Vandag – Sondag 20 Maart 2022:
- Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan familie en vriende van Carlo en Tina Barnard en hulle seuntjie Kyrò wat vanoggend gedoop word.
- Vandag se erediens word gelei deur Dr. Kobus Smit.
- Ons skriflesing vanoggend kom uit Hosea 11 verse 1 tot 11. Die tema van die prediking is: Die onbegryplike Vader.
- Spesiale deuroffer gaan vir die Carpe Diem Skool.
- Kategese om 09:00.
- Vierde Lydensweek.
Jeug
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op
083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.
Gebedsgidse
Gebedsgidse vir Maart 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Sondag – 27 Maart 2022
Geen Kategese.
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Ds. Danie Goosen.
Doop.
Bevestiging van Kerkraadslede.
Spesiale Offer vir die Gemeente Instandhoudingsfonds.
Vyfde Lydensweek.
Bestuursraadvergadering – 22 Maart 2022
Die Bestuursraad vergadering Dinsdagmiddag om 17h30 in die kerkgebou.
Blokbyeenkoms – 23 Maart 2022
Blok 6B (Eurekapark) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas by Surine de Wet (Suidstraat 13) 084 621 5000.
Bloedskenking – 24 Maart 2022
NG Kerk Groot-Brakrivier kerksaal
Tyd: 15:00 – 19:00
Skakel vir Christo Smith (083 447 9891) indien u enige vrae het.
Die mikpunt is 60 pinte.
Getuienisbediening
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.
- Die laaste datum vir die eerste kwartaal se sop en brood bediening is 23 Maart 2022.
- Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
Dankfees – 14 Mei 2022
Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.
KERMIS TE REEBOK OP 26 MAART 2022
Almal word hartlik uitgenooi na Reebok-gemeente se jaarlikse kermis-basaar op Saterdag, 26 Maart, vanaf 10:00, rondom die kerkgebou in Impalaweg. Die tafels gaan kreun onder brood & beskuit, kleinkoekies, koeke & terte, jaffels, potjiekos, kerrie-en-rys, pannekoek, poeding, boeke & cd’s en vele meer! Vir al ons kinders sal daar ook ‘n kindertafel, tombola, speletjies en springkasteel wees. Kom geniet die dag saam met ons!
Omgeebediening
Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne. Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.
U is welkom om ‘n bydrae te maak. Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.
Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.
Bydraes kan geplaas word binne die boks in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure.
Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.
Gebedsversoek vanaf Amos
Dringende versoek vir 3 Christen leiers in sy tuisdorp wat Maandag soos volg gestraf is:
- Die president van die Protestanse kerk het 18 maande tronkstraf gekry vir die verkondiging van die Evangelie;
- Twee pastore van kleiner dorpies in die omgewing het ‘n boete en 8 maande tronkstraf gekry vir die hou van eredienste.
Die gebedsversoek is dat hul appelle om die strawwe om te keer, suksesvol sal wees.
Daar is tans weer ‘n hernude vlaag van vervolging teen die verspreiding van die Evangelie in Amos se geboorteland.
Dankies
- Plaaslike sending – Baie dankie aan almal wat ‘n finansiële bydrae gemaak het om ons plaaslike sendelinge te ondersteun. ‘n Bedrag van R10 450 is ingesamel.
- Elize Zinzerling van Hartenbos Bejaardesorgdiens – Deuroffer (R2 439).
- Angelique du Randt van Môreson ACVV – Deuroffer (R1 869).
- Ds. André van Wyk van die Jan Kriel Instituut skrywe:
Liewe Gemeente van die Here Jesus Christus.
Vandag is dit my voorreg om te kan “Dankie” sê. Dankie aan ons Hemelse Vader wat voorsien en sorg.
En dankie vir NG Kerk Groot-Brakrivier se bydrae van R1 649.00. Dít maak spesiale onderrig, terapie en persoonlike aandag vir elke kind by Jan Krielskool moontlik. Die “ryk oes” getuig daarvan!
God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat oplewer. Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees.” – 2 Kor.9:9-11
Mag ons Here ook hierdie jaar in elke behoefte van julle voorsien.”
Gereformeerde Kerk George – Gesellige Oggendbyeenkoms
Kom geniet ‘n gesellige oggendbyeenkoms met Erik Holm op Saterdag 9 April 2022 om 10:00 by die Gereformeerde Kerk George. Mans en vroue is welkom.
Kontak vir Ruth Du Plessis by 071 789 9009 vir kaartjies.
(Stuur ‘n sms of whatsapp met jou naam en ek bel jou terug om te reël vir aflewering van kaartjies binne George.)
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 🕾 044 620 2205 Faks: 044 050 1532
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314