Nuusflitse Week 45+ van 2022

Gebedsgidse: Gebedsgidse vir November 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Woensdag – 2 November 2022 Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.
Sondag – 6 November 2022 Kategese om 09:00. Erediens 10:00 Prediker:  Dr. Frans Hancke.
Woensdag – 8 November 2022 Daar sal nie ’n gesamentlike afsluiting vir die Bybelstudiegroepe op 8 November in die kerksaal wees nie. Elke groep gaan hul eie afsluiting vir hul groep reël in November of Desember soos dit hul groep pas.
Donderdag – 10 November 2022 KLUB 50* hou hulle jaarlikse ete afsluiting vir lede op 10 November 2022  Bespreek by Johan Snyman (083 736 5747) / Debbie Nel (083 395 8789). Koste R70 per persoon
HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS 17 DESEMBER 2022 Kontak Elize Zinser 044 695 2386 / 044 695 1948
Getuienisbediening2, 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.
OMGEEBEDIENING:  KERSPAKKIES voor begin Desember 2022. Ons moet 40 bottels vul.
Daar is ‘n dringende behoefte vir ‘n stootwaentjie en babaklere.
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022.