Suksesvolle Gholfdag 26 Maart 2022

NG KERK GROOT-BRAKRIVIER GHOLFDAG
(hierdie artikel is opgedateer met fotos op 5 April 2022)

Die jaarlikse gholfdag van NG Kerk Groot-Brakrivier het op 26 Maart 2022 by Dolphins Creek Golf Club se baan plaasgevind.

Wat ‘n voorreg om, na Covid, weer deel te wees van ‘n poging van hoop vir die pad vorentoe.

Die doel van die gholfdag is om geld in te win ter stuiwing van die kerk se fondse.  Dit sal aangewend word om ‘n verskil in mense se lewens te maak.

Die gholfdag was ‘n goed georganiseerde, suksesvolle dag, selfs die weer het saamgespeel.  Vriendskapsbande is versterk en mens kon die geskerts van opponerende spelers en die ondersteuning van medespelers heeltyd hoor.

Baie geluk aan die wenners van die dag en dankie aan die borge wat deur donasies en pryse dit moontlik gemaak het dat elke speler ten minste twee pryse huistoe kon neem.

‘n Spesiale woord van dank aan die gholfkomitee wat hard gewerk het om van die dag ‘n sukses te maak.  Sukses verg altyd goeie beplanning en ‘n oorpak om die werk te doen.

Ons sien reeds uit na die gholfdag in 2023 en ná die sukses van hierdie jaar, weet ons dat daar weer ‘n vol veld sal wees.