“…ons moet mekaar liefhê, want die liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.”
1 Joh. 4: 7-8
Die vraag “Waarom het Christus kans gesien om vir ons aan die kruis te sterf?” is menigmaal in ons gemoed. Waarom was Hy bereid om deur die vernietigende venyn van mense se woede, smaad en haat te gaan? Wat is dit wat hom gedryf het om, ten spyte van sy versugting om die beker by hom te laat verby gaan, steeds voortgegaan het om homself aan die kruisdood te onderwerp. Hy het geweet dat dit vir die Vader moontlik sou wees om hom daarvan vry te skeld. Die enigste antwoord wat ons hierop kan vind is “die liefde’.
Die liefde van God en Christus kon nie aanskou hoe die mensdom vernietig word as gevolg van die sondelas nie. God en Christus het geweet dat die enigste manier om ons mense van die ewige verdoemenis te red, was om daardie pynlike pad van mensword, die deurstaan van die versoekings waaraan ons mense ook onderwerp word, die kruisdood en die afdaal na die duisternis self vir ons as mense te dra. Christus het egter die dood oorwin en daarmee virewig dit vir ons mense moontlik gemaak om in oorwinning te leef.
So, hoe weet ons of ons waarlik kinders van God is? Jakobus spel dit so duidelik uit. Elkeen van ons weet hoe lyk ons eie hart. Indien ons waarlik en opreg liefhet, kan ons virseker weet dat die Waarheid in ons. Hiedie liefde is nie mensgemaakte persepsies van wat die liefde is nie, maar die liefde wat God in ons harte opwek wanneer ons Hom toelaat oms ons lewens te verander. Ons kan ons gevoelens vir mense wegsteek, maar voor God staan ons in die naakte waarheid. Hy ken ons gedagtes en ons opregtheid. Die liefde is ‘n klinkklare bewys van jou behoort aan die Here. Tussen jou en die hulp van die Heilige Gees kan jy virseker weet!


