FEBA Radio SA – E-Gebedsfokus vir Januarie 2022

Hiermee die gebedsfokus vanaf Feba vir die maand van Januarie 2022 vir u inligting en voorbidding asb.

Januarie 2022
“Wees altyd vol blydskap. Moenie ophou bid nie. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle verwag omdat julle met Christus Jesus verenig is.”
1 Tessalonisense 5:16-18

Januarie 2022
“Wees altyd vol blydskap. Moenie ophou bid nie. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle verwag omdat julle met Christus Jesus verenig is.”
1 Tessalonisense 5:16-18
TsjadMosambiekDigitale Herlewing
Januarie

31ste Des-2de Jan; Vr, Sa, So: Bid asseblief dat toevlug net in God gesoek sal word. Baie plekke is onveilig om heen te reis en mense het alle vertroue in mekaar verloor. Niemand kan ooit seker wees of ’n kennis nie dalk by die Jihadiste aangesluit het nie. Die land ervaar ’n totale ineenstorting van hul infrastruktuur, insluitende skole en gesondheidsfasiliteite.
 
Tsjad
 
Shahada Radio wat beteken ‘Geloofsbelydenis’, doen ’n baie groot werk in Tsjad. Die span en hulle leier verkondig prontuit die evangelie oor die radio en mors nie tyd nie. Daar is ’n uitstorting van die Heilige Gees op hande in die kerk en oor die radio in N’Djamena. Baie mense draai na God, geloof word herstel en oë gaan oop vir die waarheid.
 
3de, Ma: Bid asseblief vir Sanctuaire des Nations, gestig deur die stasiebestuurder, Past. Thomassin. Die bediening speel ’n groot rol om die luisteraars by God uit te bring nadat hulle die stasie gekontak het.
 
4de, Di: Bid asseblief vir die span van uitsaaiers en klank ingenieurs wat regdeur die pandemie gewerk het. Mag God hulle gesinne beskerm en hulle krag gee om hul doel uit te voer.
 
5de, Wo: Bid asseblief vir nuwe gelowiges wat na Christus toe kom nadat hulle na die opbouende Christelike inhoud van Shahada radio geluister het. Mag die Heilige Gees hulle lei om meer te leer oor Christus.
 
6de, Do: Meer as 52% mense in Tsjad is Moslems. Islam is ’n baie moeilike vesting om deur te breek, veral by die wat meer opgevoed is. Bid asseblief dat God ons uitsendings sal gebruik om met hulle harte te praat en die waarheid te ontbloot.
 
7de-9de; Vr, Sa, So: 2021 was ’n onstuimige jaar vir Tsjad. Tydens die omstrede verkiesings was die hele land geruk deur betoginge. Dit het uitsendings beïnvloed en hulle gedwing om uitsending vir ’n kort rukkie te verminder. Loof God dat dit hulle nie gekeer het nie en dat hul programme hoop bring vir duisende wat uitgeput en verslae voel. Bid asseblief dat hulle programme sal aanhou om die gedagtes van hul luisteraars te vorm in ‘n positiewe manier en hul na Christus te lei. 
 
Mosambiek
 
Terwyl gewelddadige aanvalle van Islamitiese ekstremiste aanhou om Cabo Delgado te verwoes, het ons stasies, Radio FOT en Radio Nuru, groot groei ervaar. Radio FOT, ons stasie in Linchinga, het hul TV-kanaal geloods wat plaaslike nuus, onderhoude en ander insiggewende programme uitsaai. Hulle bediening aan vrouens, veral weduwees, het ook uitermate gegroei.
 
10de, Ma: Bid asseblief vir die 500 000 vrouens wat bereik word deur Radio FOT. Tussen hierdie vrouens is weduwees, sommige is geaffekteer deur MIV/Vigs en sommiges het ’n eggenoot verloor aan oorlog ongevalle.
 
11de, Di: Bid asseblief vir die Contact for Life program wat vrouens bedien. Die program gee vrouens die geleentheid om te praat oor hul probleme en bemoedig ander vrouens wat dieselfde probleme in die gesig staar.
 
12de, Wo: Bid asseblief vir die beskerming van die span in Mosambiek. Mag God vir hulle die krag gee om duisende manne, vrouens en kinders te bedien wat veg teen uiterste omstandighede,
siektes en armoede.
 
13de, Do: Bid asseblief vir die boerdery inisiatiewe wat deur ons stasies in Mosambiek uitgevoer word. Hierdie inisiatiewe voed baie gesinne tydens hierdie tyd van wêreldwye tekorte.
 
14de-16de; Vr, Sa, So: Bid asseblief vir die duisende vrouens wat verlies ly na grondbesetting na die dood van hul eggenote. Dit is veral algemeen in Mosambiek. Familielede van die oorledene sal gereeld die grond van die vrou beset en haar met niks agterlaat nie. Sy word dan gedwing om geringe werkies te doen vir oorlewing.
 
Digitale Herlewing:
 
FEBA/FEBC versamel deurgaans data om te bepaal of sosiale media inhoud meer effektief as radio is. Onlangse statistieke toon dat die effektiwiteit van sosiale media toeneem en dit bereik miljoene, veral in lande soos Sjina, Rusland en Oekraïne. Jonger gehore word geëvangeliseer en interessante gesprekke rondom God word begin. Loof God vir die geleentheid om gebruik te maak van opkomende tegnologie om die evangelie te versprei.
 
17de, Ma: Bid asseblief vir FEBC Oekraïne se Cedar projek wat kerke help om hul digitale teenwoordigheid te ontwikkel. Meer as 80 kerke word toegerus deur hierdie projek. Die projek versterk FEBC se verhouding met kerke en vergroot hul impak.

18de, Di: Bid asseblief vir FEBC Rusland se digitale evangelisasie pogings. Hulle maak gebruik van dinamiese, kort video’s wat hul deel op sosiale media om kykers te betrek en gesprekke oor God te begin. Mag baie mense Christus leer ken deur hulle onderskeie projekte.
 
19de, Wo: FEBC Kambodja maak al meer gebruik van aanlyn radio, dissipelskap opleiding en sosiale media evangelisasie. Hulle uitslae wys dat baie meer mense bereik word deur hierdie aanlyn platforms. Bid asseblief dat die span geïnspireer sal word om boeiende inhoud te skep wat die belangstelling van hul gehore sal behou.
 
20ste, Do: Bid asseblief vir Bolormaa, ’n luisteraar van Mongolië. Sy bly in Korea. Sy luister gereeld na FEBC Mongolië se Itgel (geloof) Christen aanlyn radio program. Sy het die stasie onlangs gekontak om haar dankbaarheid uit te druk vir die oggendprogram, genaamd Dou van Hermon/Dew of Hermon. God het haar hart aangeraak. Aanlynradio bereik veel meer mense as wat verwag was.
 
21ste – 23ste Vr, Sa, So: Bid asseblief vir FEBC se bediening in Hongkong wat aanhou om nuwe manier te vind om luisteraars te evangeliseer. Geen mate van sensuur kan hulle pogings om mense te bereik, stop nie.
 
 Afrika Luisteraarsklubs
 
‘n Luisteraarsklub is ‘n groep mense wat tegelykertyd na ons uitsendings luister in groepe van tussen 20 en 50 mense. Sodra die groep meer as 50 bereik, word dit verdeel om verskeie kleiner groepies te vorm. Radio’s wat deur ons span versprei word, word in die groepe gebruik vir Bybelstudie en om gesamentlik na die Woord van God te luister. In-diepte besprekings word deur ‘n volwassene gelei en baie word daardeur tot geloof gelei.
 
24ste, Ma: Bid asseblief vir die leier van elke Luisteraarsklub in Mosambiek . Daar is ongeveer 10,000 luisteraarsklubs in Mosambiek, versprei oor klein dorpies in die Niassa, Zambesia, Nampula en Cabo Delgado provinsies.
 
25ste, Di: Bid asseblief vir elke luisteraarsklub in Malawi. Die direkteur, Eerwaarde Amos, is die dryfkrag agter die opvolgspan wat toesien dat die gesonde geestelike groei van die klubs voortgaan.
 
26ste, Wo: Bid asseblief vir die suksesvolle uitvoering van KanuYah FM se plan om luisteraarsklubs in Manatali en die omliggende dorpies in Mali te vestig. Luisteraars lei erg onder vervolging en die gevare van byeenkomste is hier groter as in enige ander land.
 
27ste, Do: Bid asseblief vir die beskerming van ons Afrikastasies se opvolgspanne wat gereeld die luisteraarsklubs besoek. Die groei en duplisering van hierdie groepe hang af van die span se vermoë om hulle aan te moedig, en hulle gereeld te bedien tot hul volwassenheid in hul geloof bereik het.
 
28ste – 30ste; Vr, Sa, So: Die luisteraarsklubkonsep word ook in die Oekraïne gebruik. Hier word dit “Fan clubs”: genoem. Die konsep is die eerste keer gebruik in die stad van Belaya Tserekov, en begin nou uitbrei na die stad van Uman. Bid asseblief dat die luisteraars sal groei in hulle geloof elke keer wat hulle ontmoet.
 
 
Dissipelskapopleiding

Luisteraars in lande soos Sjina, Kambodja, Thailand en Mongolië, is dikwels nuwe gelowiges wat min kennis dra van Jesus Christus. Selfs nadat hulle vir die eerste keer na ons uitsendings geluister het, het hulle nie genoeg kennis om te groei in hulle geloof nie. Ons bied een-tot een aanlyn asook oudio dissippelskapopleiding aan vir luisteraars wat ‘n behoefte het om in hul geloof te groei en hulle tot die bediening geroepe voel. Baie gegradueerdes van ons kursusse het begin om huis-kerke te hou of het pastore geword in hulle plaaslike kerke.
 
31st, Ma: Bid asseblief vir Eerwaarde Ofanly. Hy het op middelskool begin luister na Radio YASKI (FEBC Indonesië). Gedurende daardie tyd het hy hewig gedrink. Nadat hy vir ‘n ruk na ons uitsendings geluister het, het hy belangstelling begin toon en gestreef na ‘n roeping in die bediening. Radio YASKI het hom voorsien van materiaal wat hy nodig het om sy eerste Bybelkursus te voltooi. 
   
Skenk nou via ons webblad