Vandag – Sondag 30 Oktober 2022:
- Die gemeente vier nagmaal en nooi graag alle besoekers om dit saam met ons te gebruik. Plaas asb. u leë nagmaalkelkie in die houers in die voorportaal na die erediens.
- ‘n Spesiale verwelkoming aan Ronike Steyn wat vanoggend belydenis van geloof aflê.
- Ons Skriflesing vanoggend kom uit Lukas 19 vers 1 tot 10. Die tema van die prediking is: ‘n Vasgeloopte situasie?
- Geen kategese.
- Spesiale Offer by die deure vir Kindersorg.
- Tee in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Gebedsgidse:
Gebedsgidse vir November 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Woensdag – 2 November 2022
- Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.
Sondag – 6 November 2022
- Kategese om 09:00.
- Prediker: Dr. Frans Hancke.
- Spesiale Offer Geopende Deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
Woensdag – 8 November 2022
- Daar sal nie ’n gesamentlike afsluiting vir die Bybelstudiegroepe op 8 November in die kerksaal wees nie. Elke groep gaan hul eie afsluiting vir hul groep reël in November of Desember soos dit hul groep pas.
Donderdag – 10 November 2022
- KLUB 50* hou hulle jaarlikse ete afsluiting vir lede op 10 November 2022 by Searles Village Restaurant & Pub om 13:00 die middag. Bespreek by Johan Snyman (083 736 5747) / Debbie Nel (083 395 8789). Koste R70 per persoon.
HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS 17 DESEMBER 2022
‘Ons wil asseblief ‘n beroep op al ons gemeentes doen om hulle harte en hande oop te maak ten bate van ons jaarlikse basaar.
Ons benodig poeding en gebak bestandele asook gebak in enige vorm. Beskuit, klein koekies, groot koeke, terte, beskuit ens.
Roomys bakke en plastiese sakke is ook ‘n groot behoefte.’
Kontak Elize Zinser 044 695 2386 / 044 695 1948
Ondersteuningsgroep
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
- Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies; maar ook
- Vir emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
- Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontak persoon Riana Briers.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.
Getuienisbediening
Die vierde kwartaal se uitreikdatums vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 2, 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.
Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
OMGEEBEDIENING: KERSPAKKIES
Ons probeer altyd met ons Desember kospakkies iets spesiaals vir Kersfees in die pakkies sit.
Hierdie jaar het ons leë koffieflesse in die voorportaal vir u geplaas. Neem asseblief een en vul dit met wat u wil vir Kersfees – lekkers, waslap, ens. Enige iets wat harte sal bly maak. Bring dit asseblief terug voor begin Desember 2022. Ons moet 40 bottels vul.
Baie dankie vir u getroue ondersteuning.
Dringende behoefte
Daar is ‘n dringende behoefte vir ‘n stootwaentjie en babaklere. Indien iemand hiermee kan help kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word vir aandag Aletia Nortje.
Groenewaldfonds:
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022. Die voorgeskrewe aansoekvorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb. die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.
FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBC Pakistan:
Dit is nie maklik om die evangelie in Pakistan te versprei nie. Sammy Lyall, Direkteur van FEBC in Pakistan, sê die volgende oor die magtige werk wat God in hierdie land doen: “Ons word streng verbied om Jesus se naam te gebruik. Ons het egter deur middel van gemeenskapsontwikkeling die aandag van mense begin trek. Dit het daartoe gelei dat die uitsaaiers oproepe van luisteraars begin ontvang het. Dit gaan oor die bou van verhoudinge en ons het die liefde van Christus begin deel deur die verhoudinge wat ons bou.”
Hy vertel dat ‘n luisteraar met groot geloof op die bediening gereageer het: “‘Nadat ek na die program geluister het, het ek tot die gevolgtrekking gekom dat Jesus Christus die enigste Verlosser is.’”
Ons gebed vir die week: Bid vir die beskerming van FEBC personeel en hul families wat gereeld na verskillende dele van die land reis om luisteraars, kerke en ander te besoek. In sommige dele gaan die Christen-gemeenskap swaar gebuk onder die nagevolge van die onlangse vloede.
Vir meer inligting, kontak ons: Kantoornommer – (012) 335 5708; WhatsApp – 081 265 4801.
Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)
Nuut op 30 Oktober 2022
- Skakel na die YouTube preek van 30 Oktober 2022.
- Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: Gee jy regtig om”. ‘n Kort boodskap vir die week.
YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314


