“Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het… ”
1 Pet. 1: 3
Die gebruik van ‘Thanksgiving’ wat in die 1600’s in Amerika sy oorsprong het, is ‘n wonderlike gebruik van jaarliks dankie sê vir dit wat mildelik aan hulle uitgedeel is. Dit is ‘n feestelike geleentheid van deel met almal wat betrokke was by die oeste van die jaar; familie, vriende, bure en werkers. Dit is ook ’n tyd van versoening. Dit is ‘n fisiese gebaar wat hande uitsteek na almal rondom jou. Dit is ‘n wonderlike gebaar wat sekerlik ook in ander lande kan posvat. Maar kan ons die danksegging net tot eenmaal per jaar beperk?
Ons skriflesing kom vanoggend uit Psalm 122. Die tema van die prediking is : Aanstap rooies?
Spesiale Offer by die deure vir die Burger-Kersfonds.
Tee in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Kerssangdiens om 19:00 in die kerkgebou:
‘n Spesiale offer sal by die deure ingesamel word vir die Burger-Kersfonds. Hierdie fonds stel jaarliks ‘n paar honderd minder bevoorregte kinders in staat om by die Burger- Strandhuis te gaan bly vir ‘n lekker vyfdag-vakansie by die see.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Gebedsgidse:
Gebedsgidse vir Desember 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Woensdag – 30 November 2022
Die laaste kooroefening vir die jaar – 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.
Sondag – 4 Desember 2022
Prediker: Ds. Danie Goosen.
Bevestiging van nuwe kerkraadslede.
Spesiale Offer vir die Hugenote-Kollege.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
Desember eredienstye
Daar sal gedurende Desember slegs een erediens om 10:00 Sondae wees, met uitsondering van 25 Desember – Kersdag. Kersdag eredienstye is 07:00; 08:00; 09:00 & 10:00.
31 Desember – Oujaarsdiens
Die Oujaarsdiens sal om 18:00 plaasvind in die kerkgebou en nie om 23:30 soos op die kalender aangedui nie.
Sluiting van die Kerkkantoor:
Die kerkkantoor sal gesluit wees vir die tydperk 15 Desember 2022 tot 3 Januarie 2023.
HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS 17 DESEMBER 2022
Ons wil asseblief ‘n beroep op al ons gemeentes doen om hulle harte en hande oop te maak ten bate van ons jaarlikse basaar.
Ons benodig poeding en gebak bestanddele asook gebak in enige vorm. Beskuit, klein koekies, groot koeke, terte, beskuit, ens.
Roomys bakke en plastiese sakke is ook ‘n groot behoefte.
Kontak Elize Zinser 044 695 2386 / 044 695 1948.
Ondersteuningsgroep
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
Vervoer na doktersafsprake of vir inkopie.
Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontak persoon Riana Briers.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.
Getuienisbediening
Die vierde kwartaal se laaste uitreikdatum vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.
Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
Kerspakkies vir 45 Wolwedans kinders
Spar en Pick ‘n Pay neem weer saam deel aan ons Kerskoepon projek waar ons vir 80 gesinne ‘n R400 koepon gaan gee op 7 Desember om hulle te help om Kersfees te geniet. Ons wil ook graag vir 45 kinders elkeen ‘n bederfpakkie gee van ‘n sappie, ‘n vrug, koekie en springmielies. Ons het ook gedink om die gemeente te vra om deel te wees van die projek deur of ‘n pakkie te pak en dit op 2 Desember by die kerkkantoor af te gee of ‘n bydrae te maak. By voorbaat baie dankie dat ons hierdie jaar op hierdie wyse kan afsluit.
Indien u ‘n EFT bydrae tot die Kerspakkies maak, meld asseblief by die verwysing baie duidelik : Kersprojek.
OMGEEBEDIENING: KERSPAKKIES
Ons probeer altyd met ons Desember kospakkies iets spesiaals vir Kersfees in die pakkies sit.
Hierdie jaar het ons leë koffieflesse in die voorportaal vir u geplaas. Neem asseblief een en vul dit met wat u wil vir Kersfees – lekkers, waslap, ens. Enige iets wat harte sal bly maak. Bring dit asseblief terug voor begin Desember 2022. Ons moet 40 bottels vul.
Baie dankie vir u getroue ondersteuning en die pragtige flesse wat ons reeds ontvang het. Alle uitstaande flesse moet asseblief nie later as 30 November by die kerkkantoor afgegee word nie.
Groenewaldfonds:
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022. Die voorgeskrewe aansoekvorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb. die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.
KERKRAADSVERGADERING
Tydens die kerkraadsvergadering gehou 15 November 2022 is die volgende persone as kerkraadslede verkies:
Dirk Visser Blok 4B Onder-Langstraat tot Kiewietlaan
Diaken:
Dorette Visser Blok 4B Onder-Langstraat tot Kiewietlaan
FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBC MONGOLIЁ:
Christenskap in Mongolië is vir die eerste keer in die moderne geskiedenis ‘n werklikheid! In 1989 het ons geweet van slegs tien Mongoolse gelowiges, maar teen 2022 het die aantal gelowiges tot ongeveer 100 000 gegroei, en die getalle groei steeds. Die kerk bestaan vir slegs een generasie, maar dit stuur honderde sendelinge na die mees onbereikte gebiede, bestuur nasionale bedienings en ontwikkel ‘n unieke aanbiddingsmusiek in Mongoolse styl. Daar is steeds baie onbereikte nomadiese groepe wat die evangelie moet hoor, dus speel FEBC Mongolië ‘n sleutelrol om nuwe strategiese leiers op te lei om uit te gaan en die nomadiese groepe te bereik.
Ons gebed vir die week: Bid vir Bat en Boogii, FEBC Mongolië se leierskap, dat God aan hul die nodige wysheid sal gee vir daaglikse bestuur en leierskap. Bid dat God hul passie brandend sal hou om die evangelie uit te dra na die mees onbereiktes!
Almanakke 2023
Die almanakke vir 2023 is beskikbaar. Kerkraadslede en Dienswerkers wat nog nie hul blok se kalenders ontvang het nie kan gedurende kantoorure kom afhaal.
Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)
Nuut op 27 November 2022
1. Link na die YouTube Preek van 27 November 2022.
2. Getuienisbediening: Die week se nuusflits van België, Madagaskar en Portugal.
3. Gebedsgids Desember 2022:Is beskikbaar op die webtuiste.
4. Kommunikasiebediening: Stof tot nadenke: “Danksegging”. ‘n Kort
boodskap vir die week.
YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Bake-off shows have cake week, tart week etc, but I can describe last week as meltdown week. I suppose of the kind where something goes wrong in a nuclear reactor and the fuel overheats and melts everything. Let me start with the worst one.
September/Oktober 2022 nuusbrief September en Oktober was sommer lekker besig op alle fronte! Aanvanklik moes ons al die voorbereidings afhandel vir die Oktober EMT, die laaste van 2022 (Ethnos mission training). Ons het o.a. ́n biddag gehad vir die nuwe studente, hul aansoeke deurgegaan en die klaskamer opgestel. Aan die SIM kant van ons bediening het Gerrie ook ́n baie besige tydjie gehad om ‘n egpaar en ́n enkel jong dame deur die aansoekproses te begelei; die vele dokumente, onderhoude, Sielkundige-, Leefstyl- en Doktrinale assesserings en mediese ondersoeke.
The team worked until 7 o’ clock every night and the final corrugated sheet was laid down on Friday evening. I cannot describe the relief and above all the thankfulness we felt. No matter the unplastered walls and two classrooms with mud floors, it feels like a functioning school for the first time.
View this in your browser.By die ASM: 33% afname in voltydse predikantsposte Tydens ‘n onlangse vergadering van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen (ASM) is, ondermeer, sake bespreek soos die uitslae van die nuutste sensusopname onder gemeentes. ’n Paar belangrike syfers kom na vore, luidens ’n bondige Kerkspieël-verslag: Van 2018 tot 2022 het 47 gemeentes ophou bestaan deur saam te smelt met ’n ander gemeente. Dit verteenwoordig 4,2% van die gemeentes wat in 2018 bestaan het. In dieselfde tyd het voltydse predikantsposte met 33,36% afgeneem. Lees meer hieroor asook oor sake soos ‘n “langtafel”-inisiatief vir 16 Desember, klarigheid oor die formulier vir selfdegeslagverbindtenisse, teologiese opleiding en belangrike datums vir 2023 HIER. Gemeentes kan dienspligveterane help afsluiting vind Daar is verskeie redes waarom ’n groot groep voormalige nasionale dienspligveterane op die vooraand van pensioenouderdom nog onverwerkte trauma het. Dr Roelf Schoeman verduidelik hoekom hulp aan hierdie groep nie net ’n saak tussen ’n veteraan en ’n berader behoort te wees nie, maar in hulle plaaslike gemeenskappe geanker moet wees en hoe gemeentes ’n groot bydrae in hierdie verband kan maak. Lees verderBiografie: ‘Sonder liefde is ek bankrot,’ skryf rockster Bono (doopnaam Paul David Hewson) se outobiografie is deurtrek met Bybelse verwysings, geloofsworstelinge en nederige geloofsbelydenisse, skryf Francois Mulder met die verskyning van Surrender: 40 songs, one story deur die hoofsanger van die Ierse rockgroep U2. Lees verderBybelgenootskap van SA kry tussentydse hoofDs Rodney van Wyk is onlangs as die tussentydse uitvoerende hoof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) aangewys. Hy het op 1 November die leisels by ds Dirk Gevers oorgeneem. Lees verderNeem deel: Nuwe peiling wil hoor hoe lees NG lidmate en leraars die Bybel Hoe lees, verstaan en interpreteer jy die Bybel? Die Algemene Taakspan Navorsing van die Algemene Sinode is besig met ’n meningsopname om juis dit by respondente te hoor. Vul hierdie kort, anonieme vraelys in om deel te neem: https://www.surveymonkey.com/r/PKF82RZAfrikaanse Kersoratorium blaas nuwe lewe in ou liedere Die storie van die geboorte van Christus word op ’n baie besonderse manier vertel deur koorsang. Met sy nuwe Afrikaanse Kersoratorium, Lig van waarheid, wil hy die luisteraars neem na ’n magiese plek waar gehore hulleself in die storie kan verdiep, vertel komponis Franco Prinsloo. Lees verderLeraarspos: NG Sydenham (Gqeberha) Die NG Gemeente Sydenham in Port Elizabeth (Gqeberha) nooi biddend gelegitimeerdes van die NG Kerk uit om aansoek te doen vir ’n deeltydse pos (onbepaalde termyn). Lees verderLeraarspos: NG Fraserburg (Karoo) Fraserburg is ’n klein plattelandse Karoogemeenskap met ongeveer 240 lidmate. Die gemeente soek ’n meelewende geestelike leier. Lees verderLOOPBAANSKUIWE in die NG KerkfamilieVRYSTAAT BEVESTIGING Ds HHS (Mias) Nortier van Despatch-Eendrag het die beroep as voltydse leraar na NG Kerk Jacobsdal aanvaar. Sy bevestiging het plaasgevind op 6 November 2022. Ds Ampie Swanevelder het die bevestiging waargeneem. . Lees meerNUWE BOEK: Oor liggame gepraat … wie se stories en stemme word (nie) gehoor? Daar is min publikasies met ’n tema en aanslag waarin beide Tinder en Luther figureer. En nog minder publikasies waarin jy Luther, Tinder, Netflix en ART (Assisted Reproductive Technologies) sal raaklees. ‘Sexual reformation?’ is so ’n boek … en een met ’n belangrike vraagteken in die titel, verduidelik dr Manitza Kotzé, een van die drie redakteurs van hierdie nuwe bundel. Lees meerKersfonds: Jou bydrae help jonges inspireerNuwe loopbaangeleenthede Besoek Vakatures vir loopbaangeleenthede in die NG Kerk asook in kerklike maatskaplike sowel as ander Christelike nieregeringsorganisasies. Teken uit op hierdie nuusbrief | Meer inligting
Woensdag – 23 November 2022Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751) Sondag – 27 November 2022 Erediens 10:00 Prediker: Ds. Danie Goosen Sondag – 27 November 2022Kerssangdiens Om 19:00 in die kerkgebou. Bloedskenk:Donderdag 24 November 2022, vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal. Sondag – 4 Desember – Bevestiging van Kerkraadslede Desember eredienstye gedurende Desember slegs een erediens om 10:00 Sondae wees, met uitsondering van 25 Desember – Kersdag. Kersdag eredienstye is 07:00; 08:00; 09:00 & 10:00 31 Desember – OujaarsdiensDie Oujaarsdiens sal om 18:00 plaasvind Die kerkkantoor sal gesluit wees vir die tydperk 15 Desember 2022 tot 3 Januarie 2023 Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022. Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022
Baie welkom by die erediens wat vanoggend gelei word deur dr. Nadia Marais.
Ons skriflesing kom vanoggend uit Markus 5:21-24, 35-43. Die tema van die prediking is : Die kind is nie dood nie.
Spesiale Offer by die deure vir die Kankervereniging.
Tee in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Gebedsgidse:
Gebedsgidse vir November 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Woensdag – 23 November 2022
Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.
Sondag – 27 November 2022
Prediker: Ds. Danie Goosen.
Spesiale Offer vir die Burger-Kersfonds.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
Kerssangdiens
Om 19:00 in die kerkgebou. ‘n Spesiale offer sal by die deure ingesamel word vir die Burger-Kersfonds. Hierdie fonds stel jaarliks ‘n paar honderd minder bevoorregte kinders in staat om by die Burger-Strandhuis te gaan bly vir ‘n lekker vyfdag-vakansie by die see.
Donderdag – 24 November 2022
Bloedskenk: Ons herinner u aan die bloedskenkingsgeleentheid, Donderdag 24 November 2022, vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.
Sondag – 4 Desember – Bevestiging van Kerkraadslede
Desember eredienstye:
Daar sal gedurende Desember slegs een erediens om 10:00 Sondae wees, met uitsondering van 25 Desember – Kersdag. Kersdag eredienstye is 07:00; 08:00; 09:00 & 10:00.
31 Desember – Oujaarsdiens
Die Oujaarsdiens sal om 18:00 plaasvind in die kerkgebou en nie om 23:30 soos op die kalender aangedui nie.
Sluiting van die Kerkkantoor:
Die kerkkantoor sal gesluit wees vir die tydperk 15 Desember 2022 tot 3 Januarie 2023.
HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS 17 DESEMBER 2022
Ons wil asseblief ‘n beroep op al ons gemeentes doen om hulle harte en hande oop te maak ten bate van ons jaarlikse basaar.
Ons benodig poeding en gebak bestanddele asook gebak in enige vorm. Beskuit, klein koekies, groot koeke, terte, beskuit, ens.
Roomys bakke en plastiese sakke is ook ‘n groot behoefte.
Kontak Elize Zinser 044 695 2386 / 044 695 1948
Ondersteuningsgroep
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies; maar ook vir emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontak persoon Riana Briers.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.
Getuienisbediening
Die vierde kwartaal se laaste uitreikdatum vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.
Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
Kerspakkies vir 45 Wolwedans kinders
Spar en Pick ‘n Pay neem weer saam deel aan ons Kerskoepon projek waar ons vir 80 gesinne ‘n R400 koepon gaan gee op 7 Desember om hulle te help om Kersfees te geniet. Ons wil ook graag vir 45 kinders elkeen ‘n bederfpakkie gee van ‘n sappie, ‘n vrug, koekie en springmielies. Ons het ook gedink om die gemeente te vra om deel te wees van die projek deur of ‘n pakkie te pak en dit op 2 Desember by die kerkkantoor af te gee of ‘n bydrae te maak. By voorbaat baie dankie dat ons hierdie jaar op hierdie wyse kan afsluit.
Indien u ‘n EFT bydrae tot die Kerspakkkies maak, meld asseblief by die verwysing baie duidelik : Kersprojek.
OMGEEBEDIENING: KERSPAKKIES
Ons probeer altyd met ons Desember kospakkies iets spesiaals vir Kersfees in die pakkies sit.
Hierdie jaar het ons leë koffieflesse in die voorportaal vir u geplaas. Neem asseblief een en vul dit met wat u wil vir Kersfees – lekkers, waslap, ens. Enige iets wat harte sal bly maak. Bring dit asseblief terug voor begin Desember 2022. Ons moet 40 bottels vul.
Baie dankie vir u getroue ondersteuning.
Groenewaldfonds:
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022. Die voorgeskrewe aansoekvorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb. die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.
KERKRAADSVERGADERING
Tydens die kerkraadsvergadering gehou 15 November 2022 is die volgende persone as kerkraadslede verkies:
Dirk Visser Blok 4B Onder-Langstraat tot Kiewietlaan
Diaken:
Dorette Visser Blok 4B Onder-Langstraat tot Kiewietlaan
FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBC Pakistan:
Pakistan is in die hartjie van die mins bereikte wêrelddeel geleë. Tans word die meer as 350 mensegroepe en uitgeworpenes as onbereik beskou. Baie van hierdie mensegroepe beskik nie oor kerke nie, en het ook geen Christene, sendelinge en getuies nie. Pakistan is die wêreld se tweede-grootste samevoeging van ontkoppelde en mins-bereikte mense asook die tweede-grootste Moslembevolking. Min lande, indien enige, bied ‘n groter uitdaging vir sendelinge. FEBC Pakistan speel ‘n baie belangrike rol in die klein Christengemeenskap en fokus hulle bediening daarop om meer siele vir Christus te werf.
Ons gebed vir die week: Die programvervaardigingspanne van FEBC Pakistan is druk besig om nuwe inhoud te skep vir die mense wat deur die onlangse vloede geraak is. Bid asseblief dat God wysheid en insig sal skenk aan die betrokke programvervaardigers, skrywers en aanbieders sodat die luisteraars bereik en bemoedig word deur middel van die onderskeie mediaplatforms.
Almanakke 2023
Die almanakke vir 2023 is beskikbaar. Kerkraadslede en Dienswerkers wat nog nie hul blok se kalenders ontvang het nie kan gedurende kantoorure kom afhaal.
Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)
Nuut op 20 November 2022
Link na die YouTube Preek van 20 November 2022.
Getuienisbediening: Die week se nuusflits van Madagaskar en Japan.
Fondsinsameling: Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander Stuitighede: ‘n Vollengte video van die konsert is beskikbaar op die webtuiste.
Gebedsgids November 2022:Is beskikbaar op die webtuiste.
Kommunikasiebediening: Stof tot nadenke: “ ‘n Gebed vir reën”. ‘n Kort boodskap vir die week.
YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
“As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid… ”
Jak. 5: 13
“Hemelse Vader en almagtige Here, dit is 2 uur in die môre , en ek kan nie slaap nie. In 21 jaar wat ek boer was dit nog nooit so droog nie. Ek is vanmôre voor U om te bid vir reën.
Maar voor ek vir reën vra, moet ek U eers dank vir droogtes. Indien ons net vet jare en voorspoed gehad het, hoe arrogant, onafhanklik van U, en onbewus van U goedheid en genade, sou ons nie gelewe het nie. Daarom moet ek U ook dank vir die voorreg om hier te kan boer. Hier waar ek elke dag U handewerk sien en ervaar. Baie dankie ook, Here, vir die wonderlike mense wat u rondom my in hierdie wêreld geplaas het. ‘n Unieke groep mense wat almal saam in dieselfde stryd gewikkel is. U het elkeen persoonlik gevorm, met elkeen se uniekheid, harder as kameeldoringhout, om hier te kan bestaan.
Om die mooi van hierdie boerdery te beleef, het U ‘n besondere liefde vir die diere en die boerdery in my hart geplant, en daarvoor is ek U baie dankbaar. Maar Liewe Heer, dit is as gevolg van hierdie liefde, en my menslike nietigheid en tekort aan insig, wat maak dat ek U weë nie verstaan nie.
…ek verstaan nie wanneer die lammerooi aan die voet van die duin omval as gevolg van swakheid, en nog steeds net oor haar lam se welstand bekommerd is nie.
…ek verstaan nie as die koei met ‘n sug gaan sit en ons altwee weet sy sal nooit weer opstaan nie.
…ek verstaan nie as ek in die onskuldige bruin oë van die verswakte koedoe-koei wie se voet in die draad vasgehaak het – kyk, en sien sy wag op die verlossing van die dood, wat uiteindelik deur dors en hitte-uitputting onder die skroeiende woestynson, veroorsaak sal word nie.
…ek verstaan nie as ek “hart-se-punt” koeie by die slagpale moet aflaai, en nog onthou hoe hulle kalwers gelyk het, en selfs hoe ek sommige van hulle as klein kalwertjies onthoring het nie.
…ek verstaan nie as jong eerstelam-ooitjies net ribbes en gekoekte wol is en ek vaagweg kan onthou hoe glad-verhaarde ooi lank gelede vir haar vet lammetjie geblêr het terwyl die komkommersap teen haar wang afloop.
…ek verstaan nie as my ryperd een oggend stokstyf opstaan as gevolg van elke aand se kragvoer, omdat daar niks meer hooi in die veld is wat hy bedags kan vreet nie.
…ek verstaan nie as ek die donkie dood langs die pad sien lê, nog in die tuig, en ek weet sy eienaar het ook maar nie ‘n plan gehad nie.
…ek verstaan nie as die groot springbokram struikel-struikel voort sukkel nie.
…ek verstaan nie as die erdvark, wat ‘n nagdier is, in die middel van die dag, vermaer en verdonker, op die warm rooi sand rondploeter op soek na iets om te eet nie.
…ek verstaan nie dat graspolle, die bron van kos, in klein swart knoetsies verander het, sodat die wind hulle wortels oopkalwe en die woestynson hulle verdroog en verskrompel nie.
…ek verstaan nie as die windpomp net wind blaas nie, omdat die boorgat opgedroog het, terwyl my verstand verdof is deur ‘n wolk stof en ‘n gebulk en geblêr wat deur my bene en murg sny…
Here, ek verstaan nie hoekom U dit oor hierdie onskuldige diere laat kom, terwyl U vir my, sondaar, net goedheid en guns gee nie. Here ek verstaan dit nie, maar ek weet wel dat ek nooit die straf wat ek verdien, sal kan dra nie. Daarom, voor ek vir reën vra, smeek ek om U genade en vergifnis. Ek bid ook vir wysheid om tussen goed en kwaad te kan onderskei en dan die goeie te kies. Ek bid dat ons U Koningkryk en U geregtigheid EERSTE sal soek, soos Matt. 6: 33 dit duidelik vir ons sê: “…beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.”
Ek bid veral, Here, dat ek nooit arrogant sal word nie, want alle eer kom U alleen toe. Ek bid ook vir wysheid en krag vir die gemeenskap om op die regte manier deur hierdie droogte te kom. Ek verstaan nog steeds nie hoe die gemsbok in hierdie tyd so sterk kan bly nie, maar ek bid dat U ons almal die gemsbokke van hierdie droogte sal maak.
Here, nou dat U my hart ken, smeek ek by U: “Gee asseblief vir mens en dier en plant en grond milde reën.
Dankie Here.
Amen”
Gebed deur Pieter van Schalkwyk (Boer van Namibië) (Uit die Afkondigings van NG Groot-Brakrivier – 15 November 2015)
Só was die pas afgelope, amptelike besoek van Missie Japan se leiers – dr Nico Mostert en ds Johann Winterbach – aan Japan. Ons het die hoogste waardering vir hulle omgee en heelhartige betrokkenheid, en vir al die kilometers wat hulle moes aflê tot hier asook tydens hulle veelvuldige ontmoetings regoor die land.
After two weeks of non-stop work, I can finally show evidence of the new roof. Only two classrooms so far, which means that we shall need another week to finish and therfore we are a week over the designated time. There is nothing to do about that. At least, following popular culture, we can put the blame on the fact that the owner probably measured and levelled nothing at the time of construction.
こんにちは😁 Konnichiwa, Goeie dag. Ons hoop dit gaan goed met jou. Dit gaan goed met ons gesinnetjie. Leah is alreeds 2 maande oud ☺️. Hierdie maand sing ons saam met mede sendelinge by Kerssangdienste tydens eredienste by 3 gemeentes. Ons sal ‘n Japanese kerslied sing. Vroeg Desember het ons ‘n kursus saam met OMF, waarin ons saam ander sendelinge wat ook oppad na Japan gaan vergader. Ons sien uit om weer gemeentes te begin besoek. Ons sal graag by huidige ondersteunende gemeentes wil uit kom sodat ons, ons sendeling kindjie (Leah) aan almal kan voorstel. Alhoewel ons ook nuwe gemeentes moet probeer besoek. Baie dankie dat jy vir ons bid en ons roeping na Japan ondersteun. ありがとうございます (Baie dankie).
“…ons moet mekaar liefhê, want die liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.”
1 Joh. 4: 7-8
Die vraag “Waarom het Christus kans gesien om vir ons aan die kruis te sterf?” is menigmaal in ons gemoed. Waarom was Hy bereid om deur die vernietigende venyn van mense se woede, smaad en haat te gaan? Wat is dit wat hom gedryf het om, ten spyte van sy versugting om die beker by hom te laat verby gaan, steeds voortgegaan het om homself aan die kruisdood te onderwerp. Hy het geweet dat dit vir die Vader moontlik sou wees om hom daarvan vry te skeld. Die enigste antwoord wat ons hierop kan vind is “die liefde’.
Dinsdag – 15 November 2022 Kerkraadsvergadering 18:00 in die kerksaal Woensdag – 16 November 2022Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751) Sondag – 20 November 2022 Erediens 10:00 Prediker: Dr. Nadia Marais. Bloedskenk:Donderdag – 24 November 2022 vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal. HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS Kermis 17 DESEMBER 2022 Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022 Studieleningaansoeke uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022
Baie geluk aan die Bright gesin wat vanoggend gedoop en belydenis van geloof aflê.
Ons skriflesing kom vanoggend uit Gal. 3 vers 23 – 29. Die tema van die prediking is : Brief?
Spesiale Offer by die deure vir Up with Downs-skool.
Tee in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Ons kategese sluit vanoggend af. Hulle ontvang hulle getrouheidsertifikate en bring hulle kinderdankoffers.
Nuwe lidmate in ons gemeente: Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Gebedsgidse:
Gebedsgidse vir November 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Dinsdag – 15 November 2022
Kerkraadsvergadering 18:00 in die kerksaal.
Woensdag – 16 November 2022
Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.
Sondag – 20 November 2022
Prediker: Dr. Nadia Marais.
Spesiale Offer vir die Kankervereniging.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
Donderdag – 24 November 2022
Bloedskenk: Ons herinner u aan die bloedskenkingsgeleentheid, Donderdag 24 November 2022, vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.
HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS 17 DESEMBER 2022
‘Ons wil asseblief ‘n beroep op al ons gemeentes doen om hulle harte en hande oop te maak ten bate van ons jaarlikse basaar.
Ons benodig poeding en gebak bestanddele asook gebak in enige vorm. Beskuit, klein koekies, groot koeke, terte, beskuit, ens.
Roomys bakke en plastiese sakke is ook ‘n groot behoefte.’
Kontak Elize Zinser 044 695 2386 / 044 695 1948
Ondersteuningsgroep
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies; maar ook vir emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontak persoon Riana Briers.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.
Getuienisbediening
Die vierde kwartaal se uitreikdatums vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.
Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
Kerspakkies vir 45 Wolwedans kinders
Spar en Pick ‘n Pay neem weer saam deel aan ons Kerskoepon projek waar ons vir 80 gesinne ‘n R400 koepon gaan gee op 7 Desember om hulle te help om Kersfees te geniet. Ons wil ook graag vir 45 kinders elkeen ‘n bederfpakkie gee van ‘n sappie, ‘n vrug, koekie en springmielies. Ons het ook gedink om die gemeente te vra om deel te wees van die projek deur of ‘n pakkie te pak en dit op 2 Desember by die kerkkantoor af te gee of ‘n bydrae te maak. By voorbaat baie dankie dat ons hierdie jaar op hierdie wyse kan afsluit.
OMGEEBEDIENING: KERSPAKKIES
Ons probeer altyd met ons Desember kospakkies iets spesiaals vir Kersfees in die pakkies sit.
Hierdie jaar het ons leë koffieflesse in die voorportaal vir u geplaas. Neem asseblief een en vul dit met wat u wil vir Kersfees – lekkers, waslap, ens. Enige iets wat harte sal bly maak. Bring dit asseblief terug voor begin Desember 2022. Ons moet 40 bottels vul.
Baie dankie vir u getroue ondersteuning.
Groenewaldfonds:
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022. Die voorgeskrewe aansoekvorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb. die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.
FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBC Filippyne:
Die Filippyne het nog nie ten volle hulle ekonomiese en politieke potensiaal bereik nie. Die land het baie natuurlike hulpbronne; het demokratiese wortels en beskik oor ‘n goedopgeleide bevolking. Maar die regering versuim gereeld om die ernstige ekonomiese en maatskaplike kwessies aan te spreek. Dit beperk die ontwikkeling van die land, gevolglik leef die helfte van die bevolking in armoede. Hier volg enkele feite oor die Filippyne: Die bevolking is meer as 111 miljoen landsburgers. Ongeveer 30.5% van die bevolking is onder die ouderdom van 15 jaar. Daar is sowat 92.3% Christene in die land; en daarvan is sowat 12.3% Evangeliese Christene. (Inligtingsbron: https://operationworld.org/locations/philippines/ )
Ons gebed vir die week: Hou aan bid vir die luisteraars en vennote van die radioprogram, Life-Changing, en dat hulle gemotiveerd en in verbinding te bly met die radiostasie. Ons is dankbaar vir hul volgehoue ondersteuning en bid dat God hulle sal bewaar om tot seën vir ander te wees.
Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)
Nuut op 13 November 2022
Link na die YouTube Preek van 13 November 2022.
Getuienisbediening: Die weekse nuusflits van Madagaskar.
Gebedsgids November 2022:Is beskikbaar op die webtuiste.
Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: “ Hoe weet ons verseker?”. ‘n Kort boodskap vir die week.
Konsert 28 Oktober & Gemeentefees 29 Oktober
Ons dank die Here vir die wonderlike wyse waarop Hy die geleentheid geseën het asook elke persoon wat daarby betrokke was en dit ondersteun het. Baie dankie aan almal wat bygedra en gehelp het om van die konsert Vrydagaand en die gemeentefees Saterdag ‘n groot sukses te maak.
Biddag vir beskermingsdienste : 13 November 2022
“As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm tevergeefs”.
Ps. 127:1(b)
Here ons vind troos in die feit dat ons U kan vertrou as ons Beskermer. Dankie, dat U ons beskerm soos die appel van U oog en ons wegsteek in die skaduwee van U vleuels (Ps. 17:8)
Dankie, Here, dat ons ons vrees met U kan deel oor die korrupsie in die beskermingsdienste. Dankie, vir dié wat diensbaar, passievol en met integriteit onder uiters moeilike omstandighede werk. Ons dra die beskermingsdienste se welvaart aan U op. Ons bid vir elke individu se:
Stel hulle in staat om standpunt in te neem vir dit wat reg is en nie vou onder die druk van die wêreld nie. Maak hul liggame sterk om die werklas te dra. Gee hulle die emosionele kapasiteit om die eise te hanteer. Rus U hulle geestelik toe om ligdraers vir U te wees.
YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
I have no pictures of a shiny roof to show you yet as the work is progressing really slow due to the bad state of the current walls. We are so thankful that PM lent us one of his workers, Zachary, who with the help of two extra guys are doing a proper job and they seem to never get tired.