Dringende gebedsversoek

Gebedsversoek vanaf Amos

Dringende versoek vir 3 Christen leiers in sy tuisdorp wat maandag soos volg gestraf is:

  • Die president van die Protestanse kerk het 18 maande tronkstraf gekry vir die verkondiging van die Evangelie
  • Twee pastore van kleiner dorpies in die omgewing het ‘n boete en 8 maande tronkstraf gekry vir die hou van dienste.

Die gebedsversoek is dat hul appelle om die strawwe om te keer, suksesvol sal wees.

Daar is tans weer ‘n hernude vlaag van vervolging teen die verspreiding van die Evangelie in Amos se geboorteland.