Die Ondersteuningsgroep bied hoofsaaklik rygeleenthede aan persone in die gemeenskap vir doktersafsprake en so meer. Wat dit so besonders maak, is die feit dat die bestuur van ons Kerk ons so goed gesind is en ons finansieël bystaan om dit te doen. Ek het ook groot waardering vir die gewillige groep mense wat soms op kort kennisgewing bereid is om iemand te help. Kosbare vriendskappe word ook hierdeur gesmee.
Ons het as groep die Youth Cafe in Greenhaven besoek op 7 September.
16 September het ons groep in medewerking met die Omgeebediening, as gasvrou opgetree by Kindersorg se Spogtee. Hierdie geleentheid is ook deur die bestuur van NG Kerk Groot Brak geborg.


Youth Cafe in Groot Brak
Ons het vandag as ‘n groep die Youth Cafe in Groot Brak besoek en was ons stom geslaan oor alles wat in ons direkte omgewing gebeur waarvan ons nie bewus is nie.
Die Youth Cafe is deur die Mosselbaai Maatskaplike Dienste program is Groot Brak gebou om die gemeenskap te ondersteun en die maatskaplike vraagstukke in die Gemeenskap te probeer oplos. Hulle het hande gevat met Wonderful Southern Africa Foundation.
Ons is vriendelik verwelkom deur Uniquen Michaels – wat ‘n intern vir die jaar by Youth Cafe is. Inligting rondom wat by die sentrum gebeur is met ons gedeel. Hulle doelwit is: “Give responsibly get rewarded handsomely” . Hulle doelwit is om die gemeenskap te verander/verbeter deur ‘n gevoel van verantwoordelikheid te skep.
Die sentrum dien as ‘n veilige hawe vir die gemeenskap waar hulle op die volgende maniere ondersteun word: deur die jong mense asook ander werkloses te help om onder andere lewens orientering/ werk gereedheid/publieke optrede/Rekenaars vaardighede/CV’s op te ste.
Daar is ook ‘n volledige Klank ateljee waar hulle musiek lesse gee, musiek op te neem vir mense met die talent en hulle te help om volwaardige kunstenaars te word. Hulle doen ook uitvoerings en kan genooi word om in die gemeenskap op te tree.
Kinders word ook na-skool ondersteun met hulle huiswerk en het toegang tot ‘n volledige rekenaar sentrum vir navorsing en rekenaars vaardighede.
Stat’s: Totale deelnemers aan die programme VIR 2022/23: 1281
Suksesvolle werks plasings: 137
Naskoolse bywoning: 113
Vakansie program bywoning: 672
Hulle het ook ‘n Koffie stasie – die Barista: Jolyn – het in breër trekke vir ons vertel wat daar gebeur. Hulle bedien koffie aan enigiemand wat daar wil kom koffie drink en net met iemand te gesels oor hulle uitdagings. Dit dien as sifting om ondersteuning te bied – berading en ondersteuning met geweld/dwelm afhanklikheid.
Hulle het in Maart in samewerking met Groot Braknetwerk en De Dekke Spar ‘n Token vir ‘n beter toekoms begin. Die basiese idee is vir die gemeenskap, vakansiegangers en enige iemand om een of meer tokens by De Dekker Spar te koop en dit aan weerbares in die gemeenskap te gee, in plaas van geld. Hulle kom dan na die Youth Cafe waar hulle ‘n gesonde maaltyd ontvang en daar uit gevind word waarom die persoon op straat is en om hulle stories te deel. Hulle word dan uitgenooi om deel te neem aan die programme wat aangebied word of net om weer menswaardig te voel.
Hulle is ook deel van die Food SOCK Program wat ‘n volledige maaltyd bevat wat gekoop kan word vir R30/R40 – dit is ontwikkel in George, in samewerking met Francios Ferreira, om gesonde maaltye teen ‘n bekostigbare prys met min moeite te berei. Dit voed 2 of 4 persone.
In samewerking met Mosselbaai het hulle ‘n program waar hulle die gemeenskap ondersteun en opvoed rondom afhanklikheid. Hulle lei ook die publiek op om “sponsors” te wees vir iemand wat van drugs af wil kom.
In kort: Hulle is daar vir die gemeenskap om hulle tuis te laat voel en hulle te ontvang met liefde en respek. Hulle het ook hande van die groter Groot Brak Gemeenskap nodig vir bewusmaking en om die minderes in die samelewing raak te sien en hulle op te help en waardigheid te gee.
Enige donasie rondom Klere, Finansieel, boeke en ook vaardighede is welkom en word waardeer.
Enige iemand is welkom om hulle te besoek en meer uit te vind of net te gaan koffie drink.
Kontak Besonderhede: 076 744 6998
www. wonderfulsa.co.za




