Oekraïne: Baie dankie vir 2021 – “oaks of righteousness” – Michelle

Liewe familie en vriende

‘n Baie geseende nuwejaar! Mag diie Here jou seen met Sy oorvloed, liefde en vreugde en voorspoed met alles wat jy aanpak in 2022.

Baie dankie vir elke gebed, elke woord, ondersteuning en finansies wat jy hierdie jaar in ons lewens en in die bediening in Reni gesaai het. 

Dankie vir elkeen wat ‘n kindjie hierdie jaar in Raduge ondersteun het. Vir elkeen wat ‘n verskil gemaak het in die lewens, van die kinders in die Ark. 

Elke bydrae het dit moontlik gemaak, dat ons hierdie jaar kon voortgaan met die bediening in Reni. 

Baie dankie vir elke brief, boodskap, gebed en skrif wat ek ontvang het na Ockert en my pa oorgestap het na die hemel.

Dit het my gedra, dit net makliker gemaak.

Ek mis vir Ockert elke oomblik van elke dag, maar die Here is nader aan my as ooit tevore. 

Die deure is nog toe vir ons en ons wag dat Vader vir ons die deure oopmaak om terug Reni toe te gaan. Elke oggend hou ons die internet dop om te kyk of die “ban” op Suid-Afrika gelig is. 

Intussen wag ek en weet dat ek in Sy rus moet bly. Bid asseblief vir die oorlog wat broei tussen Oekraine en Rusland. Kenners verwag dat Rusland Oekraine wil inval, einde Januarie, begin Februarie wanneer die winter op sy koudste is. 

Ek en die kinders het vandag in ‘n tuin gestap met akkerbome wat oor 300 jaar oud is. Ons het ons verkyk aan die hoogte en dikte van elke boom, elke tak. Die bruin boombas wat inmekaar gevleg is, takke wat soos arms hoog uitgestrek is, om die Here te prys. So sterk en deur al die jare gestaan, elke storm oorleef. Ek het klein gevoel teenoor hierdie bome wat verdiepings hoog staan. Die woorde,

“oaks of righteousness”  het by my opgekom en ek het dadelik in die Bybel begin soek.

Die Here praat met ons en se dat wanneer ons in Hom is, dat Hy ons sterk maak, krag gee en Sy geregtigheid gee, sodat ons soos hoe bome sterk in elke storm kan staan en nie beweek nie. Ons wortels gaan diep en Hy voorsein in alles wat ons nodig het. Ons sal wees soos bome wat by waterstrome geplant is en vrug dra op sy tyd Psalm 1. Asook Jesaiah 61 in Engels. Mag ons hierdie nuwe jaar beleef as die “Jaar van die Here se guns.”

Die jaar wat die Here ons salf vir die werk waarvoor Hy ons geroep het. Jesus het vir ons gewys hoe. Laat ons in Sy naam voortgaan en die werk voltooi wat Hy voor ons sit.

The Year of the Lord’s Favor

The Spirit of the Sovereign Lord is on me,
    because the Lord has anointed me
    to proclaim good news to the poor. He has sent me to bind up the brokenhearted,
    to proclaim freedom for the captives
    and release from darkness for the prisoners,[a]
to proclaim the year of the Lord’s favor
    and the day of vengeance of our God,
to comfort all who mourn,
    and provide for those who grieve in Zion—
to bestow on them a crown of beauty
    instead of ashes,
the oil of joy
    instead of mourning,
and a garment of praise
    instead of a spirit of despair.
They will be called oaks of righteousness,