• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Matt. 5 verse 13 tot 20. Die tema van die prediking is : Wie is ons?
• Spesiale Offer vir die kinderhuise (Algemeen) Môreson by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
“Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen. As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.” Johannes 14:13-15
Goeie dag liewe ondersteuner, “You will keep him in perfect peace,whose mind is stayed on You,because he trusts in You.” Isaiah 26:3 NIV Hierdie vers in Jesaja is ‘n belofte dat as ons ons gedagtes op Christus vestig, ons vrede sal ervaar. In die Nuwe Testament beloof Jesus aan Sy volgelinge Sy vrede. Dit is nie die valse vrede van die wêreld nie rn ook nie ‘n vrede wat afhangend van die omstandighede rondom ons is nie. Dis ‘n innelike vrede wat ons die vertroue gee dat Jesus altyd saam met ons is. Dis ons gebed dat jy vrede in Jesus sal vind temidde van moeilike omstandighede en dat jy sal onthou Hy het beloof dat Hy met ons is tot die voleinding van die wêreld.
Woensdag, 1 Februarie – Here se getrouheid en wil Ons bid dat die gemeente sal sien dat die Here getrou is in Sy handeling en dat hulle volgens Sy wil sal bid. Donderdag, 2 Februarie – Prys God Kom ons sing ‘n nuwe lied vir God vir al sy seӫninge en ons dank Hom spesiaal vir ‘n wêreld so mooi waarin ons mildelik uit Sy Hand ontvang.
Sondag – 6 Maart 2022 Kategese om 09:00 Erediens 10:00 Prediker: Dr. Gerrie van Deventer ASWOENSDAG – 2 Maart 2022 Blokbyeenkoms – 2 Maart 2022 Blok 5A (Mossienes tot Stasieweg) en Blok 5B (Eiland to Dolphins Creek) Wêreld biddag vir vroue – 4 Maart 2022 Golfdag 26 Maaart 2022
Ons skriflesing vanoggend kom uit 2 Korintiërs 3:12 – 4:2. Die tema van die prediking is: Waag dit om dieper te kyk!?
Spesiale deuroffer gaan vir die Hartenbos Versorgingsoord.
Kategese om 09:00
Nagmaal
Eerste Lydensweek
Jeug
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op 083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.
Gebedsgidse vir Maart 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Sondag – 6 Maart 2022
Kategese om 09:00
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Dr. Gerrie van Deventer
Spesiale Offer vir die Hospitaalbearbeiding
Tweede Lydensweek
ASWOENSDAG – 2 Maart 2022
Aswoensdag is die eerste dag van Lydenstyd, tradisioneel ‘n tyd van vas en bekering.
Blokbyeenkoms – 2 Maart 2022
Blok 5A (Mossienes tot Stasieweg) en Blok 5B (Eiland to Dolphins Creek) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas by Michelle Roon (Dolphins Creek 87) 064 674 9756
Wêreld biddag vir vroue – 4 Maart 2022
Wêreldbiddag (World Day of Prayer) is ‘n wêreldwye ekumeniese beweging wat deur Christenvroue gelei word. Hulle nooi ons om deel te neem met gebed en aksie om vrede en geregtigheid te bewerkstellig.
Die Wêreldbiddag word jaarliks in meer as 170 lande op die eerste Vrydag in Maart gevier. 2022 se tema is deur Engeland, Wallis en Noord-Ierland voorberei en is: “I know the plans I have for you.”
Van hoop tot aksie … maak ‘n verskil
Bejaardesorg fasiliteit
Alle werk verbonde aan die omskakeling van die Langstraat pastorie in `n bejaarde-sorg fasiliteit, is nou voltooi.
Die fasiliteit wat as “FORGET ME NOT” tehuis geregistreer is, is reeds sedert 2 Januarie 2022 ten volle in bedryf.
Belangstellendes wat hiervan gebruik wil maak of meer inligting daaromtrent wil bekom, kan vir Julia van der Merwe skakel by 084 409 3857.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Baie dankie vir die geweldige reaksie vir kinderklere, materiaal, gare, borduurgare en wol wat ons gekry het – dit help om ‘n groot verskil in ons gemeenskap te maak.
Golfdag 26 Maart 2022
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Markus 16:15 “En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.”
Uitgestuurde Sendelinge van NG Gemeente George-Bergsig. Ondersteuning op ´n geloofsbasis deur gemeentes en individue Projekspan leidster: Nora De Wit 082 375 3060 – noradewit7@gmail.com
Baie dankie weereens vir almal se bydrae om Wolwedans te help opbou. U skenkings dien ‘n dubbele doel:
Die ontvangers is vry om die skenkings te gebruik vir skeppings en produkte om ‘n eie geldjie te verdien (hou in gedagte Wolwedans het ‘n besondere hoë werkloosheidsyfer)
Die skenkings of eie skeppings kan aan ander wat dit moontlik nodiger het (en waarvan ons nie noodwendig bewus is nie), herversprei word
Let wel: U skenkings van komberse of klere word aan verdienstelike ontvangers gegee en mag dus nie verkoop word nie.
Die uitreik na Wolwedans woensdag was weer ‘n goeie uitreik waar ons hulle met ‘n boodskap, sop, en brood bedien het. Ons het ook baie lap,wol,gare, ens. Ontvang waarvoor hulle baie dankbaar voor is en weer kan aangaan met hul onderskeie projekte.
Ons sal van tyd tot tyd foto’s plaas van produkte. Hou egter in gedagte dat handgemaakte produkte tyd vat om te maak, veral binne die konteks soos hierbo uiteengesit, en te midde van baie maatskaplike uitdagings.
Weereens baie dankie vir almal se welwillendheid om die Getuienisbediening meer veerkragtig en diensbaar te maak!
Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.
Ons word vanmore wakker met die nuus dat Rusland op twee plekke Oekraine begin binneval het. Maar die Here se vrede is in ons harte. Ons weet dat Hy ons vashou en beskerm. Ek weet dat ons in Sy wil is.
Ons skriflesing vanoggend kom uit 1 Samuel 3 vers 1 tot 18. Die tema van die prediking is: Vlug vir die Here?
Spesiale deuroffer gaan vir die Straatwerk
Kategese om 09:00
Jeug
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Gebedsgidse
Gebedsgidse vir Februarie 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op
083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Ds Danie Goosen
Spesiale Offer vir die Hartenbos Versorgingsoord
Kerkraadsvergadering – 22 Februarie 2022
Die kerkraad vergader eerskomende Dinsdagaand om 18h00 in die kerk onder die voorsitterskap van Ds. Danie Goosen. Ons vra u voorbidding vir die vergadering.
Blokbyeenkoms – 23 Februarie 2022
Blok 4A (Pine Creek en Bo-Langstraat) en Blok 4B (Onder-Langstraat tot Kiewietlaan) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas by Gert en Riana Briers, Kiewietlaan 18 (081 039 8853).
Bybelstudie Groep vir Sotho, Pedi & Tswana sprekende inwoners
Hiermee wil ons u hartlik uitnooi om kontak te maak met André Olivier. Hy en sy Sotho huishoudster, Janette wil graag ‘n Bybelstudie groep begin vir Sotho, Pedi en Tswana sprekende inwoners van die dorp en gemeenskap op Sondagmiddae by die kerk terrein.
Alle belangstellendes kan André kontak op sel nr 082 414 0462.
Klub-50
Klub-50 se jaarvergadering word op Woensdag 23 Februarie 2022 om 10h00 in die kerksaal gehou. Kontak Marie Snyman (082 229 8316 / 044 620 3053); Estelle Uys (072 675 6696) of Anneke Blaauw (082 371 8889 / 044 620 4575). Covid maatrëels sal geld.
Getuienisbediening
Wolwedans sop en brood bediening
Ons datums vir Wolwedans vir die res van die eerste kwartaal is: 23 Februarie asook 9 en 23 Maart 2022.
Na verlede week se uitreik is die vrieskaste dolleeg en ons wil nederig vra dat ons ‘n spesiale poging insit om 80 soppe vir volgende week gereed te hê. Baie dankie by voorbaat vir almal se samewerking en ons glo dat daar genoeg sal wees om vir die ou mensies te gee.
Getuienisprojekte
Ons getuienisprojekte is weer volstoom aan die gang en soos altyd benodig ons kinderklere, materiaal, gare, borduurgare en wol.
Omgeebediening
In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens.
Baie dankie vir almal wat op verskillende wyses bygedra en gehelp het.
Ondersteuningsgroep
Eensaamheid is ‘n probleem wat toenemend voorkom in ons eie gemeente, daarom het ons dit goed gedink om ‘n ondersteuning netwerk en groep te begin vir:
enkellopendes;
mense wat gemarginaliseerd voel;
nuwe intrekkers wat uitgesluit voel;
selfs mense binne ‘n verhouding wat eensaam voel;
of wat ookal jou omstandighede is, dalk weens verlies of siekte.
Indien jy wil inskakel by so ‘n groep, of nodig het om net met iemand vertroulik te praat, kontak of whatsapp my. Riana Briers (081 039 8853)
Van hoop tot aksie … maak ‘n verskil
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Dis met leedwese dat ons u meedeel van die afsterwe van Ronelle van den Berg. Ons dra ons innige simpatie en voorbidding oor aan sy geliefdes, mag die Here u troos en bystaan in hierdie moeilike tyd.
Dit is wonderlik om terug te wees in Oekraine. ‘n Week is verby en daar het so baie gebeur.
Dit was ook moeilik en goed om in ons huis te wees. Dit is ‘n groot aanpassing om self al die besluite te neem.
Nou verstaan ek eers hoe maklik die lewe met Ockert was. Hy het alles gereel en ek het net saamgery. Maar ek leer om meer en meer my Vader se stem te hoor en Hom te gehoorsaam.
Wat Beteken dit om ‘n Sendeling te wees in Japan? Oor brandende bosse…en brandende harte (wat nie uitbrand nie…)
Beste Ondersteuner
Dertien jaar gelede, ses maande volswanger, met ‘n 18 maande oue, hiper-aktiewe dogtertjie, was daar min tyd vir my Japannese taalstudies. Destyds het ons allerhande dinge blameer en onsself baie jammer gekry, omdat nie een van ons vier kinders goeie slapers was nie. Inteendeel, hulle het bitter min geslaap. Min slaap. Aktiewe kleuter én ‘n pap babatjie.
Erediens Sondag 20 Februarie – 10:00 Ds. Danie Goosen Kategese 09:00 Nagmaal 27 Februarie 2022 Rek en Strek oefeninge Dinsdag 08:00 – 9:00 Kerksaal Bestuurspan 15 Februarie Golfdag 26 Maart Klub 50 Woensdag 23 Februarie 10:00 Voorlesing – Onverantwoorelik – Dr. Frans Hancke – 082 490 5737 Wolwedans vir die eerste kwartaal is: 23 Februarie asook 9 en 23 Maart Bybelstudie Groep vir Sotho, Pedi & Tswana sprekende inwoners – Sondagmiddae 082 414 0462.