Liewe ondersteuner,In Japan is daar ‘n gebruik om te sê 久しぶり (hisashiburi) vir iemand wat jy vir ‘n lang tydperk nie gesien het nie. Aangesien ons elkeen van julle lank terug gesien het sê ons aan julle elkeen Konnichiwa, 久しぶり Hisashiburi.
In hierdie brief wil ons baie belangrike nuus met julle deel. Hierdie nuusbrief sluit in ‘n brief vanuit die Missie Japan kantoor sowel as ‘n video waarin ons meer verduidelik.
TWEE UITHOEKE – Japan en Suid-Afrika
Beste Ondersteuners
Kan twee lande meer van mekaar verskil as Japan en Suid-Afrika? Suid-Afrika is ‘n warm, soms lawaaierige, onvoorspelbare mengelmoes van kulture van die Weste, Nabye Ooste en Afrika. Japan is stil, homogeen en voorspelbaar. Na 12 en ‘n halwe jaar in Japan en ons onlangse besoek aan Suid-Afrika na ‘n besondere lang onafgebroke 4 jaar in Japan – boonop midde-in die derde golf van Covid-19 – was dit bykans onmoontlik om nie konstant melodramatiese vergelykings te tref nie.
Oekraïne: Nuusbrief 23 November 2021
Hiermee Michele se maandelikse nuusbrief met gebedsversoeke vir julle inligting en voorbidding asb. Die stryd rakende die gebou word net erger, maar ons glo dat die Here vir hulle veg en wat daar gebeur is onwettig. Die stryd gaan al vir langer as 15 jaar aan – maar dit klink vir my op die oomblik dat hulle Ockert se dood nou sien om hulle dreigemente werklik uit te voer. Ons kan maar net saam met Michele – hulle bid.
Lees meer “Oekraïne: Nuusbrief 23 November 2021”Missie Japan 17 Nov 2021: Weg en Terug en weg
Beste Vriende
Wanneer ons in Suid-Afrika is mis ons Japan: die opregte toewyding van ons broers en susters in die RCJ, goedkoop sushi, warmwater bronne … Maar wanneer ons in Japan is verlang ons harte intens na Suid-Afrika: na ‘n drafpaadjie langs die river met ‘n uitsig op die branders, uit-volle-bors lofsange in die kerk, sit om die braaivleis vuur met regte hout (nie steenkool soos in Japan nie). Maak nie saak in watter land ons is nie, ons is altyd vol verlange na die ander. Asof ons nooit werklik tuis is nie.
Lees meer “Missie Japan 17 Nov 2021: Weg en Terug en weg”Madagaskar: Week van 14 November 2021
I am sure that I am getting my idioms mixed up, ‘the wrong end of the stick’, so to speak. But I felt like that donkey which was offered a carrot and then had it taken away. Twice in fact.
Lees meer “Madagaskar: Week van 14 November 2021”Nuus en voorbidding vir Makhathini – Week 45
Themba het laas naweek met van die Sondagskool personeel ontmoet om beplanning te doen vir 2022, soos op foto. Ek het aanduiding gekry vanaf Hartenbos en Jeffreysbaai dat hul graag volgende jaar Makhathini sal wil besoek. As daar nog gemeentes is wat dit oorweeg kan jul my met groot vrymoedigheid kontak. Dit help ook met die beplanning vir 2022 aan hierdie kant.
Lees meer “Nuus en voorbidding vir Makhathini – Week 45”Madagaskar: Stop lamenting like a pagan with no hope!
You might wonder why I have not posted anything in weeks. The last three weeks have been emotionally the worst for me since Dries has been away. The government announced that Madagascar’s boarders would be opening partially. Flights between Madagascar and its surrounding islands had opened up and Europe will follow this coming week. Unfortunately, South Africans are on the list of “undesired” travellers due to Covid. Flights are also only to and from Antananarivo and as yet, there are no transformable visas being issued. So to sum up, Dries is still stuck in SA.
Lees meer “Madagaskar: Stop lamenting like a pagan with no hope!”Michele Potgieter – Reni, Oekraïne
Liewe gebedsvriende en familie
Gister was dit twee weke vandat die Here vir Ockert kom haal het. Presies twintig dae na my pa.
Wat ek hierdie maand deur gegaan het, kan ek nie woorde om sit nie. Maar ek gaan probeer. My hart is stukkend, gebreek. Ek kan dit nog nie tenvolle begryp nie. Maar, die Here is goed en Hy is getrou. Hy gee krag. Ek wil net Sy naam loof en prys want Hy dra ons wanneer ons op ons swakste is, dan maak Hy ons sterk.
Erediens 10 Oktober 2021 Dr Stephan van der Watt
Prediker: Dr. Stephan van der Watt
Pianis: Mev. Annalene de Swart
Teks:
Efesiërs 4: 1-16
Liedere:
Lied: 454: 1-3
Lied 488: 1, 4 & 5
Sendingaksie Japan: Missie Japan – Elmar en Nadine du Randt se besoek aan SA.
Madagaskar: A leap of faith
Hiermee Lynette van Madagaskar se weeklikse nuusflits vir julle inligting en voorbidding asb. Hulle uitdagings bly groot en ons kan maar net glo dat Dries binnekort weer by die huis kan wees (hy is amper al vir ‘n jaar in SA vasgevang!!!!).
Lees meer “Madagaskar: A leap of faith”Madagaskar: Lynette se nuusflits THE WEEK–26/09/2021
Hiermee Lynette se weeklikse nuusflits vir julle aandag en voorbidding asb, – kom ons bid saam vir Dries se operasie asook die aanwending van die lappie grond wat beskikbaar is.
Lees meer “Madagaskar: Lynette se nuusflits THE WEEK–26/09/2021”Algerië: Amos en Lynda se boodskap van dank betuiging
Let asseblief daarop dat op versoek, alle foto’s weerhou word.
Liewe Vriende
Hiermee Amos en Lynda se boodskap van dank betuiging wat ek gister ontvang het vir julle kennisname.
Die skrifgedeelte is uit Jesaja 58:6 tot 10 wat julle straks liefs in die Afrikaanse vertaling moet lees.
GCM is Global Christian Ministry , ‘n sambreel organisasie waaronder Campus Crusade in Islamietiese lande werk.
Die fotos GCM 9,10 en 20 is eintlik hart verskeurend as mens dink dat daardie streek van Algerie normaalweg groen en boomryk is!!
Algerie Sending groete.
Jacques
Lees meer “Algerië: Amos en Lynda se boodskap van dank betuiging”Madagaskar: The week 19/9/2021
Norbert and Antonin have suggested a couple of times that they were prepared to go to Ampamata for a week to help out at school, especially since we have not been able to go there. Euphrasie and I were also eager to be there for the start of the new school year and I was therefore so thankful when Liaan and Elizna agreed to take us to Ampamata on Monday. It was also an opportunity to put their new boat, ‘Seeperdjie’ (Sea Horse), through its paces. The trip which normally takes us about four hours, lasted less than an hour. Norbert remarked that he could get used to such an effortless means of transport.
Lees meer “Madagaskar: The week 19/9/2021”Missie Japan: Konnichiwa Nuusbrief – 29 June 2021
Konnichiwa Nuusbrief Liewe ondersteuner,
Met die toename van Covid-19 in Suid-Afrika, dink en bid ons voortdurend vir u. Ons hoor van meer en meer mense waarvan ons weet wat weens Covid-19 siek geword het. Dit is kommerwekkend dat die daaglikse hoeveelheid infeksiestelling teen so ‘n tempo styg. Ons is bewus daarvan dat Suid-Afrika na vlak 4 geskuif is en besef dit hou verskeie uitdagings in.
MISSIE JAPAN
Liewe medewerkers
29 MAART 2019 – “D-DAY”
Dit is met ‘n blye hart dat ons vandag met jou enkele verwikkelinge rondom Elmar en Nadine se vertrek na Japan wil deel.
In Desember 2018 het die kerk in Japan namens Elmar en Nadine, aansoek gedoen vir hulle verblyfpermit.

