“Maar God get Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou. Van Hom sê Dawid: Ek het die Here altyd voor oë. Hy is aan my regterhand; ek sal nie wankel nie. Daarom is my hart bly en my tong jubel, ja meer en meer…”
Hand. 2: 24-26
Ons het ons eie keuses en voorkeure. Ons besluit na wie se preke wil ons luister, al dan nie. Ons kritiseer en lewer kommentaar. Wanneer hierdie mense met klei voete en prinse wat ons nie kan vertrou nie, verlei raak, wankel ons geloof in God. Wanneer gaan ons besef dat ons geloof nie gebaseer moet wees in doodgewone mense, met hulle eie swakhede en tekorkominge, hetsy of hulle goeie predikante, vooraanstande, bekende gelowige of ongelowige mense is wat ook daagliks aan die aardse verleidings blootgestel word nie.
Wanneer ons met ‘n geloofsoor luister na elke mense wat ons pad kruis, sal ons besef dat God op baie maniere met ons gesels deur mense, gebeurtenisse, vinnige verbygaande ontmoetings en lang innige verhoudings. Ons moet ons oor instel na God se frekwensie. Ons moet verby kyk na aarddse persepsies van wat reg is en ons instel om net die boodskap wat God vir ons stuur, te ontvang. Deur jouself oor te gee aan die beheer van die Heiige Gees, word jou frekwensie daagliks opnuut ingestel om God se aanraking te beleef, net soos jy jou radiokanaal in jou motor, op reis deur die Karoo, gedurig moet instel.
Die geloof in, en vashou aan die Heilige Gees (Die anker), is die enigste konneksie wat ons het deur die dood en opstanding van Jesus Christ (Die kabel) sodat ons die lig kan beleef wat ons deur die Woord en by God kan vind. Dis die anker waaraan ons aardse skepies, in al die storms wat om ons woed, kan vashou. Net soos Dawid van ouds moet ons God altyd voor oë hê en dan kan ons virseker weet dat ons nie sal ondergaan nie.
‘n Spesiale verwelkoming aan familie en vriende van ons doopouers Rizé en Thinus Langenhoven en hulle babaseuntjie Adriaan Cornél Langenhoven wat vandag gedoop word.
Woensdag – 5 Oktober 2022 – Kooroefening Sondag – 9 Oktober 2022 – Geen Kataegese. Erediens 10:00. Prediker : Ds. Danie Goosen Woensdag 12 Oktober 2022 – Klub 50 SNOEKBRAAI! 11:00 Kerksaal Vrydagaand 28 Oktober 2022 – Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander stuitighede! Plek: Kerksaal. 18:00 Saterdag 29 Oktober 2022 – Gemeentefees 09:00 Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 5 & 19 Oktober en 2, 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.
Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan familie en vriende van ons doopouers Rizé en Thinus Langenhoven en hulle babaseuntjie Adriaan Cornél Langenhoven.
Vanoggend se erediens word gelei deur Dr. Fanie Bergh.
Ons Skriflesing vanoggend kom uit Psalm 78: 1- 8. Die tema van die prediking is: Getuig van die Here in jou gesin en familie.
Geen Kategese.
Spesiale offer Eljada-Nasorg (Oudtshoorn)
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Gebedsgidse:
Gebedsgidse vir Oktober 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Verandering in eredienstye
Tydens die kerkraadsvergadering van 23 Augustus 2022, is daar besluit om vanaf 1 Januarie 2023 die eredienstye op Sondae te vervroeg vanaf 10:00 die oggend na 09:00 die oggend. Die Kategese sal skuif na 10:00 in die oggend direk na die erediens. Indien u nie die 09:00 oggenddiens by die kerk kan bywoon nie, is u welkom om die erediens by Groenkloof om 10:00 die oggend by te woon.
Indien u enige beswaar het teen die besluit vra ons dat u dit asseblief skriftelik so gou moontlik by die kerkkantoor indien.
Woensdag – 5 Oktober 2022
Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.
Sondag – 9 Oktober 2022
Geen Kategese.
Prediker: Ds. Danie Goosen.
Spesiale Offer Alta du Toit-skool (Kuilsrivier).
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.
Woensdag 12 Oktober 2022 – SNOEKBRAAI!
Klub-50 nooi al die gemeentelede na ‘n snoekbraai op 12 Oktober 2022 om 11:00 by die kerksaal. Koste R60 per persoon voorafbetaalbaar voor Maandag 10 Oktober 2022. Gelde kan direk in Klub-50 se bankrekening betaal word. Bankrekening besonderhede is soos volg:
NG50 Spaarrekening CAPITEC 1932 3813 58 Gebruik naam, van en snoek as verwysing. Vir wegneem, bring asseblief eie bakke. Vir navrae, kontak Mariana by 082 922 9291.
Vrydagaand 28 Oktober 2022
Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander stuitighede!Plek: Kerksaal Ken jy ’n bobaas stoepstorieverteller?
Tyd: 18:00 Kontak Johan Smit – 084 500 4296.
Koste: R50 pp
Saterdag 29 Oktober 2022 – Gemeentefees 09:00
Kom geniet ’n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeentefees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening. Kom koop op die dag om teleurstelling te voorkom. Ons neem nie vooraf bestellings nie, maar Groenkloof kan met hulle betrokke kerkraadslid gesels om hulle goedere by die fees af te haal.
Ondersteuningsgroep
Ons bestaan uit ‘n groepie passievolle mense wat daarop ingestel is om ‘n verskil te maak in ons gemeente en ons gemeenskap.
Indien iemand opsoek is na enige emosionele of fisiese bystand, kontak ons by die onderstaande telefoonnommer en ons sal ons bes doen om van hulp te wees.
Ons bied die volgende aan:
Eensames wat geselskap nodig het;
Mense wat hulp nodig het met inkopies;
Vervoer na dokters;
Emosionele probleme; ens.
Indien ons nie self kan help nie, kan ons altyd iemand aanbeveel.
Kontak gerus vir Riana Briers (081 039 8853) vir navrae, of om by ons groep aan te sluit.
FEBA RADIO SA – GEBEDSFOKUS: ONS BID VIR FEBC – Indonesië
Bid asb hierdie week vir FEBC Indonesië. Die opname-ateljee het in 1969 in `n klein slaapkamer begin waarvandaan radio-uitsendings deur middel van ‘n kortgolfstasie in die Filippyne aan die landburgers uitgesaai is. Indonesië se mense praat sowat 700 verskillende tale en slegs 60% van die bevolking kan die amptelike taal verstaan.
Bid asseblief vir die gesondheid van Vania wat in die sendingafdeling werk. Sy ontvang tans terapie vir erge pyn in haar heupbeen, maar is reeds besig om te herstel.
Vir meer inligting, kontak ons: Kantoornommer – (012) 335 5708; WhatsApp – 081 265 4801.
Getuienisbediening
Die vierde kwartaal se uitreikdatums vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 5 & 19 Oktober en 2, 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.
Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
D&M wat sendingwerk in Himalayas doen:
Nog ‘n SA paartjie wat geroep is om te help met die verspreiding van die Evangelie deur:
Een-tot-een gebed, evangelisasie en dissipelskap.
Opleiding, dissipelskap en ondersteuning van gelowige besigheidseienaars.
Bestuur restaurant wat ingerig is as ‘n oase vir families, waar gesinne uit die stadsgeraas kan kom.
Restaurant het bovertrek en ander ruimte vir byeenkomste van gelowiges, waar hulle sonder vrees van vervolging kan bymekaarkom.
Stap in die Himalayas.
Ons kan betrokke raak deur:
Vir hulle te bid.
Aan te sluit by hul WhatsApp – nuusberigte.
Hulle te besoek.
Hulle te ondersteun deur hul kalenders (op glanspapier – voorbeeld in voorportaal) te bestel teen R120.00 per kalender.
Kontak vir Emile Hurter by 082 554 1979 / emile.hurter@gmail.com vir verdere besonderhede.
Hierdie week op die webtuiste(nggrootbrak.co.za):
Nuus vanuit sendingsaksie in Madagaskar.
Ellie van Wolwedans wys ons haar handewerk.
Dawid en Heyma deel met ons hul sendingsopdrag in Himalayas.
Gebedsgids vir Oktober 2022.
Ons weeklikse Stof tot nadenke: ‘n Soliede anker.
Die nuutste boekvoorlesing episode van “Onverantwoordelik”.
U kan ook die afkondigings teruglees op ons webtuiste.
YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.
Gemeentefees – Saterdag 29 Oktober 2022 – 09:00 tot 13:00
Pannekoektafel: Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoeke. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman (082 297 3476). Bydraes vir bestanddele soos meel, olie, suiker en eiers sal baie waardeer word.
Gebak: Ons benodig baie produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Liana 084 764 6155. U kan by enige tafel iets bring soos u kan.
SAMEROEPERS
1. KERRIE-EN-RYS: 250 ml @ R15 & 500 ml @ R30. Barbara Gericke – 082 411 1222 / Corita du Preez – 084 265 9487.
2. JAFELS @ R20 ELK: Daar sal ’n aantal jafels beskikbaar wees op ’n eerste kom basis. Om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met die beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief steeds u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie van Rensburg – 082 871 0927 plaas.
3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. Daar sal ook slap chips te koop wees. Amelia 072 975 0917.
4. PANNEKOEK: Piet Snyman 082 297 3476.
5. SOSATIES: Sosaties @ R18 elk. Geen bestellings! Eddie Drost 082 920 1829.
6. VLEIS: Adolf Jonker – 076 910 2675.
7. GEBAK: Liana Boshoff – 084 764 6155.
8. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.
9. WIT OLIFANT: Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.
10. KINDERTAFEL: Pauline Richards – 079 557 8591.
11. POEDING: Elmari Olsen – 073 979 8868. Indien u ‘n poeding skenk dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.
12.TEETUIN: Michelle Roon – 064 674 9756 of Marie Snyman – 082 229 8316.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
That is a standing joke between Dries and me, after which I would reply, “Of course I’ll believe it.” After so many years in Madagascar, nothing surprises me. This time though, it was Euphrasie saying it and I thought that this one might surprise me. Apparently Ledesy, one of the teachers at Lovako school in Ampamata brought his brother to come and live there with him after the holiday. So it turns out that Ledesy often goes fishing and then his brother covers for him at school. Well, this is of course unacceptable and I have to address the matter when we see him next week.
Môre is ons deurkollekte vir die Eljada Nasorg waar dit hulle doel is om die kinders en volwassenes se lewenskwaliteit te verbeter ongeag kultuur, etnisiteit, rykdom of sosiale status. Bid dat die mense se hande en harte oop sal wees om genoegsaam by te dra.