlikse basaar vind plaas 18 Desember 2021, 9h00 by die NG kerk Hartenbos.
Daar gaan heerlike gebak, poeding, pannekoek, vetkoek, worsrolletjies, roosterkoeke, gemmerbier, melkkos, ‘n handwerktafel, ‘n groot wit olifanttafel, ‘n gesellige teetuin en lekker boeremusiek wees. Om dit alles te kroon gaan dit saamval met die NG Kerk se vleisfees.
Sien julle daar!
Kinderkerskous-projek – ‘n geskenk van hoop aan ons kinders
Kerkbode, in samewerking met Bybel-Media, wil kinders en jongmense in hierdie feestyd met geestelike boeke bederf sodat hulle in hulle geloof kan groei.
Die KinderKersKous-projek bestaan uit geskenkkouse gevul met Kinderbybelstories, Bybelse aktiwiteitsboeke en ander opvoedkundige boeke wat onder meer by kinderhuise en skole uitgedeel sal word.
Elke bydrae help ons om nóg Bybelprodukte vir kinders te ontwikkel omdat ons glo hierdie geloofsvormende boeke sal ’n verskil in kinders se lewe maak. Oorweeg dit asseblief om in hierdie tyd ’n skenking te maak.
Donasies kan in hierdie rekening inbetaal word:
Bybel-Media
ABSA, Wellington
Tjekrekening
Rekeningnommer: 405 118 1699
Verwysing: Kinderkerskousprojek

JESAJA 9:5-6
Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee;
en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem:
Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors —
tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde,
op die troon van Dawid en oor sy koninkryk,
om dit te bevestig en dit te versterk
deur reg en deur geregtigheid,
van nou af tot in ewigheid.
Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.
AFR53: Afrikaans 1933/1953
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 🕾 044 620 2205 Faks: 044 050 1532
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: nggrootbrak.co.za
Leraar: Danie Goosen (044 620 2736 / 079 525 3624)
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314


