Vandag – Sondag 12 Desember 2021:
- Baie welkom by vanoggend se erediens.
- Ons skriflesing vanoggend kom uit Filippense 4:4-7. Die tema van die prediking is: Gesoek: Blydskap?
- Spesiale offer vir Radio FEBA.
Nuwe lidmate in ons gemeente
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Gebedsgidse:
Gebedsgidse vir Desember 2021 en Januarie 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube.
Die YouTube diens is net na 07:00 op die Sondagoggend beskikbaar deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Die Kersdagdiens sal ook 25 Desember 2021 om 07:00 op YouTube uitgesaai word.
Sondag – 19 Desember 2021:
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Ds Danie Goosen
Spesiale Offer vir die Bybelgenootskap
Ds Danie is met verlof vanaf 26 Desember 2021 tot 10 Januarie 2022.
Sondag – 26 Desember 2021:
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Ds Rudolph du Plooy
Spesiale Offer vir die Gemeente Instandhoudingsfonds
Sondag – 2 Januarie 2022:
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Dr Ronell Bezuidenhout
Spesiale Offer vir die Gemeente Instandhoudingsfonds
Sondag – 9 Januarie 2022:
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Dr Frans Hancke
Spesiale Offer vir die Gemeente Instandhoudingsfonds
Kersdagdienste – 25 Desember 2021
Vier Kersdagdienste sal in die kerkgebou gehou word met inagneming van die Covid-19 regulasies. Die dienstye is 07:00; 08:00; 09:00 en 10:00.
Die diens sal ook om 07:00 op YouTube uitgesaai word.
Oujaarsdiens – 31 Desember 2021
As gevolg van Covid-19 regulasies sal die oujaarsdiens nie in die kerkgebou aangebied word nie.
Die diens sal wel op YouTube om 17:00 op 31 Desember 2021 uitgesaai word en die skakel sal na u gestuur word.
Youtube – eredienste
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames.
Ons begin om 16:00 Woensdag middag met die opnames in die kerkgebou en u is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op 083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk.
Webtuiste
Die gemeente se webtuiste is herontwerp. Die webadres is https://www.nggrootbrak.co.za en as u ng kerk grootbrak op Google intik sal u die skakel na die webtuiste sien. Kliek net daarop om by die webtuiste uit te kom.
Daar is baie intydse, lewendige en relevante inligting op die webblad, so besoek dit gerus.
Omgeebediening:
BAIE DANKIE vir soveel ondersteuning (geldelik / produkte / gebak / geskenkies) wat ons met die Desember kerspakkies ontvang het. Daarmee sal vele harte in hierdie feestyd verbly kan word.
Ons wens vir almal ‘n geseënde feestyd van omgee en liefde toe.
Getuienisbediening:
Liewe Voorbidders!
Ons het die volgende gebedsversoeke van Amos ontvang en ek neem vrymoedigheid om dit sommer in Afrikaans deur te gee want ons broer se Engels laat hom dié keer bietjie in die steek.
1. Voorbidding vir ‘n groep gelowiges wat gedurende die afgelope naweek in iemand se motorhuis met ‘n erediens besig was en in hegtenis geneem is. Ons bid dat hulle onskuldig bevind sal word.
2. Die president van die EPA (Federasie van Protestantse kerke) en ander leiers is voor die hof gedaag om te verduidelik hoekom die Kerk voortgaan om die staat se voortgesette arrestasies en sluiting van kerk geboue deur die internet aan die groot klok te hang, asook die voortgesette uitsaai van eredienste en geestelike boodskappe oor die internet wat tegnies verbode is. Uitspraak oor hierdie saak is ook voorbehou en Amos sal ons op hoogte hou.
HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS
Hartenbos Versorgingsoord se jaarlikse basaar vind plaas 18 Desember 2021, 9h00 by die NG Kerk Hartenbos.
Daar gaan heerlike gebak, poeding, pannekoek, vetkoek, worsrolletjies, roosterkoeke, gemmerbier, melkkos, ‘n handwerktafel, ‘n groot wit olifanttafel, ‘n gesellige teetuin en lekker boeremusiek wees. Om dit alles te kroon gaan dit saamval met die NG Kerk se vleisfees.
Sien julle daar!
KERKRAADSVERGADERING
Tydens die kerkraadsvergadering gehou 16 November 2021 is die volgende persone as kerkraadslede verkies:
Ouderlinge:
Elsie Potgieter Blok 5D Hersham langs Morrisonweg
Johan de Wit Blok 8A Bergsig – Wes
Ann Pretorius Blok 9B Vogelsang tot Duinelaagte
Dr Frans Hancke
Diakens:
Adolf Jonker Blok 7 Bergsig – Oos
Linda Grobler Blok 9B Vogelsang tot Duinelaagte
Corlien Kleyn Blok 13B Groenkloof
Sang en musiek talent
Ons wil baie graag sang en instrumente inbring by ons erediens se video opnames.
Die verwagting is dat ons sal voortgaan met die YouTube uitsendings en ons wil dit graag so realisties as moontlik maak.
Ons vra enige persoon wat sy / haar Godgawe talente wil aanwend tot uitbreiding van sy koninkryk om asseblief die kerkkantoor te skakel.
Kerkkantoorure:
Let asb. op na die aangepaste kantoorure:
Vanaf 17 Desember 2021 tot 7 Januarie 2022 – Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 9:00 tot 12:00.
Vanaf 10 Januarie 2022 – Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 8:00 tot 13:00.
Die kerkkantoor is gesluit op publieke vakansiedae.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 🕾 044 620 2205 Faks: 044 050 1532
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: nggrootbrak.co.za
Leraar: Danie Goosen (044 620 2736 / 079 525 3624)
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314