Afkondigings 20 Februarie 2022

Vandag – Sondag 20 Februarie 2022:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens.
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit 1 Samuel 3 vers 1 tot 18. Die tema van die prediking is: Vlug vir die Here?
  • Spesiale deuroffer gaan vir die Straatwerk
  • Kategese om 09:00

Jeug

Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.

Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Gebedsgidse

Gebedsgidse vir Februarie 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

YouTube Eredienste

Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.

Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op

083 277 2777 indien u enige vrae het.

Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak.  U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.

Sondag – 27 Februarie 2022

Kategese om 09:00

Nagmaal

Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.

Prediker: Ds Danie Goosen

Spesiale Offer vir die Hartenbos Versorgingsoord

Kerkraadsvergadering – 22 Februarie 2022

Die kerkraad vergader eerskomende Dinsdagaand om 18h00 in die kerk onder die voorsitterskap van Ds. Danie Goosen. Ons vra u voorbidding vir die vergadering.

Blokbyeenkoms – 23 Februarie 2022

Blok 4A (Pine Creek en Bo-Langstraat) en Blok 4B (Onder-Langstraat tot Kiewietlaan) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas by Gert en Riana Briers, Kiewietlaan 18 (081 039 8853).

Bybelstudie Groep vir Sotho, Pedi & Tswana sprekende inwoners

Hiermee wil ons u hartlik uitnooi om kontak te maak met André Olivier. Hy en sy Sotho huishoudster, Janette wil graag ‘n Bybelstudie groep begin vir Sotho, Pedi en Tswana sprekende inwoners van die dorp en gemeenskap op Sondagmiddae by die kerk terrein.

Alle belangstellendes kan André kontak op sel nr 082 414 0462.

Klub-50

Klub-50 se jaarvergadering word op Woensdag 23 Februarie 2022 om 10h00 in die kerksaal gehou. Kontak Marie Snyman (082 229 8316 / 044 620 3053); Estelle Uys (072 675 6696) of Anneke Blaauw (082 371 8889 / 044 620 4575). Covid maatrëels sal geld.

Getuienisbediening

Wolwedans sop en brood bediening

  • Ons datums vir Wolwedans vir die res van die eerste kwartaal is: 23 Februarie asook 9 en 23 Maart 2022.
  • Na verlede week se uitreik is die vrieskaste dolleeg en ons wil nederig vra dat ons ‘n spesiale poging insit om 80 soppe vir volgende week gereed te hê. Baie dankie by voorbaat vir almal se samewerking en ons glo dat daar genoeg sal wees om vir die ou mensies te gee.

Getuienisprojekte

Ons getuienisprojekte is weer volstoom aan die gang en soos altyd benodig ons kinderklere, materiaal, gare, borduurgare en wol.

Omgeebediening

In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.

Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens.

Baie dankie vir almal wat op verskillende wyses bygedra en gehelp het.

Ondersteuningsgroep

Eensaamheid is ‘n probleem wat toenemend voorkom in ons eie gemeente, daarom het ons dit goed gedink om ‘n ondersteuning netwerk en groep te begin vir:

  • enkellopendes;
  • mense wat gemarginaliseerd voel;
  • nuwe intrekkers wat uitgesluit voel;
  • selfs mense binne ‘n verhouding wat eensaam voel;
  • of wat ookal jou omstandighede is, dalk weens verlies of siekte.

Indien jy wil inskakel by so ‘n groep, of nodig het om net met iemand vertroulik te praat, kontak of whatsapp my. Riana Briers (081 039 8853)

Van hoop tot aksie … maak ‘n verskil

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (044 620 2736 / 079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205 Faks: 044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314