Wêreld biddag vir vroue – 2023

Datum : 3 Maart 2023

Tyd : 16:00

Plek : VGK Groot-Brakrivier

Die Wêreldbiddag vir vroue met die tema

Ek het van jou geloof gehoor/ I have heard about your faith”

gebaseer op die brief van Paulus aan die Efesiërs 1: 15-19 is hierdie jaar deur Taiwan geïnspireer. Meer inligting oor die agtergrond van die tema is op die die webtuiste: https://worlddayofprayer.net/taiwan-2023.html of wwdp.co.za/information beskikbaar.

Elke vrou, hetsy ouma, ma, of dogter is welkom om die geleentheid by te woon, waar ons sal bid vir alle vroue wat blootgestel word aan swaarkry en onregverdigheid in die duister wêreld waarin ons leef, sodat daar ook van ons gesê kan word dat daar van ons geloof gehoor word, omdat ons vashou aan die geloof in God die Vader, die Seun en die Heilige Gees..