Oekraïne – Dringende Gebedsbrief: Michele

Kiev Oekraïne

Liewe familie en vriende

Die Here sê in Johannes 14:27 

Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.

Ons word vanmore wakker met die nuus dat Rusland op twee plekke Oekraine begin binneval het. Maar die Here se vrede is in ons harte. Ons weet dat Hy ons vashou en beskerm. Ek weet dat ons in Sy wil is.

Lees meer “Oekraïne – Dringende Gebedsbrief: Michele”

Afkondigings 20 Februarie 2022

Afkondigings

Vandag – Sondag 20 Februarie 2022:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens.
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit 1 Samuel 3 vers 1 tot 18. Die tema van die prediking is: Vlug vir die Here?
  • Spesiale deuroffer gaan vir die Straatwerk
  • Kategese om 09:00

Jeug

Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.

Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Gebedsgidse

Gebedsgidse vir Februarie 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

YouTube Eredienste

Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.

Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op

083 277 2777 indien u enige vrae het.

Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak.  U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.

Sondag – 27 Februarie 2022

Kategese om 09:00

Nagmaal

Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.

Prediker: Ds Danie Goosen

Spesiale Offer vir die Hartenbos Versorgingsoord

Kerkraadsvergadering – 22 Februarie 2022

Die kerkraad vergader eerskomende Dinsdagaand om 18h00 in die kerk onder die voorsitterskap van Ds. Danie Goosen. Ons vra u voorbidding vir die vergadering.

Blokbyeenkoms – 23 Februarie 2022

Blok 4A (Pine Creek en Bo-Langstraat) en Blok 4B (Onder-Langstraat tot Kiewietlaan) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas by Gert en Riana Briers, Kiewietlaan 18 (081 039 8853).

Bybelstudie Groep vir Sotho, Pedi & Tswana sprekende inwoners

Hiermee wil ons u hartlik uitnooi om kontak te maak met André Olivier. Hy en sy Sotho huishoudster, Janette wil graag ‘n Bybelstudie groep begin vir Sotho, Pedi en Tswana sprekende inwoners van die dorp en gemeenskap op Sondagmiddae by die kerk terrein.

Alle belangstellendes kan André kontak op sel nr 082 414 0462.

Klub-50

Klub-50 se jaarvergadering word op Woensdag 23 Februarie 2022 om 10h00 in die kerksaal gehou. Kontak Marie Snyman (082 229 8316 / 044 620 3053); Estelle Uys (072 675 6696) of Anneke Blaauw (082 371 8889 / 044 620 4575). Covid maatrëels sal geld.

Getuienisbediening

Wolwedans sop en brood bediening

  • Ons datums vir Wolwedans vir die res van die eerste kwartaal is: 23 Februarie asook 9 en 23 Maart 2022.
  • Na verlede week se uitreik is die vrieskaste dolleeg en ons wil nederig vra dat ons ‘n spesiale poging insit om 80 soppe vir volgende week gereed te hê. Baie dankie by voorbaat vir almal se samewerking en ons glo dat daar genoeg sal wees om vir die ou mensies te gee.

Getuienisprojekte

Ons getuienisprojekte is weer volstoom aan die gang en soos altyd benodig ons kinderklere, materiaal, gare, borduurgare en wol.

Omgeebediening

In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.

Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens.

Baie dankie vir almal wat op verskillende wyses bygedra en gehelp het.

Ondersteuningsgroep

Eensaamheid is ‘n probleem wat toenemend voorkom in ons eie gemeente, daarom het ons dit goed gedink om ‘n ondersteuning netwerk en groep te begin vir:

  • enkellopendes;
  • mense wat gemarginaliseerd voel;
  • nuwe intrekkers wat uitgesluit voel;
  • selfs mense binne ‘n verhouding wat eensaam voel;
  • of wat ookal jou omstandighede is, dalk weens verlies of siekte.

Indien jy wil inskakel by so ‘n groep, of nodig het om net met iemand vertroulik te praat, kontak of whatsapp my. Riana Briers (081 039 8853)

Van hoop tot aksie … maak ‘n verskil

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (044 620 2736 / 079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205 Faks: 044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314

Flitse Week 8+ van 2022

Nuus Flitse
  • Sondag – 27 Februarie 2022 Erediens en Nagmaal 10:00
  • Kategese 09:00
  • Kerkraadsvergadering – 22 Februarie 2022
  • Blokbyeenkoms – 23 Februarie 2022
  • Bybelstudie Groep vir Sotho, Pedi & Tswana sprekende inwoners Sondag middag
  • Klub-50 se jaarvergadering word op Woensdag 23 Februarie 2022 om 10h00
  • Wolwedans 23 Februarie asook 9 en 23 Maart 2022
  • Ondersteuningsgroep kontak of whatsapp  Riana Briers (081 039 8853)
  • Golfdag 26 Maart 2022

Oekraïne: Michelle se Nuusbrief 13 Februarie 2022

Kiev Oekraïne

Liewe vriende en familie

Dit is wonderlik om terug te wees in Oekraine. ‘n Week is verby en daar het so baie gebeur.

Dit was ook moeilik en goed om in ons huis te wees.  Dit is ‘n groot aanpassing om self al die besluite te neem.

Nou verstaan ek eers hoe maklik die lewe met Ockert was.  Hy het alles gereel en ek het net saamgery. Maar ek leer om meer en meer my Vader se stem te hoor en Hom te gehoorsaam. 

Lees meer “Oekraïne: Michelle se Nuusbrief 13 Februarie 2022”

Missie Japan Nuusflits – 14 Februarie 2022

Cariena Lodewyk by RCJ Tokyo bay Maart 2014

SENDELING IN JAPAN

Wat beteken dit?

Wat Beteken dit om ‘n Sendeling te wees in Japan? 
Oor brandende bosse…en brandende harte (wat nie uitbrand nie…)

Beste Ondersteuner

Dertien jaar gelede, ses maande volswanger, met ‘n 18 maande oue, hiper-aktiewe dogtertjie, was daar min tyd vir my Japannese taalstudies. Destyds het ons allerhande dinge blameer en onsself baie jammer gekry, omdat nie een van ons vier kinders goeie slapers was nie. Inteendeel, hulle het bitter min geslaap. Min slaap. Aktiewe kleuter én ‘n pap babatjie.

Lees meer “Missie Japan Nuusflits – 14 Februarie 2022”

Flitse vir Week 7+

Nuus Flitse

Erediens Sondag 20 Februarie – 10:00 Ds. Danie Goosen
Kategese 09:00
Nagmaal 27 Februarie 2022
Rek en Strek oefeninge Dinsdag 08:00 – 9:00 Kerksaal
Bestuurspan 15 Februarie
Golfdag 26 Maart
Klub 50 Woensdag 23 Februarie 10:00
Voorlesing – Onverantwoorelik – Dr. Frans Hancke – 082 490 5737
Wolwedans vir die eerste kwartaal is: 23 Februarie asook 9 en 23 Maart
Bybelstudie Groep vir Sotho, Pedi & Tswana sprekende inwoners – Sondagmiddae 082 414 0462.

Kategese – Die Wapenrusting van God

Kategese - Wapenrusting

Ons eerste termyn het goed afgeskop. Lokale 3, 4 en 5 is Sondae vanaf 09h00 beskikbaar vir Junior Kategete. Seniors is in die bovertrekke bokant saal. Kinderkerk sal op volumes hanteer word.
Belydenisklas is by Ds Danie
Navrae kan aan my(Pauline) gerig word by +27 79 557 8591

Tema vir die Jaar
Ons tema vir die jaar is die wapenrusting. Ons het reeds dit so aan die kinders verduidelik en elke groep hanteer dan hul hulpmiddels.

Lees meer “Kategese – Die Wapenrusting van God”

Afkondigings 13 Februarie 2022

Afkondigings

Vandag – Sondag 13 Februarie 2022: 

  • Baie welkom by vanoggend se erediens.  
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit Lukas 4
    Die tema van die prediking is: 

Raak ontslae van die dominee.

  • Spesiale deuroffer gaan vir die Gemeente Instandhoudingsfonds
  • Kategese om 09:00
  • Biddag vir Opvoeding en Onderwys

Die ontwrigting van ons onderwysstelsel het verreikende implikasies gehad vir huishoudings en die gemeenskappe waarin leerders woonagtig is. In vele opsigte was dit ‘n sosiale ramp. Nou moet die onderwysstelsel, wat al voor die pandemie onder druk was, herbou word. Dit stel geweldige eise aan leerkragte, leerders en ouers. Ons wil vra dat daar voorbidding gedoen sal word vir:

~ Skole se beheerliggame en komitees  ~ Skoolhoofde
~ Onderwysers ~ Ondersteuningspersoneel
~ Toegewyde en betrokke ouers ~ Onderwysowerhede

  • Dit is Ds Danie se afnaweek.

Jeug

Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.  

Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Gebedsgidse

Gebedsgidse vir Februarie 2022 is beskikbaar in die voorportaal.  

Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet.  In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.  U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.  

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou.  Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste.  Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

YouTube Eredienste

Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.

Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames.  U is baie welkom om dit by te woon.  Kontak vir Anton Gericke op 

083 277 2777 indien u enige vrae het.

Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak.  U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk.  ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.

Sondag – 20 Februarie 2022

Kategese om 09:00

Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.

Prediker:  Ds Danie Goosen

Spesiale Offer vir die Straatwerk.
Health Black and White Outline Clipart - black-white-girl-stretching-clipart  - Classroom Clipart

Rek en strek oefeninge vir seniors 

Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die 

kerksaal.  Nuwe lede is welkom.  

Kontakpersoon:  Piet Snyman (082 297 3476).

Bestuurspanvergadering – 15 Februarie 2022

Die bestuurspan vergader eerskomende Dinsdagaand om 17h30 in die kerk onder die voorsitterskap van Ds. Danie Goosen.  Ons vra u voorbidding vir die vergadering.

Blokbyeenkoms – 16 Februarie 2022

Blok 3 (Voorbrug) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas by Susan Calitz (082 331 5438).
Retro Golf Clip Art

Gholfdag fondsinsameling

Die jaarikse gholfdag fondsinsameling vind plaas op 26 Maart 2022.

Vir navrae kontak vir Johan Smit (084 500 4296).

Bybelstudie Groep vir Sotho, Pedi & Tswana sprekende inwoners

Hiermee wil ons u hartlik uitnooi om kontak te maak met André Olivier.  Hy en sy Sotho huishoudster, Janette wil graag ‘n Bybelstudie groep begin vir Sotho, Pedi en Tswana sprekende inwoners van die dorp en gemeenskap op Sondagmiddae by die kerk terrein.

Alle belangstellendes kan André kontak op sel nr 082 414 0462.

Klub-50

Klub-50 se jaarvergadering word op Woensdag 23 Februarie 2022 om 10h00 in die kerksaal gehou.  Kontak Marie Snyman (082 229 8316 / 044 620 3053); Estelle Uys (072 675 6696) of Anneke Blaauw (082 371 8889 / 044 620 4575).  Covid maatrëels sal geld.  

Kerkkalender 27 Februarie 2022 – Neem asseblief kennis dat daar tydens die 10:00 erediens nagmaal bedien sal word.

Voorlesings – Dr. Frans Hancke

Om die voorlesings uit dr. Frans Hancke se boek ONVERANTWOORDELIK” weekliks te ontvang, stuur u Naam en Whatsapp-nommer (selfoonnommer) na 082 490 5737 voor Saterdag 19 Februarie 2022.

Getuienisbediening

Liewe Gemeente, baie dankie vir die oorgawe waarmee verlede jaar bygedra is tot die Getuienisprojek se behoeftes!  Ons is dankbaar om weer in 2022 te kan steun op U welwillendheid!  Soos altyd benodig ons kinderklere, materiaal, gare, borduur-gare en wol. Ons is ook op soek na ‘n ketel in ‘n goeie werkende toestand – dit hoef nie nuut te wees nie.
✓ pot of soup free vector eps, cdr, ai, svg vector illustration graphic art

Ons datums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is: 23 Februarie asook 9 en 23 Maart. 

Na verlede week se uitreik na Wolwedans is die vrieskaste leeg en ons sal dit waardeer as ons as gemeente weer kan ekstra poging insit om 80 soppe vir volgende week se uitreik beskikbaar te maak. Ons weet die weer is dalk te warm, maar dit maak ‘n verskil by die mensies vir wie ons dit gee. 

Baie dankie vir jul deurlopende ondersteuning.

Omgeebediening
2510D563

In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee.  Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.

Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak!  By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens.

Baie dankie vir almal wat op verskillende wyses bygedra en gehelp het.

Ondersteuningsgroep

Eensaamheid is ‘n probleem wat toenemend voorkom in ons eie gemeente, daarom het ons dit goed gedink om ‘n ondersteuning network en groep te begin vir:

  • enkellopendes;
  • mense wat gemarginaliseerd voel;
  • nuwe intrekkers wat uitgesluit voel;
  • selfs mense binne ‘n verhouding wat eensaam voel;
  • of wat ookal jou omstandighede is, dalk weens verlies of siekte.

Indien jy wil inskakel by so ‘n groep, of nodig het om net met iemand vertroulik te praat, kontak of whatsapp my.  Riana Briers (081 039 8853)

Bybelstudiegroepe

Ons gemeente het weeklikse Bybelstudiegroepe op verskillende plekke. Indien u by ’n groep wil inskakel, skakel die kerkkantoor (044 620 2205) om uit te vind watter groep die naaste aan u huis vergader.

DAGTYDPLEKKONTAK-PERSOON🕿
Maandag17:00SuiderkruisDanie Goosen079 525 3624
Dinsdag10:00Lokaal 6Gert  Louw082 712 7929
Dinsdag10:00Tergniet / ReebokhoogteMarita Erasmus  082 253 2876
Dinsdag10:00ReebokhoogteMarietjie Smit082 771 6034
Dinsdag10:00Tergniet / ReebokhoogteKobus Stemmet082 577 7316
Dinsdag10:00GroenkloofDalene le Roux072 383 0498
Dinsdag10:00GroenkloofTolletjie vd Merwe082 412 3153
Dinsdag10:00Groenkloof sitkamerMienie Zietsman082 418 8922
Dinsdag15:00ReebokJulie Viljoen082 662 1749
Dinsdag15:00ReebokhoogteJohan Muller082 823 2162
Donderdag09:00TergnietCarin van Ginkel082 891 7791
Donderdag18:30GlentanaJan Richter072 231 7859

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (044 620 2736 / 079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525          🕾 044 620 2205      Faks:  044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

  Webbladadreshttps://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

Konnichiwa Nuusbrief 

Konnichiwa Nuusbrief 
Liewe ondersteuner,
Ons skryf hierdie nuusbrief nie uit ‘n koue Japan nie, maar hier vanuit ‘n sonnige Suid-Afrika. Terwyl ons harte verlang om weer in Japan te wees, is ons dankbaar vir elke oomblik saam ons geliefde familie en vriende. Ons koester hierdie tyd en sien dit as ‘n geskenk uit die Here se Hand. Ons sien ook uit na toekomstige geleenthede waar ons met julle, ons ondersteuners, kan tyd saam spandeer. Ons bid dat hierdie tyd in Suid-Afrika mag dien as ‘n tyd waarin ons dieper verhoudings met u kan bou. 

In hierdie nuusbrief wil ons baie graag groot nuus met u deel. Ons deel graag met u ‘n brief spesifiek gerig aan u, inligting oor waar onsself nou in Suid-Afrika bevind en waarmee ons tans besig is.

Brief aan u, ons ondersteuner.

Lees meer “Konnichiwa Nuusbrief “

Missie Japan Nuusflits – 1 Februarie 2022

IETS VAN ALLES in 2022

Beste Ondersteuner
 
As gedeelde vreugde verdubbel, en gedeelde smart halveer, wat gebeur met gedeelde Corona?! Die afgelope week was dit ons gesin se beurt om uit te vind (saam met Carina se broer Nico en sy vriendin wat tydelik by ons oorbly). Ons was almal tegelyk redelik plat, maar is baie verlig om weer aan die gang te wees, al is dit nog bietjie wankelrig. Die sesde infeksie-vlaag is besig om ‘n piek te bereik in Japan, met 85000 nuwe gevalle vandag. Ons dien nog die laaste dae van verpligte isolasie uit, maar sien weer kans vir wat kom. Intussen werk ons aanlyn voort …

Lees meer “Missie Japan Nuusflits – 1 Februarie 2022”

Oekraïne – Reni Gebedsbrief: Ons is oppad!

Hiermee die nuus dat Michele, Cilliers en Ivan môre na die Oekraïne terugkeer – hulle doen dit met groot geloof dat hulle sal kan ingaan, aangesien die grense vir SA nog toe is. Ons kan vir hulle bid aangesien die risiko groot is dat hulle na Turkye sal moet terugkeer.

Liewe vriende en familie.

Die Here is goed. Alles is in Sy hand. Hy hou ons elke dag vas en vir Hom is alles moontlik. Hy maak deure oop en toe. Hy is almagtig. 

Lees meer “Oekraïne – Reni Gebedsbrief: Ons is oppad!”