TERUGVOER NA BESOEK
VIDEO VERTEL DIE VERHAAL
Beste Ondersteuner,
Bemoedigend. Versterkend. En veel meer!
Só was die pas afgelope, amptelike besoek van Missie Japan se leiers – dr Nico Mostert en ds Johann Winterbach – aan Japan. Ons het die hoogste waardering vir hulle omgee en heelhartige betrokkenheid, en vir al die kilometers wat hulle moes aflê tot hier asook tydens hulle veelvuldige ontmoetings regoor die land.
Ons versoek: deel asseblief die video verder, as terugvoer ná hierdie propvol en sinvolle besoek.
KLIEK NET HIER ONDER.
Baie dankie vir jou ondersteuning hierin.
Vrede en vreugde,
Stéphan, Carina en gesin


