Datum : 3 Maart 2023
Tyd : 16:00
Plek : VGK Groot-Brakrivier
Die Wêreldbiddag vir vroue met die tema
“Ek het van jou geloof gehoor/ I have heard about your faith”
Lees meer “Wêreld biddag vir vroue – 2023”Datum : 3 Maart 2023
Tyd : 16:00
Plek : VGK Groot-Brakrivier
Die Wêreldbiddag vir vroue met die tema
“Ek het van jou geloof gehoor/ I have heard about your faith”
Lees meer “Wêreld biddag vir vroue – 2023”Nikola Sarić is ‘n kontemporêre ikonograaf wat hierdie verstommende verhaal visueel uitbeeld: In Februarie 2015 het ISIS 21 christene op die strand in Libia onthoof. (Vandaar die naam van die ikoon: “Ikoon van die heilige martelare”). Knielende mans, geklee in oranje “tronkuniforms” (om uit te beeld dat hulle gevange geneem is); op die bors van die voorste mans se klere is ‘n kruis. 20 swart gemaskerde mans hou elke met ‘n arm uitgestrek die nekke van die christene vas. In die 2 voorste en 2 agterste mans se hande hou elk ‘n mes vas. ‘n Rooi lyntjie van bloed loop al om die 21 mans se lywe, af tot aan die golwe van die see.
Lees meer “Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 9″Liewe familie en vriende
Vandag is dit 365 dae gelede wat ons 5 uur die oggend wakker gemaak is met die woorde: “Die oorlog het begin!”
Die eerste bomme het begin val en ons almal se lewens is drasties verander binne ‘n dag. Ek het soveel vrede gehad om te bly en net die Here te vertrou. Vandag wil ek net getuig van die Here se goedheid en getrouheid. Hy het ons elke dag beskerm, krag gegee en vir ons voorsien. Dankie vir julle gebede die afgelope jaar. Ek waardeer dit so baie. Dankie vir elke boodskap en bemoediging. Dankie vir elke bydrae wat dit moontlik maak om hier te wees en met die werk aan te gaan.
Lees meer “Oekraïne: Nuusbrief vanaf Michelle Februarie 2023”Intense tropical cyclone Freddy passed over Madagascar in record time and ended up causing less death and destruction than anticipated. People had enough time to prepare, strengthen roofs and kept away from the sea. Here in the north, we did not experience much of its effects. We had very strong wind one night, but the ropes with which Dries had tied down the mast of the boat, held without problem.
Lees meer “Nuusflits vanaf Lynette van Madagaskar: Die WEEK – 19/02/2023”Daar is eeu-oue ikone oor die tollenaar en die fariseër. (So is daar bv. in Kosovo ‘n klooster wat ook as wêrelderfenis-gebou verklaar is met muurskilderye wat uit die 14de eeu de eeu dateer.) Vandag (#8) se ikoon is egter ‘n meer moderne Ukraïniese ikoon.
Lees meer “Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 8″Wil U nie weer die lewe vir ons nuut maak sodat ons ons vreugde in U kan vind nie?(Psalm85:7)
Ons begin die maand met Blokbyeenkomste. Ons dra elke byeenkoms aan die Here op. Bid dat Hy ons sal lief maak om met gelowiges saam te kom en saam te bid.
Lees meer “Gebedsgids vir Maart 2023”Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00
Woensdag 1 Maart 2023
Kooroefening – 17:15 by die orrel
Blokbyeenkoms om 18:00 in Blokke: 5A (Mossienes tot Stasieweg)en 5B (Eiland tot Dolphins Creek)
Sondag 5 Maart 2023 : Prediker: ds. Danie Goosen
Uitreikdatums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is: 8 en 22 Maart
Vandag – Sondag 26 Februarie 2023 :
Dear brothers and sisters in Christ
Greetings dear prayer warriors, it’s with love and warm greetings and hugs we send to you this letter. praying that you all are doing well
How cannot give thanks and glory to God, just want to praise God for His healing, after my fourth surgery, the same doctor who said there is no hope, told me a week ago that he is very happy for me I could see again, I said to him that I have many people praying for me, his reply was: wow you can really tell them it’s a miracle
Lees meer “M & Family – March Ministry updates”NG KERK GROOT-BRAKRIVIER GHOLFDAG
(hierdie artikel is opgedateer met fotos op 5 April 2022)
Die jaarlikse gholfdag van NG Kerk Groot-Brakrivier het op 26 Maart 2022 by Dolphins Creek Golf Club se baan plaasgevind.
Wat ‘n voorreg om, na Covid, weer deel te wees van ‘n poging van hoop vir die pad vorentoe.
Lees meer “Suksesvolle Gholfdag 26 Maart 2022”Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Josua 5 vers 1 tot 15
Tema: Beslissende keuses.
Begeleiding:
Klavier: Dawn Taljaard
Dwarsfluit: Madeleine Vermeulen
Sangleiding: Una Voster
Liedere:
Lied 220: 1 – 3
Lied 245: 1 – 3
Vandag – Sondag 27 Maart 2022:
Gert Briers (Blok 4B & Voorsitter Eiendomsbediening); Johan de Wit (Blok 8A); Christo Kitching (Blok 9C); Marie Snyman (Blok 10A); Johan Pretorius (Blok 10C); en Carin van Ginkel (Voorsitter Kommunikasiebediening).
Bestaande kerkraadslede, uitgaande kerkraadslede sowel as nuwe kerkraadslede word uitgenooi vir tee in die kerksaal na die erediens.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op
083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.https://www.nggrootbrak.co.za
Gebedsgidse
Gebedsgidse vir April 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Sondag – 3 April 2022
Geen Kategese.
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Ds. Nadia Marais (Goosen).
Spesiale Offer vir die Gemeente Instandhoudingsfonds.
Sesde Lydensweek.
Blokbyeenkoms – 30 Maart 2022
Blok 7 (Bergsig-Oos) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand
om 18:00 plaas by Koos en Corrie Reynecke (Fouriestraat 4, Bergsig)
083 459 0095.
Klub-50+
Klub-50+ se jaarlikse braai vind plaas op 6 April by Hartenbosrivier-oord vanaf 10:30. Bring asseblief u eie vleis, drinkgoed en eetgerei. Slaaie, tafels en stoele word voorsien. Toegang is gratis. Indien u dit wil bywoon kontak asseblief vir Mariana van Huyssteen
(082 922 9291).
Probleme met die kerkorrel:
Die kerkraad het kennis geneem van probleme met ons kerkorrel. Kundiges het dit ondersoek en ’n kwotasie vir die herstel is aan ons voorgelê. Volgens beleid moet ’n tweede kwotasie verkry word. Hierdie kwotasie sal ons ongelukkig eers gedurende Mei-maand kan kry weens die skaarsheid van kundiges. Ons is derhalwe verplig om intussen van ons klavier gebruik te maak vir begeleiding.
Gebedsversoek vanaf Amos
Dringende versoek vir 3 Christen leiers in sy tuisdorp wat Maandag soos volg gestraf is:
Die gebedsversoek is dat hul appelle om die strawwe om te keer, suksesvol sal wees.
Daar is tans weer ‘n hernude vlaag van vervolging teen die verspreiding van die Evangelie in Amos se geboorteland.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van kinderklere, materiaal, gare, borduurgare en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.
Getuienisbediening
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.
Omgeebediening
Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne. Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.
U is welkom om ‘n bydrae te maak. Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.
Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.
Bydraes kan geplaas word binne die boks in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure.
Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.
Dankies
Gereformeerde Kerk George – Gesellige Oggendbyeenkoms
Kom geniet ‘n gesellige oggendbyeenkoms met Erik Holm op Saterdag 9 April 2022 om 10:00 by die Gereformeerde Kerk George. Mans en vroue is welkom.
Kontak vir Ruth Du Plessis by 071 789 9009 vir kaartjies.
(Stuur ‘n sms of whatsapp met jou naam en ek bel jou terug om te reël vir aflewering van kaartjies binne George.)
Dankfees – 14 Mei 2022
Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.
Bydraes vir bestanddele soos meel, olie, suiker en eiers sal baie waardeer word.
Die volgende tafels se bestellings benodig ons asb. weer via WhatsApp nie later as Maandag 9 MEI 2022. Kom koop op die dag maar bestel om teleurstelling te voorkom.
Barbara Gericke – 082 411 1222 (plaas bestellings hier) /
Corita du Preez – 084 265 9487
Vir die volgende tafels is geen bestellings nodig nie. Julle kan elke tafel besoek en koop volgens jul behoefte.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 ‘ 044 620 2205 Faks: 044 050 1532
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314
Dankfees – 14 Mei 2022
Sondag – 3 April 2022 Geen Kategese. Erediens vind plaas om 10:00. Prediker: Ds. Nadia Marais (Goosen)
Blokbyeenkoms – 30 Maart 2022 Blok 7 (Bergsig-Oos)
Klub-50+ Klub-50+ se jaarlikse braai vind plaas op 6 April by Hartenbosrivier-oord vanaf 10:30
Gebedsversoek vanaf Amos
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening. Die datum vir die tweede kwartaal se uitreike is 6 & 20 April, 4 & 18 Mei asook 1,15 & 29 Junie 2022. Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte.
Omgeebediening
Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne. Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede. U is welkom om ‘n bydrae te maak. Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.
‘n Spesiale verwelkoming aan familie en vriende van Maritsa en Armand Joubert en hulle dogtertjie Daney Ritha Joubert wat vanoggend gedoop word.
Prediker: Dr. Kobus Smit
Skriflesing: Hosea 11: 1-11
Tema: Die onbegryplike Vader
Begeleiding: Dawn Taljaard
Liedere
Lied 475: 1-2
Lied 459: 1,3,4
Lied 266: 1
Lees meer “Erediens 20 Maart 2022”Dit is met leedwese dat ons u meedeel van die afsterwe van
Annette Loraine van Langelaar
Ons dra ons innige simpatie en voorbidding oor aan die oorledene se geliefdes, mag die Here u troos in hierdie hartseer tyd.
Vandag – Sondag 20 Maart 2022:
Jeug
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op
083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.
Gebedsgidse
Gebedsgidse vir Maart 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Sondag – 27 Maart 2022
Geen Kategese.
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Ds. Danie Goosen.
Doop.
Bevestiging van Kerkraadslede.
Spesiale Offer vir die Gemeente Instandhoudingsfonds.
Vyfde Lydensweek.
Bestuursraadvergadering – 22 Maart 2022
Die Bestuursraad vergadering Dinsdagmiddag om 17h30 in die kerkgebou.
Blokbyeenkoms – 23 Maart 2022
Blok 6B (Eurekapark) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas by Surine de Wet (Suidstraat 13) 084 621 5000.
Bloedskenking – 24 Maart 2022
NG Kerk Groot-Brakrivier kerksaal
Tyd: 15:00 – 19:00
Skakel vir Christo Smith (083 447 9891) indien u enige vrae het.
Die mikpunt is 60 pinte.
Getuienisbediening
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.
Dankfees – 14 Mei 2022
Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.
KERMIS TE REEBOK OP 26 MAART 2022
Almal word hartlik uitgenooi na Reebok-gemeente se jaarlikse kermis-basaar op Saterdag, 26 Maart, vanaf 10:00, rondom die kerkgebou in Impalaweg. Die tafels gaan kreun onder brood & beskuit, kleinkoekies, koeke & terte, jaffels, potjiekos, kerrie-en-rys, pannekoek, poeding, boeke & cd’s en vele meer! Vir al ons kinders sal daar ook ‘n kindertafel, tombola, speletjies en springkasteel wees. Kom geniet die dag saam met ons!
Omgeebediening
Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne. Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.
U is welkom om ‘n bydrae te maak. Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.
Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.
Bydraes kan geplaas word binne die boks in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure.
Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.
Gebedsversoek vanaf Amos
Dringende versoek vir 3 Christen leiers in sy tuisdorp wat Maandag soos volg gestraf is:
Die gebedsversoek is dat hul appelle om die strawwe om te keer, suksesvol sal wees.
Daar is tans weer ‘n hernude vlaag van vervolging teen die verspreiding van die Evangelie in Amos se geboorteland.
Dankies
Liewe Gemeente van die Here Jesus Christus.
Vandag is dit my voorreg om te kan “Dankie” sê. Dankie aan ons Hemelse Vader wat voorsien en sorg.
En dankie vir NG Kerk Groot-Brakrivier se bydrae van R1 649.00. Dít maak spesiale onderrig, terapie en persoonlike aandag vir elke kind by Jan Krielskool moontlik. Die “ryk oes” getuig daarvan!
God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat oplewer. Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees.” – 2 Kor.9:9-11
Mag ons Here ook hierdie jaar in elke behoefte van julle voorsien.”
Gereformeerde Kerk George – Gesellige Oggendbyeenkoms
Kom geniet ‘n gesellige oggendbyeenkoms met Erik Holm op Saterdag 9 April 2022 om 10:00 by die Gereformeerde Kerk George. Mans en vroue is welkom.
Kontak vir Ruth Du Plessis by 071 789 9009 vir kaartjies.
(Stuur ‘n sms of whatsapp met jou naam en ek bel jou terug om te reël vir aflewering van kaartjies binne George.)
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 🕾 044 620 2205 Faks: 044 050 1532
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314
Gebedsversoek vanaf Amos
Dringende versoek vir 3 Christen leiers in sy tuisdorp wat maandag soos volg gestraf is:
Die gebedsversoek is dat hul appelle om die strawwe om te keer, suksesvol sal wees.
Daar is tans weer ‘n hernude vlaag van vervolging teen die verspreiding van die Evangelie in Amos se geboorteland.
Beste Ondersteuner
Graadvang beteken altyd baie meer as die ontvang van ‘n akademiese kwalifikasie. Dis ‘n lang reis van saam verras word, saam moeg word en stilstaan langs die pad, saam worstel en groei. Dit gaan oor ‘n integrasie van leer en lewe. Daar was botstil dae (soos by verlede week se plegtigheid), maar ook stormdae (soos met dié groep studente se inhuldiging in April 2018). Só sit ek en dink terwyl ek sien hoe sewe studente ná 4 jaar van harde werk met dankbare harte hulle pad by KRTS voltooi. Dis die sewende keer dat ek die voorreg gehad het om hiervan deel te wees … ‘n klein entjie se saamstap by dié sewentigste gradeplegtigheid van die RCJ kweekskool se geskiedenis.