Nuus flitse Week 13+ van 2022

Dankfees – 14 Mei 2022
Sondag – 3 April 2022 Geen Kategese. Erediens vind plaas om 10:00. Prediker:  Ds. Nadia Marais (Goosen)
Blokbyeenkoms – 30 Maart 2022 Blok 7 (Bergsig-Oos)
Klub-50+ Klub-50+ se jaarlikse braai vind plaas op 6 April by Hartenbosrivier-oord vanaf 10:30
Gebedsversoek vanaf Amos
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening. Die datum vir die tweede kwartaal se uitreike is 6 & 20 April, 4 & 18 Mei asook 1,15 & 29 Junie 2022. Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte.
Omgeebediening
Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne.  Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede. U is welkom om ‘n bydrae te maak.  Enige nie-bederfbare produkte soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.